{"id":9811,"date":"2011-01-19T06:27:48","date_gmt":"2011-01-19T06:27:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9811"},"modified":"2011-01-19T06:27:48","modified_gmt":"2011-01-19T06:27:48","slug":"as-die-rasseskoen-aan-die-ander-voet-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9811","title":{"rendered":"As die rasseskoen aan die ander voet is"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die jaar 2010 is afgesluit met &#8216;n reuse openbare debat oor die rassekwessie. Dit het ook in peilings geblyk, ironies in dieselfde jaar waar ondersteuners van die huidige grondwet op sukses geroem het na aanleiding van die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit was op die oog af merkwaardig nadat die AWB-leier, Eugene Terre&#8217;Blanche nog in dieselfde jaar tydens &#8216;n plaasmoord vermoor is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds in die aanloopfase tot die toernooi het sielkundiges en sosiolo\u00eb gewaarsku oor die post-euforiese depressie of selfs post-euforiese trauma wat &#8216;n ruk na die toernooi gaan inskop \u2013 dan wanneer mense weer met die harde werklikhede geslaan word. Skerp verhoogde kragtariewe was maar een so &#8216;n faktor. Plaasmoorde wat in alle erns hervat is, nog een.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans elke insident en argument het op die rassekwessie uitgeloop, en die debakels wat gevolg het op uitlatings deur Annelie Botes en Steve Hoffmeyr was maar simptomaties.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is meer as net &#8216;n tikkie ironie dat die debat na vanjaar sou oorloop. Vanjaar is dit immers presies 20 jaar sedert Suid-Afrika wetlik gesproke &#8216;n nie-rassige land geword het, toe die bevolkingsregistrasiewet as deel van &#8216;n pakket sogenaamde klein-apartheidswette ook in die slag gebly het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroeg in die jaar was dit ook &#8216;n simboliese, hoewel erg omstrede figuur uit die verlede, wat die rasselont vir die jaar sou aansteek toe Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte na &#8216;n beweerde spoedoortreding voorgekeer is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die saak nog afgehandel moet word, is die rassekaart sommer hard gespeel omdat een van die twee polisiebeamptes wat die voorkeerwerk gedoen het, blank is. Hy sou glo rassisties opgetree het, wat sy swart kollega verontwaardig laat hoor het dat dit darem dik vir &#8216;n daalder is \u2013 hy is dan self swart.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aflosstokkie word nou eers aangegee na &#8216;n dissiplin\u00eare verhoor in die polisie in die Vrystaat. Hier het die aangeklaagde, &#8216;n swart polisieman, uit &#8216;n dissiplin\u00eare verhoor gestap nadat sy Popcru-verteenwoordiger gekla het die dissiplin\u00eare paneel is te wit.  Die wit paneellede het hierop &#8216;n siviele lastereis teen die Popcru-verteenwoordiger ingestel nadat hy hulle glo wit rassiste en konstitusionele misdadigers genoem het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die betrokke polisielid is intussen op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat &#8216;n persoon wat hy glo aangerand het, dood is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die rassekaart steeds gespeel word nadat ras amptelik lank voor die aanbreek van die huidige bedeling afgeskaf is, hoef niemand te verbaas nie. Ras, as norm, is in oordaad deur die nuwe regering terug op die wetboeke geplaas. Dit raak iemand se status met werksoek, dit raak sy status met aansoek vir keuring, vir beursaansoeke \u2013 daar is grondhervormingsteikens. Organisasies soos die Black Lawyers Association, die Black Journalist Association, swart sakekamers en vele meer word gekoester.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die towerwoord wat alles nie-rassig moet kleur, is &#8220;transformasie.&#8221; Di\u00e9 woord is onlangs ook, skynbaar onnadenkend, deur Kovsies se woordvoerder gebruik om te motiveer hoekom God uit die universiteit se leuse gehaal is. So is ook di\u00e9 kwessie in die rassekookpot gedompel en swart Christene onregstreeks beledig deur die afleiding dat dit gedoen is ter wille van rasseteikens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand wat met dinamiet werk, moenie met vuurhoutjies speel nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439\u043d\u0430\u044f \u043e\u0431\u0440\u0430\u0431\u043e\u0442\u043a\u0430 \u043c\u0435\u0442\u0430\u043b\u043b\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otzovikoff.ru\/object\/kompaniya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaar 2010 is afgesluit met &#8216;n reuse openbare debat oor die rassekwessie. Dit het ook in peilings geblyk, ironies in dieselfde jaar waar ondersteuners van die huidige grondwet op sukses geroem het na aanleiding van die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit was op die oog af merkwaardig nadat die AWB-leier, Eugene Terre&#8217;Blanche &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9811\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;As die rasseskoen aan die ander voet is&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9811","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9811","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9811"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9811\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9811"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9811"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9811"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}