{"id":9776,"date":"2011-01-11T19:16:01","date_gmt":"2011-01-11T19:16:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9776"},"modified":"2011-01-11T19:16:01","modified_gmt":"2011-01-11T19:16:01","slug":"vrede-of-foefie-op-die-koreaanse-skiereiland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9776","title":{"rendered":"Vrede of foefie op die Koreaanse skiereiland"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Noord-Korea se versoek vir skynbare onvoorwaardelike vredesgesprekke met Suid-Korea het diplomate aan die kopkrap.<\/p>\n<p>Suid-Korea en Japan het beide die versoek verwerp. Suid-Korea, by monde van sy Minister vir die Vereniging van Korea, meen dis &#8216;n ou foefie, en dat dringende buitelandse kapitaal- en voedeselhulp agter die aanbod skuil. Dit is ook bekend dat die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-il, se gesondheid veel te wense oorlaat.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>Japan se regerende Demokratiese Party het onlangs sy &#8221;sagte benadering&#8221; teenoor Noord-Korea ook verhard,juis weens kommer oor stabiliteit op die skiereiland.<\/p>\n<p>Spanning tussen Noord- en Suid-Korea het die afgelope paar jaar skerp toegeneem na &#8216;n Suid-Koreaanse eiland in November onder die bomme gesteek en twee mariniers en twee burgerlikes dood is, agt maande na &#8216;n Suid-Koreaanse oorlogskip met die lewensverlies van 46 matrose gekelder is. Noord-Korea is<br \/>vir die voorval geblameer, maar ontken betrokkenheid.<\/p>\n<p>Suid-Korea en Japan is nie teen vredesonderhandelinge gekant nie, maar stel voorwaardes. Een van die kernaspekte is dat Noord-Korea van sy kernbewapingsplanne moet afsien, en verder verantwoordelikheid vir die twee aanvalle moet aanvaar. Noord-Korea probeer skynbaar die druk afhaal van di\u00e9 eise deur onvoorwaardelike gesprekvoering voor te stel, en juis hieroor is leiers en waarnemers ewe versigtig. So lyk Japan en Suid-Korea soos die onwillige partye.<\/p>\n<p>Speel Noord-Korea net vir tyd om &#8216;n stabiele oorgang na nuwe leierskap te verseker, probeer dit die morele druk op Suid-Korea en Japan terugplaas deur die onvoorwaardelike aanbod te maak, wel wetende dat Suid-Korea dit nie sal aanvaar nie, en Japan beslis nie oor die kernwapen-kwessie sal kopgee nie?<\/p>\n<p>Al die lande by die ses-party-onderhandelings, wat in 2008 gestaak is toe Noord-Korea geweier het om daarna terug te keer, is skepties oor Noord-Korea se motiewe. Noord-Korea het &#8216;n baie ou reputasie om moeilikheid te maak, baie arrogant te wees, en dan weer van vrede te praat. China het nogtans entoesiasties op die Noord-Koreaanse versoek gereageer, terwyl dieVSA skynbaar ook sal verkies dat dit voortgaan.<\/p>\n<p>Terwyl selfs waarnemers van die Koreaanse situasie wonder oor wat die Noord-Koreaanse motiewe is, Suid-Korea en Japan openlik skepties is, is dit heel moontlik dat die redes binne Noord-Korea self te vinde is. Soms werk dit om die bevolking opgesweep te kry deur met ander lande kapokhaantjie te wees, wel wetend dat China sy bas sal red.<\/p>\n<p>Maar China begin tekens toon dat hy nou sy stiefkind op eie bene wil laat staan. En honger mense begin ook agterkom om vir Amerika, Japan en Suid-Korea warm plek toe te stuur, maak nog nie die maag vol nie. En met al Noord-Korea se geraas en geblaas is di\u00e9 voorheen industri\u00eble deel van Korea arm en verhonger, en Suid-Korea, voorheen die agrariese deel, een van die w\u00eareld se ekonomiese wonders.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>\u00a0<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free 5 pound<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Noord-Korea se versoek vir skynbare onvoorwaardelike vredesgesprekke met Suid-Korea het diplomate aan die kopkrap. Suid-Korea en Japan het beide die versoek verwerp. Suid-Korea, by monde van sy Minister vir die Vereniging van Korea, meen dis &#8216;n ou foefie, en dat dringende buitelandse kapitaal- en voedeselhulp agter die aanbod skuil. Dit is ook bekend dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-9776","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9776","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9776"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9776\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9776"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9776"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9776"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}