{"id":9834,"date":"2011-01-23T08:41:30","date_gmt":"2011-01-23T08:41:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9834"},"modified":"2011-01-23T08:41:30","modified_gmt":"2011-01-23T08:41:30","slug":"emigrasie-moet-ek-bly-of-moet-ek-gaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9834","title":{"rendered":"Emigrasie: Moet ek bly of moet ek gaan?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">My doel is nie om aan andere raad te gee oor die wenslikheid van emigrasie nie. Dit is \u2018n diep persoonlike saak waaroor elke persoon vir homself moet besluit. Ek is egter \u2018n paar keer gevra om ons familie se ervaringe met emigrasie hier op Praag te deel, en dit is al wat ek hieronder doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 15 jaar gelede het ek en my vrou besluit om te verkas Amerika toe. Ons kinders was nog op skool, maar ek was reeds in my vroe\u00eb vyftigs en dit was besig om te laat te word vir so \u2018n groot aanpassing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek was bevoorreg om in my vroe\u00ebr jare vele lande te besoek. Lande wat ek besoek het sluit in Kanada, Australi\u00eb, groot dele <st1:city>van  Europa<\/st1:city>, <st1:country-region>Israel<\/st1:country-region> en plekke in die Ooste, soos Singapoer, <st1:city>Sjina<\/st1:city>, <st1:country-region>Taiwan<\/st1:country-region> en <st1:place>Hong Kong<\/st1:place>.&nbsp; Amerika het ek \u2018n hele paar keer besoek, en vir my vrou ges\u00ea as dit ooit tyd word om te verkas, gaan ons Amerika toe. Daar was \u2018n hele paar redes vir hierdie keuse: \u2018n Ho\u00eb lewensstandaard; daar is \u2018n redelike groot aanvraag na tegniese mense en ek is \u2018n elektroniese ingenieur van beroep; van al die nasies waarmee ek in aanraking gekom het, het ek die meeste van die Amerikaners gehou. Hulle is vriendelike mense, gewoond aan immigrante en met enkele uitsonderings na, laat&nbsp; hulle jou nie voel soos \u2018n \u201cuitlander\u201d in hulle land nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe ek begin rondkyk het vir werk in Amerika, was die Internet nog in sy kinderskoene. Maar daar was Compuserve, \u2018n alternatiewe netwerk wat dwarsoor Amerika gestrek het, tot in Suid-Afrika. Maar Compuserve was duur. Ek kon net bekostig om elke dag \u2018n enkele paar minute daarop te spandeer. Ek het werk begin soek op Compuserve en afgekom op \u2018n prokureur in <st1:state><st1:place>Maryland<\/st1:place><\/st1:state>, wat iemand gesoek het wat vir \u2018n kli\u00ebnt \u2018n databasis kon opstel en programmeer. Dis werk binne my vermo\u00eb en ek het aan hom voorgestel dat ek die werk sal kom doen, as hulle vir my \u2018n visum re\u00ebl om na Amerika toe te kom en daar te werk. So ges\u00ea, so gedaan. Ek moes eers \u2018n oorhoofse plan opstel om te wys hoe my databasis sal werk. Hulle wou verseker dat ek wel die taak verstaan en <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> voltooi. My plan is aanvaar en kort daarna was ek in besit van \u2018n visum om in Amerika te woon en werk, saam met my onmiddelike familie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het ons kosbaarste besittingtjies in \u2018n houer laat plaas en die res verkoop, insluitend ons huis. Die moeilikste vir my was die dag toe ek my vyf vuurwapens moes verkoop. Dis net te moeilik om \u2018n permit te kry om dit in Amerika in te bring, en vuurwapens is hier vryelik beskikbaar en goedkoop. Maar \u2018n Boer en sy roer word maar moeilik geskei. Die afskeidneem van ons familie was bitter swaar. Ek onthou nog hoe my arme vrou gehuil het, toe sy finaal van haar ma moes afskeid neem. Haar pa was reeds oorlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aand toe ons op Jan Smuts op die vliegtuig klim, het ek vir my vrou ges\u00ea dat ons die Suid-Afrika wat ons ken, nooit weer sal sien nie, want al keer ons eendag terug, sal die Suid-Afrika waarvoor ons lief is, weg wees. Min het ek geweet hoe waar die woorde was!