{"id":9748,"date":"2011-01-05T07:44:49","date_gmt":"2011-01-05T07:44:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9748"},"modified":"2011-01-05T07:44:49","modified_gmt":"2011-01-05T07:44:49","slug":"as-die-pap-eers-laat-val-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9748","title":{"rendered":"As die pap eers laat val is"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Baie mense ken die gevoel om op voorskrifmedikasie te wees, en net voor \u2018n pil in die mond kom, te voel hoe dit uit die vingers glip en op die grond beland. En dan is dit weg. Dit het onder die yskas ingerol, of in die hond se waterbak beland&#8230;maar vir verdere gebruik is dit verlore.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So kan die verkiesing in die Ivoorkus beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die meeste kuslande in Wes-Afrika, het die Ivoorkus ook \u2018n groot Moslembevolking wat hoofsaaklik in die Noorde woon, en \u2018n Christen-animistiese bevolking wat hoofsaaklik aan die kus woon. Dikwels is die kusbevolking meer deur die eertydse koloniale mag kultureel aangeraak as die binneland.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die gevaar af om te vereenvoudig, geld dit in bre\u00eb trekke ook vir die Ivoorkus. Trouens, die Franse koloniale heersers het maar betreklik kort voor die land onafhanklik geword het, werklik doeltreffend tot die binneland deurgedring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste moondheid in die gebied, Nigeri\u00eb, het hierdie werklikheid staatkundig ondervang. In di\u00e9 land moet Moslem en Christenpresidente mekaar aflos, natuurlik so lank die demokrasie hou wat tot dusver te gereeld in die slag gebly het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ivoorkus se posisie is afgesien van die ooreenkomste met Nigeri\u00eb ook baie uniek. Die bevolking praat sowat 70 Afrikatale, die voorouers van die huidige inwoners het betreklik onlangs eers in die land gevestig, en die grootskaalse volksverhuisings het weens streekkonflikte ook nog nie mooi gestabiliseer nie. Tussen die Moslem-noorde en Moslem-buurlande is die staatkundige grens min of meer irrelevant.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land se opgetekende geskiedenis dui ook nie op \u2019n groot godsdienstige onverdraagsaamheid nie. Die jarelange Christen-president Felix Houphou\u00ebt-Boigny het in 1990 die huidige verkiesingswenner, die Moslem Alassane Ouattara as premier aangestel, \u2018n pos wat hy tot 1993 met die president se afsterwe beklee het. Ouattara is \u2018n internasionaal hoogaangeskrewe ekonoom, en sy internasionale loopbaan, onder meer as jeugdige adjunk-direkteur van die IMF het eers politieke aspirasie gekry toe Houphou\u00ebt-Boigny hom nader getrek het. Na 1993 het die politieke situasie in die Ivoorkus baie vloeibaar geword, en Ouatarra het meestal sy internasionale loopbaan as ekonoom voortgesit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hy het ook die leier van \u2018n Moslemparty geword. Sy kandidatuur vir die presidentskap is egter telkemale in die wiele gery, en hy is onder meer gediskwalifiseer oor hy \u2018n deel van sy jeug in Burkina Faso deurgebring het, en ook in \u2018n stadium \u2018n paspoort van daardie land gedra het. In die Ivoorkus is hy die sondebkok gemaak vir ongeveer alles wat verkeerd gegaan het, soos mislukte staatsgrepe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe hy uiteindelik wel kon deelneem, was sy oorwinning vir niemand, behalwe oud-president Laurent Gbabgbo \u2018n verrassing nie. Hoewel syfers baie verskil, is die algemene opvatting dat die Ivoorkus beduidend meer Moslems as Christene het. Gbagbo skop vas, en dis heel moontlik dat hy werklik glo dat baie van die Moslem-kiesers wat sy ondersteuners na die verkiesing gediskwalifiseer het, se burgerskap weens die vloeibare grense onder verdenking is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ivoorkus se dilemma toon hoe belangrik dit is dat wanneer \u2018n grondwet onderhandel en opgestel word, die betrokke land se werklikheid in ag geneem word. In die Soedan het soortgelyke faktore tot \u2018n dekadeslange burgeroorlog gelei, en miljoene mense het die lewe gelaat. Selfs tussen die Arabiese Moslems, en die nie-Arabiese Moslems van Darfoer, was konflik en \u2018n gevolglike volksmoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika gaan gereeld stemme op dat Kemptonpark her-onderhandel moet word, \u2018n duidelike aanduiding dat sekere Suid-Afrikaanse realiteite nie behoorlik verreken en ondervang is nie. In die Ivoorkus neem die ongevalle toe, en is klaarblyklik nog nie \u2018n aks met onderhandelinge en selfs dreigemente gevorder nie. As die pilletjie eers geval het &#8230;<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u043f\u0435\u0447\u0438 \u0434\u0440\u043e\u0432\u044f\u043d\u044b\u0435 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie mense ken die gevoel om op voorskrifmedikasie te wees, en net voor \u2018n pil in die mond kom, te voel hoe dit uit die vingers glip en op die grond beland. En dan is dit weg. Dit het onder die yskas ingerol, of in die hond se waterbak beland&#8230;maar vir verdere gebruik is dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9748","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9748"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9748\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}