{"id":9780,"date":"2011-01-12T18:15:19","date_gmt":"2011-01-12T18:15:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9780"},"modified":"2011-01-12T18:15:19","modified_gmt":"2011-01-12T18:15:19","slug":"plaasmoorde-een-swaeltjie-bring-geen-somer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9780","title":{"rendered":"Plaasmoorde &#8211;  Een swaeltjie bring geen somer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSuid-Afrika kan nie bekostig om een boer te verloor nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So het die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson tydens \u2018n besoek aan \u2018n Vrystaatse nuwelingboer ges\u00ea. Sy het voorts daarop gewys dat boere in effek weens die gevare waaraan hulle blootgestel is, uit die land vlug.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaasaanvalle is egter nie rasgemotiveerd nie, aldus die minister.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling hiermee oorhandig Praag vandag \u2018n brief aan verskillende afdelings van die Suid-Afrikaanse regspleging om daarop aan te dring dat aanhitsing tot volksmoord soos die volkereg en die plaaslike wetgewing bepaal, ook as volksmoord hanteer moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die bod is die ANC se app\u00e8l teen die verbod, as haatspraak, van die liedjie \u201cMaak dood die boere.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister is reg as sy meen die afgesonderdheid van boere dra by tot die aanvalle op hulle. \u2018n Mens kan hier byvoeg persepsies van wapens en geld wat die boere in hul opstalle sou aanhou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal haar egter ook loon om kennis te neem dat haar eie party app\u00e8l aanteken teen die verbod op die sing van die liedjie, \u201cMaak dood die boere.\u201d Dit sal haar ook loon dat van haar kabinetskollegas hulle al aan uitlatings skuldig gemaak het oor boere wat hul werkers nie net swak behandel nie, maar ook mishandel. Iets wat die georganiseerde landbou ontken, en tevergeefs op bewyse van spesifieke voorbeelde wag. Trouens, \u2018n paar ondersoeke deur die regering, sommiges peperduur, het dadels opgelewer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar steeds kom hierdie uitsprake, wat in effek die boere vrybuit van plaasaanvallers maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens die grootlikse afwesigheid van praktiese en doeltreffende meganismes om die land se landbouers te beskerm, hoekom so uiters selde plaasaanvalle, en selfs plaasmoorde te veroordeel? Wat het die meeste impak: Anti-boer-retoriek deur ministers en ander hooggeplaastes, of die seldsame veroordeling van plaasaanvallers? Een swaeltjie maak nie \u2018n somer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Konsekwente duidelike boodskap gerugsteun deur praktiese stappe wat sal verseker dat nie net plaasmoordenaars nie, maar ook ander plaasaanvallers gevang word en aan die pen ry, is wat die land nodig het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/guide-sponsoring-post-instagram\">how to get<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cSuid-Afrika kan nie bekostig om een boer te verloor nie.\u201d So het die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson tydens \u2018n besoek aan \u2018n Vrystaatse nuwelingboer ges\u00ea. Sy het voorts daarop gewys dat boere in effek weens die gevare waaraan hulle blootgestel is, uit die land vlug. Plaasaanvalle is egter nie rasgemotiveerd nie, aldus die minister. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9780","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9780"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9780\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}