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My nuwe werkgewer het iemand gestuur om ons op die lughawe te ontmoet en hulle het ons tydelik in \u2018n klein huisie geplaas, tot ons ons voete kon vind. Alles was so vreemd! Die Amerikaners ry aan die verkeerde kant van die pad. Die winkels was so groot en die verskeidenheid items op die rakke was byna oorweldigend. Ons was in <st1:place><st1:city>Washington<\/st1:city> <st1:state>DC<\/st1:state><\/st1:place> en die strate se uitleg was anders as ons gewoond was. Die padtekens was vreemd. Afstande word gemeet in myle, voete en duime. Wat beteken dit as \u2018n bord langs die pad vir jou s\u00ea dat die baan waarin jy is, in 2,000 voet doodloop? Ek het skoon bewerasie gekry die eerste paar keer wat ek moes bestuur. Aanvanklik het ek \u2018n kar gehuur, maar binne \u2018n paar weke, toe ek my voete beter in die verkeer gevind het, het ek \u2018n nuwe Camry gekoop wat ek vandag nog ry. Ons het ook vir my vrou \u2018n klein, tweedehandse Ford gekoop, sodat sy by die winkels kon kom om kos te koop. Sy het verbasend vinnig reggekom in die strate. Gelukkig is motors hier goedkoper as in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na ongeveer 8 maande, was my werk aan die databasis afgehandel, en moes ek rondkyk vir ander werk. Ek het tydelik werk gekry in <st1:state><st1:place>North Carolina<\/st1:place><\/st1:state> by IBM, waar ek honderde rekenaars saamgestel en aanmekaargeskroef het op hulle produksielyn. Die betaling was maar swak, dit was harde werk en boonop het ek nagskof gewerk. Mens is die hele tyd op jou voete en dis nie \u2018n grap as jy reeds oor 50 is nie. My rug was so seer as ek in die vroe\u00eb oggendure by die huis kom, dat ek beswaarlik uit my kar kon kom. Die hele tyd wat ek vir IBM gewerk het, het ek meer geskikte werk vir \u2018n ingenieur gesoek in die koerante. Ek het dosyne aansoeke gepos, maar nooit \u2018n enkele reaksie gekry nie. \u2018n Vriend by die werk het aanbeveel dat ek na die kantore van die \u201cEmployment Security Commission\u201d moes gaan, want hulle help mense werk kry wat basies sonder werk sit. So ges\u00ea, so gedaan. Toe tref die geluk my. Die klerk by die ESC s\u00ea vir my ek mors my tyd met koerantadvertensies. Ingenieurs kry werk op die Internet. Ek moet na die \u201c<st1:country-region><st1:place>America<\/st1:place><\/st1:country-region>\u2019s Job Bank\u201d se webwerf gaan. Die Internet was nog redelik vreemd vir my. Ek kon epos stuur, maar dit was omtrent al. Op daardie werf kry ek toe skielik skakels na \u2018n halfdosyn ander werwe toe, waar honderde poste vir mense met my kwalifikasies geadverteer word. Vinnig het ek my aansoek oorgesit in elektroniese formaat, sodat ek dit direk kon pos op daardie webwerwe wat voorsiening daarvoor gemaak het, en as epos kon stuur waar daar net \u2018n epos adres was. Waar ek voorheen miskien \u2018n dosyn aansoeke per week met moeite per pos kon stuur, kon ek nou twintig per dag uitstuur. Binne twee weke is ek genooi na twee onderhoude toe: Een by Intel in <st1:state>Arizona<\/st1:state>, en een by \u2018n firma wat braaiers vir MacDonalds vervaardig het, in <st1:state><st1:place>Louisiana<\/st1:place><\/st1:state>. My aansoek by Intel was nie suksesvol nie, maar binne \u2018n week was daar \u2018n werksaanbod vanuit <st1:state><st1:place>Louisiana<\/st1:place><\/st1:state>. Om \u2018n lang storie kort te maak, ons het Louisiana toe getrek, waar ek vir omtrent 8 maande mikrorekenaar-gebaseerde beheerders vir braaiers ontwerp het. Die salaris was egter baie laag en ek het geweet ek kon beter doen. Ek het werk teen beter besoldiging gekry in <st1:state><st1:place>Maryland<\/st1:place><\/st1:state> by \u2018n firma wat broeikaste vir pasgebore babas vervaardig. Ek was \u2018n paar jaar by hulle, waar ek mikrorekenaars vir die broeikaste ontwerp en geprogrammeer het. My aftrede het egter op die horison verskyn, en ons wou graag in <st1:state><st1:place>Florida<\/st1:place><\/st1:state> aftree waar die weer baie meer geskik vir \u201cou\u201d mense is. Ek het werk gekry in <st1:state><st1:place>Florida<\/st1:place><\/st1:state> waar ek 8 jaar lank mikrorekenaars vir industri\u00eble toerusting ontwerp en geprogrammeer het. Verlede jaar aan die einde van Mei het ek afgetree en woon nou baie rustig in <st1:state><st1:place>Florida<\/st1:place><\/st1:state>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae hou ek myself besig om \u2018n webwerf uit te l\u00ea wat die algemene agteruitgang in Suid-Afrika, veral sover dit die Afrikaner betref, aan die w\u00eareld gaan toon. Die werk is nog ver van klaar, maar dit vorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het ons kinders al drie grade in die VSA verwerf. Ons oudste seun het \u2018n doktorsgraad in Fisika van MIT verwerf en die twee meisies het elk \u2018n BA graad in Grafiese Kuns. Al drie is goed ingeburger in Amerika en baie gelukkig hier. Hulle spreek gereeld hulle waardering uit omdat ek hulle uit die Nuwe SA gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan mense wat dit ernstig oorweeg om te emigreer uit SA, wil ek graag die volgende s\u00ea:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<ol>\n<li class=\"MsoNormal\">Of jy suksesvol gaan wees, hang tot \u2018n groot mate af van hoe aanpasbaar jy is. Bly in SA as jy nie by \u2018n vreemde kultuur kan aanpas nie. Onthou, die mense in jou nuwe land het jou nie genooi nie. Jy het gevra om by hulle aan te sluit. Jy kan nie verwag dat hulle moet verander om by jou aan te pas nie. Jy moet by hulle aanpas. In meeste Westerse lande is godsdiens byvoorbeeld glad nie so belangrik as wat dit vir baie Afrikaners is nie. Vriende van ons in Pretoria het met groot fanfare hulle huis verkoop, hulle goed opgepak en Australi\u00eb toe verhuis. Ses maande later was hulle terug, sonder hulle huis en sonder meeste van hulle geld, omdat die Australi\u00ebrs so \u201cgoddeloos\u201d was dat hulle nie op Sondagaande kerkdienste gehad het nie. As jy so onaanpasbaar is, bly in SA. Emigrasie is nie vir jou nie.<\/li>\n<li>Moenie die mag van heimwee onderskat nie. Jy gaan verlang na jou familie en jou land. Met tyd stomp die heimwe\u00eb egter af en raak dit meer draaglik. Die Internet het ook die w\u00eareld klein gemaak. Daar is nie net epos nie, maar dinge soos Skype. My vrou se suster woon in Australi\u00eb. Haar broer is nog in SA. Hulle sit elke week ure lank en gesels op Skype, met volle beeld, rondom die w\u00eareld!<\/li>\n<li>Jou familie en kennisse gaan op verskillende maniere op jou emigrasie reageer. Sommige wens jou alles van die beste toe, en ander beskou jou as volksverraaier. Ek ken \u2018n jong man hier in Amerika wie se ouma nie meer met hom praat nie, omdat hy sy volk verraai het deur te emigreer.<\/li>\n<li>Jy gaan heel waarskynlik swaar leef aan die begin. Jy begin basies van voor af. Jy gaan dalk aanvanklik net werk kry in laer posisies waar die betaling maar swak is. Met volharding sal jy mettertyd jouself bewys en dinge behoort geleidelik beter te gaan. Moet net nie met sterre in jou o\u00eb op die vliegtuig klim en dink jy is op pad Utopia toe nie. Jy kan dalk wreed ontnugter word!