{"id":9778,"date":"2011-01-11T19:37:10","date_gmt":"2011-01-11T19:37:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9778"},"modified":"2011-01-11T19:37:10","modified_gmt":"2011-01-11T19:37:10","slug":"in-die-naam-van-die-afrikaner-vryheid-en-geregtigheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9778","title":{"rendered":"In die naam van die Afrikaner: Vryheid en Geregtigheid"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Al te gewis staan die Afrikaner voor sy grootste uitdaging ooit. Dit is sekerlik &#8216;n massiewe aanname om te kan maak, aangesien die Afrikaner al voorheen klaarblyklike onoorkombare opposisie in die gesig gestaar het, wat ons immers sedertdien al met sulke ho\u00eb toekenninge en aansien vereer het. Tog, ek glo wat ons nou as die Afrikaner ervaar is die samevoeging van al ons vorige uitdagings. Eers die ongelooflike fisiese ontberinge van die Voortrekkers en toe daarna die oorrompeling en agterlikheid van &#8216;n Britse mag en laastens die konstante verontwaardiging van &#8216;n uitmergelende sielkundige oorlog.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeag of jy as Afrikaner die direkte afstammeling van die historiese Boer is of nie, indien jou hart onbeskryflik roer telkens wanneer &#8216;n Afrikaner triomfeer en presteer of in velle geveg die knie moet buig, dan dra jy ongetwyfeld die onbedorwe en tydlose hoop van elke historiese Boer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met gevolg wat ek hier skryf, skryf ek met die grootse respek en bewustheid van die afgryslike nood waar die Afrikaner sy lot in afwag. Elke opmerking wat ek naarstiglik hier voorl\u00ea word trouens in alle ernstigheid gemaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myn insiens is dat meeste probleme in die lewe kan met die beeldspraak van &#8216;n veelstemmige musiekstuk verstaan en opgelos word. Daar is vir my weinige min volhoubare oplossings in die realiteit wat op net een faktor vir sukses berus. Die werklikheid is eerder soos die in musiek waar &#8216;n amalgamering van note elk op sy regte plek moet val vir die musiek om ons verbeelding te raak. Met gevolg glo ek dat die vanggat waarin die Afrikaner homself tans bevind, het verseker sy eie unieke simfonie wat met afwagting en ywer as ons oplossing kan dien. Dus, alles wat ek voorstel moet as deel van &#8216;n dinamiese en vloeiende proses gesien word, en verseker nie as entiteite op hul eie nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te begin stel ek die volgende vraag: Moet die Afrikaner gered of gestig word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omrede hierdie brief meer &#8216;n praktiese doelstelling het as filosofies mag hierdie vraag dalk vir eers uit plek staan, maar ek wil h\u00ea dat dit deurgaans, soos wat ek verder verduidelik, as agtergrond opgehou moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek hoef die leser geensins te oorreed dat die Afrikanervolk huidig vasberade afsydig staan teenoor sy eie soewereine Afrikanerskap nie. Die eerste noodgedwonge noot in die Afrikaner se &#8216;simfonie&#8217;, wat onmisbaar sal val, is om weer die Afrikaner se aandag te trek (al is dit net vir &#8216;n oomblik). Egter, voordat ons hierdie gebeurtenis kan laat plaasvind is daar kardinale voorbereidings nodig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner in sy volkskonteks kort al vir &#8216;n geruime tyd kredietwaardigheid en legitimiteit. Beide hierdie twee tekortkominge word in die vorm van institusionalisering voorsien. &#8216;n Institusie is soos &#8216;n verdienstelike platvorm of verhoog waarvandaan jy jou boodskap mag verkondig. Enige institusie is net so sterk soos die beeld van die leierskap wat hom verteenwoordig. Daar kom met ander woorde &#8216;n tyd van leierskap wat nie die bagasie en negatiewe persepsies van die verlede sal kan dra of bekostig nie. Daarom is hierdie nuwe leierskap van groot betekenis om die verhouding tussen die Afrikaner-entrepreneur en die Afrikaner-leier te herstel. Daarsonder is daar te min energie om die nodige kommunikasiekanale oop te maak en die boodskap van ons nuwe institusies en sy leierskap te verkondig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die institusionalisering van die volgende is essensieel: Kultuur, politiek, ekonomie en skeppende fakulteite. Hierdie wesenlike entiteite moet as identifiseerbare konsepte in elke Afrikaner se begrip vasgevang word. Afhangende van elke Afrikaner se belangstellings, moet daar &#8216;n vrye en natuurlike vereenselwiging of solidariteit met bogenoemde instansies wees. Die diversiteit wat hierdie institusies omskryf word vanuit die grondslag van &#8216;n ho\u00ebr gesentraliseerde entiteit of institusie gematerialiseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeag van die diversiteit onder institusies moet die slagspreuk van ons veldtog onmiskenbaar die hart van elke Afrikaner kan raak. &#8216;n Charismatiese beeld van die Afrikaner se potensiaal moet met groot verbeelding geskilder word. Daar moet &#8216;n nuwe denkbeeldige pad van: &#8220;Wat nog moontlik is!