{"id":9803,"date":"2011-01-18T06:21:25","date_gmt":"2011-01-18T06:21:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9803"},"modified":"2011-01-18T06:21:25","modified_gmt":"2011-01-18T06:21:25","slug":"nyda-aangekla","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9803","title":{"rendered":"NYDA aangekla"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus-jeug het vandag &#8216;n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat beweerde ongeruimdhede rakende die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) ondersoek word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die NYDA verkry hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 wat onder andere bepaal dat hul jeugontwikkeling moet uitvoer. Die NYDA is volgens die VF Plus-jeug tans nie besig om aan daardie mandaat uitvoering te gee nie, maar mors eerder miljoene rande van belastingbetalersgeld.  Daar is bewerings van talle ongeruimdhede rakende die aanstelling en salarisse van die NYDA se raad en amptenare en ook van wanbesteding van fondse met betrekking tot die onlangse W\u00eareldfees vir Jeug en Studente wat R69 miljoen gekos het,&#8221; het Wouter Wessels, die VF Plus-jeug se woordvoerder ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat die NYDA se Hoof Uitvoerende Beampte, Steven Ngobeni, onder die indruk verkeer dat die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) die registrasiegelde tydens die W\u00eareldfees ingevorder het, terwyl NIA dit ontken, spreek van totale chaos, wanbestuur en moontlike korrupsie,&#8221; het Wessels bygevoeg. Die vraag kan ontstaan waar hierdie geld heen is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus-jeug het in sy skrywe aan die OB gevra dat die volgende ondersoek word om te bepaal of aan alle wetlike vereistes voldoen is:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Die wanfunksionering van die NYDA en die feit dat die agentskap nie binne hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 funksioneer nie;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Die totale finansi\u00eble implikasie van die aanbieding van die W\u00eareldfees vir Jeug en Studente met betrekking tot die toekenning van tenders vir diensverskaffers, die inkomste wat deur registrasiegelde gegenereer is of moes word en alle uitgawes wat ter voorbereiding en tydens die aanbieding van die fees aangegaan is. Daar moet bepaal word of die korrekte tenderprosedures gevolg is of nie;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Die R5,6 miljoen wat na bewering vir die vervoer van 262 Kubaanse afgevaardigdes aangewend is;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Die kunstenaars wat uit die fees se begroting betaal is en na bewering gratis by Julius Malema se partytjie opgetree het;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Die salarisvlakke en \u2013strukture van die betaalde amptenare (insluitende die HUB en die nasionale voorsitter) van die NYDA asook die vergoeding (reis- en verblyftoelae) wat aan lede van die nasionale raad en ook die provinsiale rade betaal word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is onaanvaarbaar dat die regering nie daadwerklik ingryp om die wanorde wat by die NYDA heers stop sit nie,&#8221; het Wessels ges\u00ea. Die VF Plus sal voortgaan om druk op die NYDA uit te oefen, tot dit reg funksioneer of ontbind word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/vozduhosborniki-resivery-f6506008\/\">\u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0445\u043e\u0441\u0431\u043e\u0440\u043d\u0438\u043a \u0433\u043e\u0440\u0438\u0437\u043e\u043d\u0442\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus-jeug het vandag &#8216;n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat beweerde ongeruimdhede rakende die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) ondersoek word. &#8220;Die NYDA verkry hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 wat onder andere bepaal dat hul jeugontwikkeling moet uitvoer. Die NYDA is volgens die VF Plus-jeug tans nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9803\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NYDA aangekla&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9803","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9803","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9803"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9803\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9803"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9803"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9803"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}