{"id":9768,"date":"2011-01-09T17:10:04","date_gmt":"2011-01-09T17:10:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9768"},"modified":"2011-01-09T17:10:04","modified_gmt":"2011-01-09T17:10:04","slug":"regeer-tot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9768","title":{"rendered":"Regeer tot &#8230;."},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma is voorheen die leviete voorgelees oor hy ges\u00ea het die ANC gaan regeer tot die Wederkoms.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien het onvanpaste stellings met \u2018n godsdienstige implikasie waarskynlik minder geword. Hy het wel by geleentheid kiesers wat weg van die ANC stem met voorvadergeeste gedreig, maar skynbaar sy loskop-s\u00eagoed wat die Christelike godsdiens raak bietjie versigtiger gekies.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter hinderlik dieselfde bly, is die onvermo\u00eb om \u2018n onderskeid te tref tussen die ANC en regering. Boonop, aldus die Vryheidsfront Plus, het die SABC dieselfde moeilikheid, met radioprogramme wat oor die naweek op talle radiostasies en die TV ontwrig is om pres. Zuma se toespraak by die party se 99ste verjaardagvieringe regstreeks uit te saai \u2013 wat nog meer chaos tot gevolg gehad het omdat die toespraak sowat twee ure laat begin het.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar kan nog geargumenteer word dat dit werklik \u2018n groot geleentheid was, en dat die toespraak vir die hele land belangrik is. Die interessante gaan egter wees om te sien hoe die SABC as beginselsaak op opposisiepartye se aanspraak op ten minste \u2018n regverdige porsie van hierdie soort blootstelling.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter nie verskoonbaar is nie, is die president se versekering dat die ANC met sy kader-ontplooiingsbeleid sal voortgaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie heeltemal nuut nie. Die ANC het hom ook by die beleidskongres vroe\u00ebr vanjaar daartoe verbind, maar die klem is daarop geplaas dat die mense wat so ontplooi word, geskik vir die poste moet wees. Sedertdien het dit egter geblyk dat toepaslike kwalifikasies nie baie swaar weeg om geskiktheid te bepaal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om in \u2018n verkiesingsjaar poste op hierdie wyse aan kaders te beloof, getuig van \u2018n algehele onbegrip van die skeiding tussen politieke party en regering. In \u2018n land waar werkloosheid hoogty vier is die belofte van poste \u2018n belangrike dryfveer, en kan die party wat in die eerste plek vir die werkloosheidskoers verantwoordelik is, daardeur stemme trek.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So word die belangrike rol van opposisiepolitiek ondermyn.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die jare het daar \u2018n praktyk ontstaan, veral in die VSA, dat senior amptenare wel die politieke ampsbekle\u00ebrs se keuses is, wat soms groot skade aangerig het omdat van hierdie mense min anders as lakeie was, en bekwaamheid \u2018n relatiewe onbelangrike oorweging was. In sommige kringe word selfs beweer die aanvalle op die Twin Towers sou voorkom gewees het as die intelligensiewese volledig in die hande van gemotiveerde, kundige tegnokrate was.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika het verskeie DG\u2019s se koppe ook al gerol omdat die verhouding tussen hulle en die betrokke minister onherstelbaar verbrokkel het. &nbsp;\u2018n Vroe\u00eb, skandalige voorbeeld was toe die DG vir Gesondheid. Olive Shishana, die trekpas gekry het sodat Manto Tshabala Msimang ongesteurd as minister kon aanbly en met knoffelsake besig hou, en die land se beeld reuse skade kon bly berokken.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het egter die beleid van kaderontplooiing veel verder as die departementshoof-konvensie gevoer. \u2018n Aantal jare gelede het die ganse personeelkorps, meestal wit, van \u2018n privaat skool in die Vrystaat by die ANC gaan aansluit ter wille van die staatsubsidie.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op hierdie manier sal enige party homself baie lank aan bewind kan hou.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar so \u2018n party regeer dan nie volgens die demokratiese beginsel van algemene belang nie. En dan is dit nie meer demokrasie nie, maar nepokrasie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-96\/demisezonnaja-odezhda\/tuniki-plat-ja\">\u0442\u0443\u043d\u0438\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 \u0441\u0432\u043e\u0438\u043c\u0438 \u0440\u0443\u043a\u0430\u043c\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma is voorheen die leviete voorgelees oor hy ges\u00ea het die ANC gaan regeer tot die Wederkoms. Sedertdien het onvanpaste stellings met \u2018n godsdienstige implikasie waarskynlik minder geword. Hy het wel by geleentheid kiesers wat weg van die ANC stem met voorvadergeeste gedreig, maar skynbaar sy loskop-s\u00eagoed wat die Christelike godsdiens raak bietjie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9768","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9768","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9768"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9768\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9768"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9768"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9768"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}