&#8221; gesmee word wat soos &#8216;n oggendson in Afrika vir elke Afrikaner opkom. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Ons verloor die geveg want ons verloor die debat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Nuwe kommunikasiemodel is nodig wat &#8216;n totale paradigmaverskuiwing moet meebring. Ons sal regdeur al die mites en onnodige tradisies eenvoudig moet breek. Onthou ons oorlewing is ter sprake. Die Afrikaner was van dag een af al belas met &#8216;n meulsteen. Aangesien die Afrikaner voortdurend in die posisie geplaas was waar hy vir homself en volksvreemdes eerstehands verantwoordelik was. Nog nooit kon ons finaal die sirkel trek aangaande die Afrikaner se verpligtinge teenoor nie-Afrikaners nie. Die geleentheid is nou uiteindelik hier. Dit gaan dapper leierskap neem om die morele ho\u00ebgrond te neem en onverskrokke die Afrikaner op die volgende twee hoeksteen beginsels te laat rus: Vrye Keuse en Geregtigheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het al menige keer geskryf dat die Afrikaner kan net uit vrye keuse gebore word. Vergeet daarvan om vir die Afrikaner voor te skryf aangaande wie hy veronderstel is om te wees, hy kan nie meer die Afrikaner van die 1800&#8217;s of 1900&#8217;s wees nie. Ons is almal wel bekend met die etniese definisie van die Afrikaner, maar dit is nie en sal ook nooit die gees van die Afrikaner kan vertolk nie. Die Afrikaner-ideologie is &#8216;n kosbare juweel wat elke ware Afrikaner onbewustelik in sy skoot ronddra. Hierdie ideologie is nie op kleur of ras gebaseer nie, maar word van kindsbeen met die spreekwoordelike kulturele teelepel aan ons oorgedra en l\u00ea diep in elke Afrikaner se hart. Dit is hierdie unieke gees wat ek enduit hartstogtelik sal verdedig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner moet rotsvas kan standhou dat hy altyd in geregtigheid staan. Elke aksie moet aan die lig van geregtigheid verduidelik kan word. Die dag wanneer die Afrikaner tot Afrikanerskap uiteindelik vanuit &#8216;n vrye keuse &#8216;geroep&#8217; word,  is die enigste aksie van geregtigheid om elke individu te aanvaar wat sy lot onbeskaamd saam met ons wil ingooi. Tog, is dit heel billik om nou te vra waarom Afrikaners so &#8216;n sosiale kontrak sal wil aanvaar. Die antwoord is eenvoudig: Die Afrikaner-gees oftewel ideologie is &#8216;n natuurlike rede vir assosiasie vir elke Afrikaner(ongeag van sy kleur).  Daar gaan stellig nog &#8216;n tyd kom dat elke Afrikaner dit sal verag en as &#8216;n persoonlike belediging beskou indien iemand na hom as &#8216;n sogenaamde &#8220;wit&#8221;-Afrikaner verwys; indien dit nie as &#8216;n feitlike opmerking bedoel was nie. Die beginsel van geregtigheid vereis dat ongeag van kleur daar net een Afrikaner is. Ons verwerp ten sterkte alle etikette soos wit-Afrikaner of kleurling-Afrikaner ens. Nou kan ons sonder die kniehalterslag vanaf volksvreemdes (ongeag van kleur) onvoorwaardelik ons verantwoordelikheid vir elke Afrikaner opneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe kommunikasiemodel word verder verryk en versterk deur nie te fokus op die Afrikaner wat inderhaas van die tiranniese bedeling in SA moet ontsnap nie. Nee, die paradigmaverskuiwing verys dat ons, ons gebalde vuiste t.o.v Afrika en sy bewoners moet oopmaak; vanaf antagonisties na tegemoetkomend. Ek is seker dit wek gemengde gevoelens. Ons pad na vryheid verys verseker sterker leierskap en dapperheid wat nog min in ons volk na tevore gekom het. Al raad wat ek hier kan gee is dat hierdie laaste punt nie in isolasie gesien moet word nie, maar as deel van &#8216;n vloeiende proses. Die Afrikaner gaan nog ten diepste die waarde van soewereiniteit waardeer. Die Afrikaner se beginsel van geregtigheid verplig ons dat ons Afrika eenvoudig moet kan oorreed van ons welverdiende posisie as een van haar eie. Ons wil in Afrika wees uit vrye keuse en net soos elke ware Afrikaner vrywillig sy Afrikanerskap moet opneem, net so neem ons ook nou ons Afrika-skap op. Ons sal nooit die debat vir ons eie soewereiniteit as &#8216;ondergrondse&#8217; Europe\u00ebrs in Afrika kan wen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verdere noodsaaklike faktor is dat die Afrikaner nie konstant in &#8216;n gemoed van oorlog kan verkeer nie. Dit maak ons totaal voorspelbaar want ons vyande weet presies wat ons wil doen. &#8216;n Veel beter