{"id":9777,"date":"2011-01-11T19:29:42","date_gmt":"2011-01-11T19:29:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9777"},"modified":"2011-01-11T19:29:42","modified_gmt":"2011-01-11T19:29:42","slug":"die-ironiese-rassisme-van-die-europiers-se-bottersimpatie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9777","title":{"rendered":"Die ironiese rassisme van die Europi\u00ebrs se bottersimpatie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Ek het gisteraand Andre Rieu se konsert in Maastricht op televisie gekyk, wat gehou is net na sy Suid-Afrikaanse toer. In hierdie konsert het hy &#8216;n klein koortjie en jong swart mense wat viool en tromme speel uit Suid Afrika<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">saamgehad. Die kinderkoor was van Bloemfontein, en die musikante van sy Houtbaai projek, waar hulle viole en opleiding skenk aan swart kinders uit arm huise.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles was goed en wel, en die kinders het hulle almal baie goed van hulle taak gekwyt, maar wat opvallend was, is die absolute &#8220;bottersmeltende simpatie&#8221; en deernis wat die 100% wit en Europese gehoor uitgestraal het oor die swart mense se optrede en uitvoering. Ek het gesit en wonder, of kinders uit Kazakstan, Uzbekistan, Afghanistan of watter stan ookal, dieselfde emosies by hierdie gehoor sou ontketen? Of wat van kindertjies uit die re\u00ebnwoude van die Amazone of Papua-Guinee, of die Humba Bumba eilande? Ek glo nie, en dit laat weereens die vraag ontstaan, waar kom hierdie absolute deernis teenoor, en troetelstatus van die Afrikaan vandaan?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die oorsaak dat die w\u00eareld altyd net swartmense wil help, wil vertroetel, wil jammerkry, solank die swartes net nie vir hulle &#8216;n &#8220;eie&#8221; probleem is nie? Daar sit miljoene mense, stamme en volke in onontwikkelde dele van die w\u00eareld, wat geen rykdom, skole, mediese dienste en\/of geleenthede het nie, maar met hulle het die w\u00eareld vrede. Plaas &#8216;n foto van Indiaanse kinders in Amazoni\u00eb, wat net met lendeklede aan sit en speel met kokosneutdoppe, en die oerwoud in die agtergrond, en die mense sug: &#8220;Hoe oulik, hulle lyk so vredevol&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar plaas &#8216;n foto van &#8216;n paar swart kindertjies uit Afrika, met denims en T-hemde aan wat sit en speel met &#8216;n sokkerbal, teen die agtergrond van &#8216;nmediese kliniek, en die reaksie is: &#8220;Hoe oulik, het hulle hulp nodig? Hoe kan ons help? Kan ek enetjie aanneem \u2013 of sommer drie?!&#8221; En hierdie botterhouding is meer van toepassing op Suid Afrikaanse swartes as vir die res! Suid Afrika is nie &#8216;n arm land nie, en as mens net die geld wat deur korrupsie en bedrog in die hande van die ANC vetkatte en hulle vriende se sakke val kon gebruik, kan jy vir elke kind in hierdie land &#8216;n viool, sokkerbal en rekenaar koop!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afleiding wat ek maak, na jare se waarneming van hierdie situasie, is dat dit net &#8216;n ander vorm van rassisme is. Dit is waar die w\u00eareld, en veral Europa se onderrok ver begin uithang. Hulle sien eintlik die swartmens as minderwaardig, en enige manier wat die swartmens presteer en iets &#8220;westers&#8221; regkry, moet met groot akkolade bekroon en besing word. Dit is soos &#8216;n sirkusdier wat geleer is om toertjies te doen \u2013 die hondjie wat op sy voorpootjies al om die sirkusring loop. Almal wil net die oulike dingetjie huistoe vat en vertroetel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige hulp wat verleen kan word om die swartmens meer westers te laat leef, is &#8216;n ideaal wat met groot ywer nagestreef moet word. Die res van die w\u00eareld se arm mense, vra nie hulp nie, probeer nie wees wat hulle nie is nie. Hulle is nie hierdie bodemlose put van geldelike donasies en sosiale bystand nie. Hulle leef volgens hulle tradisies, en is gelukkig om niks te h\u00ea nie, en die w\u00eareld het vrede daarmee. Maar Afrika hou sedert die einde van slawerny, en die koloniale tydperk, die w\u00eareld verantwoordelik vir hulle agterstand en onvermo\u00eb om selfstandig te word, en iets vir hulleself te doen. Hulle wil altyd h\u00ea, en wil meer h\u00ea, en sal altyd kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat baie insiggewend was van die Rieu konsert in Maastricht, is dat daar geen plek op die verhoog was vir die Afrika kindertjies teen die einde met die &#8220;grand finale&#8221; nie. As groot aanhanger van Rieu, weet ek dat hy gewoonlik vir hierdie deel, al sy gaskunstenaars op die verhoog kry. Maar in hierdie geval, was dit nou die deel vir die &#8220;beskaafde&#8221; mense \u2013 die sirkustoertjies was net &#8216;n deel van die program, daar in die begin, en het sy oomblik van deernisvolle vermaak gehad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet aanvaar dat die swartmense van Afrika, troeteldierstatus in die w\u00eareld het. Hulle sien Afrika as die &#8220;petting zoo&#8221;.  En dit, alhoewel verdoesel as humanisme, is niks anders as naakte rassisme nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439\u043d\u044b\u0439 \u0430\u043f\u043f\u0430\u0440\u0430\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het gisteraand Andre Rieu se konsert in Maastricht op televisie gekyk, wat gehou is net na sy Suid-Afrikaanse toer. In hierdie konsert het hy &#8216;n klein koortjie en jong swart mense wat viool en tromme speel uit Suid Afrika saamgehad. Die kinderkoor was van Bloemfontein, en die musikante van sy Houtbaai projek, waar hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9777","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9777","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9777"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9777\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9777"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9777"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9777"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}