{"id":9833,"date":"2011-01-23T08:06:00","date_gmt":"2011-01-23T08:06:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9833"},"modified":"2011-01-23T08:06:00","modified_gmt":"2011-01-23T08:06:00","slug":"uitnodiging-aan-die-vvk-genomineerdes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9833","title":{"rendered":"Uitnodiging aan die VVK-genomineerdes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van Hein Zaayman se <a href=\"feuilleton-magazine-386\/opstelle-magazine-389\/9162-waarom-die-volksverkiesing-belangrik-is.html\">artikel oor die belangrikheid van die VVK se verkiesing<\/a>, wil ek \u2018n voorstel maak oor die VVK se genomineerdes. In die kommentare wat op Hein se brief gevolg het, is die aantyging gemaak dat die VVK met relatiewe geheimhouding bedryf word. Te oordeel aan skrywes wat ek en ander aan die VVK gerig het, en waarop hetsy geen reaksie, hetsy \u2018n vae, sarkastiese of onbevredigende reaksie ontvang is, asook die gebrek aan opdaterings en detail op die VVK se werf, lyk dit of daar iewers \u2018n vuurtjie brand. In \u2018n onlangse brief aan die Praagwerf het iemand byvoorbeeld beweer dat die registrasieproses glo redelik traag verloop. Ek kan egter geen melding op die VVK se werf vind van die stand van registrasies tot op hede nie.<\/p>\n<p>Een van die probleme, meen ek, wat lei tot die skeptisisme en trae registrasies, is dat ek en baie ander mense min weet van die genomineerdes, buiten vir die enkele bekendes. Ek weet veral min van hulle visies vir die toekoms van Afrikaners.  In enige ander verkiesing publiseer die kandidate of dan minstens hul partye \u2018n verkiesings-handves, waarin hulle beleid en visie uitgestip word. \u2018n Indrukwekkende CV, soos waaroor sommige van die kandidate beskik, is een ding, maar \u2018n uitvoerbare visie en planne is \u2018n perd van heeltemal \u2018n ander kleur. Hoe kan enige iemand immers vir \u2018n persoon wil stem as jy hoegenaamd niks weet van sy toekomsvisie nie? Vir al wat ek weet kan Kandidaat A \u2018n Afrikaner-Taliban op ons wil afdwing, teenoor Kandidaat B wat die Broederbond en ANC se geheime insurgent by die VVK se verkiesing is.   <\/p>\n<p>Vir my klink dit dus logies dat elke kandidaat van die VVK se verkiesing vir ons sy toekomsvisie en planne om selfbeskikking te behaal, behoort uit te stip. Ek sou graag \u2018n kort stuk van elkeen, iets soos 500 woorde of minder, wou sien, wat in eenvoudige Afrikaans vir my vertel waarom ons vir hom moet stem. Hierdie stukke moet spesifiek wees, en nie vae, algemene stellings maak nie. Iets soos: \u201cEk staan \u2018n geografiese volkstaat in die Noordkaap met Orania as sy kern voor, en om dit te bereik moet ons Afrikaners aanmoedig om soontoe te migreer, met die volgende taktieke&#8230;\u201d is vir my baie meer betekenisvol as \u2018n niksseggende, algemene stelling soos: \u201cEk is ten gunste van selfbeskikking.\u201d Natuurlik wil geen politikus homself regtig so bind aan \u2018n spesifieke visie of praktiese planne nie, maar andersyds verwag kiesers dit van hulle.<\/p>\n<p>Ek is helaas nie vreeslik optimisties dat die VVK sulke verkiesings-handveste op sy werf sou publiseer nie. Dis miskien verstaanbaar. Die VVK sien himself as die ekwivalent van Suid-Afrika se OVK, en die OVK sal ook nie sommer die DA se handves publiseer nie. Daarom wil ek voorstel dat Praag \u2018n skriftelike uitnodiging rig aan elke genomineerde in die verkiesing om \u2018n 500-woord brief aan die Praagwerf te stuur (briewe@praag.co.za) , wat as elkeen se verkiesings-handves op die Praagwerf gepubliseer sal word. Dis heel moontlik dat nie almal so sou wou maak nie, wat uiteraard vir die kiesers ook iets oor diegene wat nie wil nie, sou vertel.&nbsp;<\/p>\n<p>Om te beaam: Ek sou verwag dat \u2018n handves kort, bondig en duidelik moet wees. Dit moet \u2018n spesifieke planne en visie uitstip, sonder om in vae veralgemenings te verval. Ek sou veral verwag dat die visie-dokumente onveranderd, sonder enige redigering, op die Praagwerf geplaas moet word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 086 \u0443 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van Hein Zaayman se artikel oor die belangrikheid van die VVK se verkiesing, wil ek \u2018n voorstel maak oor die VVK se genomineerdes. In die kommentare wat op Hein se brief gevolg het, is die aantyging gemaak dat die VVK met relatiewe geheimhouding bedryf word. Te oordeel aan skrywes wat ek en ander [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-9833","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9833"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9833\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}