opsie is om op die Afrikaner se positiewe toekoms- en verhoudingspotensiaal te fokus. Daarvolgens neem ons beheer oor ons eie aksies en besluit self wanneer is genoeg dan nou &#8211; Genoeg. Ek wil wel beklemtoon dat ek nie verwag dat die Afrikaner die onreg teen hom goedmoedig moet aanvaar nie. Nee, glad nie! Ons moet protes aanteken, ons moet die debat van ongeregtigheid en onreg na elke gemeenskap plaaslik en internasionaal kan neem, maar ons moet ook ten alle koste vermy dat ons nie die indruk skep dat die Afrikaner in die vorm van &#8216;n politiese beweging, SA as geheel beter as die huidige ANC regering wil bestuur nie. Ons wil nie vir die ANC voorskryf in sy eie land aangaande gemeenskapsverantwoordelikhede nie. Ons moet die Afrikaner apart begin definieer van die res van SA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die essensie van ons nuwe kommunikasiemodel word verwoord en bereik sy toppunt in die Afrikaner se eie unieke Deklarasie Van Vryheid. Dit is uiters belangrik dat ons volhou met ons voorgenoemde beginsels en met duidelikheid en deursigtigheid die intrinsieke en innerlike waarde van die Afrikaner se nuwe sosiale kontrak kan konstitusionaliseer. Die Afrikaner se verklaarde konstitusie is kern om die vertroue, geloof en oortuiging aan rede te verskaf vir elke Afrikaner se vrye assosiasie met die soewereine Afrikaner.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My volgende punt is een van kritieke belang. Die geleentheid is nou hier om na die Afrikaner se verknegte  toestand te kyk en met revolusion\u00eare nuwe idees vorendag te kom. Die Amerikaanse revolusioniste het vanuit hulle eie probleem hul unieke oplossing gebou. Die probleem voorsien en word self die materiaal vir ons uitkoms. Ons kan nie met &#8216;slim&#8217; plannetjies vanuit &#8216;n voorgeskrewe boek ons vryheid nastreef nie. Ons het die geleentheid om weereens die w\u00eareld te laat opsit en kyk betreffende ons innovasie vermo\u00ebns. Ek is oortuig dat die Afrikaner is deel van die oplossing vir Afrika, maar elke aksie tot vryheid wat ek tot dusver genoem het, het net ware krag soos wat die boumateriaal vanuit die basiese komponente van ons probleem ontgin word. Telkens sal dit net moedige en ongewone leierskap wees wat ons Afrikaners deur hierdie uitdagende maar onweerlegbare prosesse sal kan lei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In antwoord op die aanvanklike vraag &#8211; Moet die Afrikaner gered of gestig word?  Ek glo, laat ons met ywer &#8216;n nuwe Afrikaner skep saam met die een wat ons red!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ter afsluiting was die kernvraag vir my nog nooit of die Afrikaner die oormag wat huidiglik teen hom woed kan oorleef of oorwin nie, maar baie meer insiggewend is om te sien of die Afrikaner bereid is om homself te trotseer en oorwin. Kan die Afrikaner as &#8216;n volk gedurende &#8216;n oomblik van onge\u00ebwenaarde inspirasie eendragtig sy asem diep intrek en wanneer hy dit uitblaas; sy vryheid in die volle konteks van die woord laat vergestalt? Daar is vir my ongetwyfeld die duidelike pols van ritme wat ek hoor wanneer ek na die Afrikaner luister. Ek hoor die Afrikaner se eiesoortige Afrika-ritme; ons hoort hier, en ek is baie trots daarop. Ek weier om bang te wees wanneer ek na die realiteite van die Afrikaner kyk, al wat ek nou kort is die dapper Afrikaners wat bereid is om saam met my kyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is die Afrikaners! Ons is die Afrikaner!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laat ons dit nooit vergeet nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lank lewe die Afrikaners! Lank lewe die Afrikaner!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/vorotki_udliniteli_perekhodniki_kardany\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u0432\u043e\u0440\u043e\u0442\u043a\u0438,<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al te gewis staan die Afrikaner voor sy grootste uitdaging ooit. Dit is sekerlik &#8216;n massiewe aanname om te kan maak, aangesien die Afrikaner al voorheen klaarblyklike onoorkombare opposisie in die gesig gestaar het, wat ons immers sedertdien al met sulke ho\u00eb toekenninge en aansien vereer het. Tog, ek glo wat ons nou as die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-9778","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9778","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9778"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9778\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9778"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9778"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9778"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}