{"id":9773,"date":"2011-01-11T11:38:36","date_gmt":"2011-01-11T11:38:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9773"},"modified":"2011-01-11T11:38:36","modified_gmt":"2011-01-11T11:38:36","slug":"transformasie-as-vloekwoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9773","title":{"rendered":"Transformasie as vloekwoord"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Skrywer beskryf hoe hy by die venster van \u2018n boonste verdieping uitkyk. Hy sien hoe die Nazi\u2019s \u2018n groep Jode, mans, vroue en kinders, in \u2018n fietshokkie injaag en vasmaak. Hierna word hulle gedeeltelik ontklee, en met allerlei slaangoed bygedam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cThat is capitalism,\u201d kom die skrywer tot sy slotsom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna noem hy nog verskeie grusame voorbeelde, en kom telkemale tot die absurde slotsom: \u201cThat is capitalism.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duidelik het hy \u2018n kleintjie dood aan kapitalisme. Wie hy was, en wat die boek se naam was, kan ek nie onthou nie. Vir my Honneursstudies was die boek duidelik onaanwendbaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie voorbeeld kom vanoggend meer as dertig jaar na ek dit in Kovsies se ou biblioteek gelees het by my op, toe ek besef watter gewaarwording in my oor die woord \u201ctransformasie\u201d posgevat het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My oorlede pa het eenkeer ges\u00ea Marx sou oor die implementering van kommunisme in Rusland ges\u00ea het: \u201cAs dit Marxisme is, is ek geen Marxis nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marx is lank voor die Russiese revolusie oorlede, en niemand sal werklik weet of hy so sou voel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Argentini\u00eb, na aanleiding van voormalige president Peron, het verskeie Perronistiese groepe tot stand gekom. Hulle het van ver-regs tot ver-links gewissel, en mekaar selfs met wapengeweld geopponeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie is al geskryf oor hoe dit gebeur het dat afsonderlike ontwikkeling, onder die bynaam van apartheid, in die o\u00eb van die w\u00eareld die persepsie van \u2018n monster aangeneem het.;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik is in baie kringe beoordeel dat afsonderlike ontwikkeling \u2018n liberale filosofie is. Di\u00e9 persepsie het finaal die onderspit gedelf nadat die VN dit tot misdaad teen die mensdom verklaar het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In veral my eerste jaar op Kovsies was ek verplig om te leer van die Christelike beleid van apartheid, versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Wat die betrokke dosent betref, het die apartheidsbeleid reeds afgestap van sy aanvanklike ideaal van gelykstelling, hoewel afsonderlik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is wel meegedeel dat ons van die studiemateriaal mag verskil, maar dan moes dit behoorlik gemotiveer word. Omdat die vrae volledig deur die dosent uitgewerk is moes die antwoorde uit die kop geleer word. Studente wat iets wou motiveer het dit tot hul nadeel gedoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde universiteit het nou God uit sy leuse verwyder, en dit onder meer aan die transformasieproses toegeskryf. En ek kry die gewaarwording: As die woord \u201capartheid\u201d dieselfde tipe negatiewe persepsies by mense wakkergemaak het as wat die woord \u201ctransformasie\u201d by my wek, dan moes hulle apartheid regtig baie negatief ervaar het. Dat die woord transformasie ingespan word om die wegdoen van God uit die leuse te regverdig, help nie om die negatiewe emosie te temper nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n ou, bekende verskynsel om strooipoppe op te stel van dit wat \u2018n mens eintlik wil afskiet, en dan met mening op die strooipoppe los te brand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 gewaarwording kry ek verlede jaar in die aanloop tot die NH Kerk se Algemene Kerkvergadering (sinode) waar besin moes word oor die W\u00eareldgemeenskap van Reformatoriese Kerke (WGRK) se eis dat die NH Kerk apartheid as sonde moet veroordeel alvorens lidmaatskap herstel kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eise, op skrif, het in werklikheid verklap dat die WGRK nie \u2018n benul het van die inhoudelike van apartheid nie. Dit was duidelik daaruit dat drie aspekte gestel is wat as sonde verklaar moes word. Die eerste twee het die diskriminerende aspekte saamgevat wat as die sg klein apartheid op die wetboek beland het, en lank voor 1994 reeds uit die wetboek verwyder is. Die derde was om apartheid self te veroordeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tegniese probleem is dat as die eerste twee elemente uit die volledige apatheidsmodel onttrek is, bly net \u2018n baie mooi opsomming van die hedendaagse internasionale reg oor. Die NH Kerk het voor die AKV reeds daarop gewys dat dit lank reeds aan die eerste twee vereistes voldoen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om te probeer te kenne gee dat dit deel van die oorwegings was, beteken dit dat die NH Kerk eintlik die internasionale reg moes veroordeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die strooipoppe onder skoot kom, is dit baie selde so dat die skieters nog enige benul het van wat dit wat hulle so blaker, werklik beteken, of eens beteken het. Soms het die strooipop-persepsie net sterker as die werklike geraak, soms het die oorspronklike self ontspoor tot iets wat dit nie aanvanklik bedoel was om te wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou Stalin se diktatuur en massamoorde byvoorbeeld enigsins Marx se instemming weggedra het, sou hy nog geleef het?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beteken transformasie nog wat dit bedoel was?