{"id":9752,"date":"2011-01-06T06:43:08","date_gmt":"2011-01-06T06:43:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9752"},"modified":"2011-01-06T06:43:08","modified_gmt":"2011-01-06T06:43:08","slug":"matriek-of-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9752","title":{"rendered":"Matriek \u2013 of nie?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die amptelike slaagsyfer vir 2010 se matrieks, ook van die verskillende provinsies, word later vandag bekend gemaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met dit wat reeds bekend is, is dit egter duidelik dat Suid-Afrika nog \u2018n lang trek het om \u2018n aanvaarbare slaagsyfer te bereik, sonder om die standaard verder te rysmier. Soos sake nou staan, is daar reeds aanduidings dat \u2018n matriek in die hand nie veel om die lyf bied om werk te kry nie, hoewel die skaarsheid aan werk ook \u2019n rol speel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl sowat \u2018n kwart van die leerders nie die pyp rook nie, is daar \u2018n groep wat tien of meer onderskeidings inryg. Dit het duidelik baie met kwaliteitonderrig te make, en met die betrokke skole se ingesteldheid teenoor onderrig \u2013 in die besonder gehalte-onderrig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer na Suid-Afrika se per capita-uitleg per leerder gekyk word, en dit met ander lande suid van die Sahara vergelyk word, sou verwag word dat Suid-Afrika kop en skouers sou uitstaan. Die hartseer werklikheid is dat verskeie lande suid van die Sahara Suid-Afrika op die onderwysterrein uitpresteer. Universiteitsdosente vertel graag hoe \u2018n plesier dit is om met studente te werk wat hul skoolloopbaan in Zimbabwe voltooi het omdat di\u00e9 leerders se peil veel ho\u00ebr is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit verblydend is dat die onderwysstaking n\u00e1 die groot sokker skynbaar nie \u2018n te negatiewe impak op die slaagsyfer gehad het nie, is dit terselfdertyd \u2018n veertjie in die hoed vir leerders wat deur selfstudie die pyp kon rook, en \u2018n klad op baie onderwysers se naam dat hul afwesigheid uit die klasse nie \u2018n besondere duik gemaak het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie verskonings sal weer opgedis word. Dit is interessant dat die Sowetan onlangs in \u2018n hoofartikel Afrikaners \u2018n veertjie in die hoed gegee het vir die sukses wat moedertaalonderrig bied. Terselfdertyd is swart ouers gestriem omdat hulle so op Engelse onderrig vir hul kinders aandring, en pogings geloof om van Zoeloe \u2018n taal van ho\u00ebr onderrig te maak. Swart ouers wat spog omdat hul kinders glo nie met ander swart maatjies kan speel nie omdat hul kinders net Engels verstaan, is gewiks. Ongelukkig moes die Sowetan in die artikel ook krities wees op Afrikaner-ouers se aandrang op moedertaalonderrig omdat die politieke motiewe daarvan onder verdenking staan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir baie is matriek nie die einde van die studiepad nie, wat beteken dat universiteite wat oor die gehalte van hul onderrig waak, weer baie geld en energie in oorbruggingskursusse en ander maatre\u00ebls moet bel\u00ea om die opneem van leerders met effense matrieks suksesvol te kan absorbeer. Geluk aan die matrieks wat presteer het, tesame met die hele ondersteuningsnetwerk \u2013 van ma wat noodgedwonge weer saam matriek geskryf het tot die toegewyde leerkragte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ses van die bestes vir die loodswaaier-leerkragte wat ongelukkig gereeld die nuus vir die verkeerde redes haal soos dronkenskap aan diens, gereelde afwesigheid en dan, soos verwag kan word, \u2018n ho\u00eb druipsyfer onder hul leerders. Agtien skole in die land het &#8216;n 100%-druipsyfer aangeteken, teenoor meer as 500 met &#8216;n 100%-slaagsyfer.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">air flow \u0447\u0438\u0441\u0442\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die amptelike slaagsyfer vir 2010 se matrieks, ook van die verskillende provinsies, word later vandag bekend gemaak. Met dit wat reeds bekend is, is dit egter duidelik dat Suid-Afrika nog \u2018n lang trek het om \u2018n aanvaarbare slaagsyfer te bereik, sonder om die standaard verder te rysmier. Soos sake nou staan, is daar reeds aanduidings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9752","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9752\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}