<\/li>\n<li>Doen navorsing voor jy finaal besluit. Kry brosjures van die lande waarin jy belangstel se ambassades af. Brosjures wat handel oor immigrasie in hulle lande en hulle toelatingsvereistes. Daar behoort ook heelwat op hulle webwerwe te wees.<\/li>\n<li>Dit help as jy \u2018n tegniese kwalifikasie het wat in aanvraag in die betrokke land is. Baie lande soek byvoorbeeld ingenieurs, elektrisi\u00ebns, motorwerktuigkundiges, verpleegsters, ens. Snaaks genoeg stel Australi\u00eb glad nie belang in mediese dokters nie. Dit was in elk geval waar 15 jaar terug. Ek weet nie wat die situasie vandag is nie.<\/li>\n<li>Dinge is maar moeilik op die oomblik hier in Amerika met die resessie. Werk is skaars, maar die resessie gaan ook een of ander tyd tot \u2018n einde kom.<\/li>\n<li>Wanneer jy eendag ingesweer word as burger van jou nuwe land, gaan daar van jou verwag word om alle getrouheid aan jou land van herkoms af te sweer. Is jy bereid om dit te doen? Vir my was dit maklik, want ek het getrouheid afgesweer aan die \u201cNuwe\u201d Suid-Afrika. Ek sou baie harder hieroor moes dink dertig jaar vroe\u00ebr.<\/li>\n<li>Dit beteken NIE dat jy getrouheid aan jou kultuur moet afsweer nie. Ek is nog steeds \u2018n Afrikaner en sal dit bly tot my dood. Daar sal altyd \u2018n holte in my hart wees vir die Afrikaner.&nbsp;<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;Ek beskou ons emigrasie as \u2018n sukses, alhoewel dit nie sonder probleme verloop het nie.Veral die eerste jaar of twee was swaar. Maar ons is nou gelukkig hier, burgers van Amerika en trots daarop! Afrikaners in ons hart en trots daarop! Ons praat nog steeds Afrikaans in die huis. Een van my kosbaarste besittings is die ou Afrikaanse digbundel wat my ma in haar matriekjaar in die negentien dertigs gebruik het. Die omslae is lankal weg, maar ek lees nog gereeld die ou digters, soos Totius, Eugene Marais en D.F. Malherbe. Al wat weg is uit die inhoud van die boek, is die ou gedig van A.E. Schlengeman, \u201cDie Namibwoestyn.\u201d Ek <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> die gedig n\u00earens op die Internet opspoor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is ontslae van die perverse vrees vir geweld deur jou medemens. Amerika het plekke waar dit onveilig is om te gaan, maar hierdie plekke is by verre in die minderheid en ek het nog nooit die nodigheid gevoel om \u2018n vuurwapen te koop nie. Ons vergeet baie aande om ons deure te sluit. Jy hoef nie rond te kyk vir kar-kapers elke keer as jy by \u2018n stopstraat stop nie. <st1:place>Hollywood<\/st1:place> se flieks en TV programme is nie \u2018n ware we\u00ebrspieling van toestande in Amerika nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is emigrasie die oplossing vir jou? Dit hang van jou af en niemand anders nie! Met Afrikanerliefde uit Amerika; oor en uit.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/nasosnoe-oborudovanie-f3831868\/\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My doel is nie om aan andere raad te gee oor die wenslikheid van emigrasie nie. Dit is \u2018n diep persoonlike saak waaroor elke persoon vir homself moet besluit. Ek is egter \u2018n paar keer gevra om ons familie se ervaringe met emigrasie hier op Praag te deel, en dit is al wat ek hieronder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-9834","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9834"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9834\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}