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie kenners het al daarop gewys dat sake wat wel in die grondwet staan, soos die erkenning en uitbouing van elf amptelike tale, erg afgeskeep word, maar dat transformasie, wat nie in die grondwet staan nie, gedryf word asof dit die kern van die grondwet uitmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs regstellende aksie, waaruit transformasie skynbaar afgelei word, is nie pertinent in die grondwet opgeneem nie. Veral in die oorgangsgrondwet is dit betreklik netjies uitgespel: Die basiese beginsel is gelykheid en \u2018n verbod op diskriminasie, onder meer op grond van ras. \u2018n Beperkende maatre\u00ebl is wel ingevoeg om die posisie van mense teen wie in die verlede onbillik gediskrimineer is, se posisie te herstel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Goue, universele beginsel van beperkende maatre\u00ebls op grondwetlike regte is dat daardie beperking nooit so uitgel\u00ea mag word dat dit die oorspronklike reg aantas of vernietig nie. Nie regstellende aksie of transformasie kan dus uitgel\u00ea word as sou dit die beginsels van \u2018n verbod op rassediskriminasie en ongelykheid tot niet maak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die skrywers van \u201cFundamental Rights in the New Constituition, waaronder Davis, Cachalia en Maduna, is teen die agtergrond van wat die grondwet voorskryf, traag om die woord \u201caffirmative action\u201d te gebruik, en verkies \u201ccorrective action\u201d en is duidelik daaroor dat daar \u2018n sonsondergangklousule moet wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar pas \u201ctransformasie\u201d werklik in die grondwet in?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat alles wat \u2018n wit herkoms het, \u2018n swart (Afican) karakter moet kry? Sommer in die aanhef van die grondwet word diegene ge\u00eber wat daarvan werk gemaak het om die land te bou en te ontwikkel, dat die land aan almal wat daarin woon behoort en in hul verskeidenheid verenig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met juridiese akrobasie kan natuurlik enigiets uit die grondwet \u201cbewys\u201d word. Artikel 31 erken byvoorbeeld gemeenskappe se reg tot die beoefening van hul kulturele, religieuse en taalgemeenskappe. Dieselfde artikel bepaal dat di\u00e9 regte nie in stryd met die handves van menseregte uitgeoefen mag word nie. Maar as daardie gemeenskappe dan onder die dekmantel van transformasie allerlei diskriminerende en ontnemende praktyke ervaar? Is dit dan nie veronderstel om ongrondwetlik te wees nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het die woord \u201ctransformasie\u201d nie \u2018n te gemaklike en gerieflike begrip geword om die grondwet ongestraf mee te verkrag nie? Gebruik bloot die woord \u201ctransformasie\u201d en daar word blindelings van owerheidswe\u00eb aanvaar dat \u2018n mens die regte ding doen?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses word dit \u2018n vae begrip, iets wat daarop neerkom om alle spore van die verlede te verwyder, met vaag omlynde grense. Dat van hierdie grense loshande anderkant die grondwet self l\u00ea, is irrelevant tot iemand dit durf waag om sy rug styf te maak. Hy moet dan sy lyf vet smeer vir byvoeglike naamwoorde om hom mee te beskryf: onder andere rassis, neo-konserwatief, en helaas, gekant teen transformasie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word die implikasies altyd werklik deurdink? Het Kovsies se afdeling Strategiese Kommunikasie werklik deurdink wat die implikasies daarvan is om die weglating van God uit die universiteit se log aan transformasie te koppel? Dat (moedswillig) afgelei sal word dat swart studente en dosente gekant is teen die behoud van God in die logo?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het dit nie tyd geword dat die woord \u201ctransformasie\u201d omsigtiger gebruik moet word nie? Emosies is rou na die ABSA-debakel. Dit het aansienlik tot polarisering bygedra. Standpunte hieroor is, soos met oorlede apartheid, hoofsaaklik weerskante die rassegrense ingeneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is vanjaar presies twintig jaar sedert die wet op rasseklasifikasie geskrap is. Dat \u2018n nuwe rassedebat aan die einde van verlede jaar losgebars het, kan kwalik nog aan apartheid toegeskryf word. Veral uit die bruin gemeenskap kom nou versigtige treetjies om te vra of die onlekkerte in die rassekwesie nie dalk minstens ten dele gevind moet word in die tallose rasgebaseerde wette en maatre\u00ebls wat nou op die wetboek is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit herinner aan die kroegpapegaai wat \u2018n ruk in die kerk geplaas is om te kyk of hy nie van sy ongewenste woordeskat kon afleer nie. Die papegaai bekyk die predikant en laat waai met: \u201cO, \u2018n nuwe kroegman!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die instap van die kerkraad laat waai hy egter: \u201cMaar steeds dieselfde customers.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hard en duidelik moet nou besin word of die woord \u201ctransformasie\u201d nie presies dieselfde betekenis as \u201cklein apartheid\u201d het nie. Dis net \u2018n ander kroegman.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/bizhuteriya-dlya-devochek\/detskie-rezinki-zakolki\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0437\u0430\u043a\u043e\u043b\u043a\u0438 \u0440\u0435\u0437\u0438\u043d\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skrywer beskryf hoe hy by die venster van \u2018n boonste verdieping uitkyk. Hy sien hoe die Nazi\u2019s \u2018n groep Jode, mans, vroue en kinders, in \u2018n fietshokkie injaag en vasmaak. Hierna word hulle gedeeltelik ontklee, en met allerlei slaangoed bygedam. \u201cThat is capitalism,\u201d kom die skrywer tot sy slotsom. Hierna noem hy nog verskeie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9773","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9773","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9773"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9773\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9773"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9773"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9773"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}