{"id":9747,"date":"2011-01-05T05:01:51","date_gmt":"2011-01-05T05:01:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9747"},"modified":"2011-01-05T05:01:51","modified_gmt":"2011-01-05T05:01:51","slug":"ivoorkus-diversiteit-en-konflik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9747","title":{"rendered":"Ivoorkus: Diversiteit en konflik"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Ivoorkus, C\u00f4te d&#8217;Ivoire,&nbsp; is op die oomblik in die nuus weens die afloop van \u2018n verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar is dit \u2018n gewone geval van \u2018n Afrika-despoot wat nie van die mag wil afstand doen nie, n\u00e1 hy in \u2018n demokratiese verkiesing met die kous oor die kop huis toe gestuur is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die kompleksiteit te verstaan, moet \u2018n paar realiteite in ag geneem word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens sommige bronne is sowat 60% van die byna 20 miljoen inwoners (wat \u2018n paar miljoen immigrante en vlugtelinge insluit) Moslem, en veral in die Noorde woonagtig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 feit is dalk vir baie mense \u2018n verrassing, in die lig van die Basilika wat oud-pres. Felix Houphou\u00ebt-Boigny in Yamoussoukro opgerig het. Dit is die derde grootste (sommige bronne s\u00ea die grootste) Christelike kerk ter w\u00eareld, en staan in \u2018n land waar maar sowat 12 % van die inwoners Christene is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander bronne dui egter daarop dat sowat 40 persent van die bevolking Moslem is, en sowat 34% Christene, met die ander animisties of ongelowig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos in baie ander Wes-Afrikaanse state is die Moslem-noorde vroeg vanuit die Sahara en deur die Islam be\u00efnvloed, terwyl die kusgemeenskappe weer deur Europe\u00ebrs en die Christendom be\u00efnvloed is. Hoewel beduidende Moslemryke, soos die Kong-ryk bestaan het, was dit baie heterogeen en het nie lank bestaan nie. Trouens, baie van die huidige inwoners van die Ivoorkus se voorouers het betreklik onlangs eers binne die grense gevestig. Hierdie volksverhuisings het weens verskeie faktore, soos onderlinge konflikte, plaasgevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die amptelike taal Frans is, word 76 Afrikatale ook gepraat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die elite is sterk Frans geori\u00ebnteer en Abidjan aan die kus het \u2018n sterk Franse karakter. Tradisioneel behou Moslemgemeenskappe egter meer tradisionele elemente,en ironies, soms ook Wes-Afrikaanse Afrika-elemente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot 1990 was die Ivoorkus \u2018n <em>de<\/em><strong><em> <\/em><\/strong><em>facto<\/em> eenpartystaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alassane Ouattara, \u2018n Moslem, het in 1990 op die politieke toneel&nbsp; verskyn toe die afgeleefde \u201cpappa\u201d Houphou\u00ebt-Boigny hom die eerste minister gemaak het, hoofsaaklik om die ekonomie reg te ruk. Outtara is \u2018n hoogaangeskrewe ekonoom wat reeds voor hy 40 jaar oud was, \u2018n adjunk-direkteur van die Internasionale Monet\u00eare Fonds geword het. Hy het tot 1993, met Houphou\u00ebt-Boigny se dood, die premier gebly. Sy politieke loopbaan is hierna deur die afgestorwe president se opvolgers gedwarsboom, waarop hy weer na die buiteland teruggekeer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ouattara se kandidatuur sou telkemale gekeer word. Die tegniek wat sy teenstanders gebruik het was om sy burgerskap te bevraagteken, of aan te voer dat hy nie lank genoeg in die land woonagtig was nie. Ouattara het wel lang tye in Bo-Volta (Burkina Faso) gewoon, \u2018n land wat by tye deel van die Ivoorkus was, en wie se Moslembevolking ten nouste aansluit by di\u00e9 van die noordelike Moslembevolking van die Ivoorkus. Ouattara is egter in die Ivoorkus gebore, en het ook lank reeds seker gemaak dat sy burgerskap verse\u00ebl was, n\u00e1 hy \u2018n tyd lank wel as burger van Bo-Volta beskou is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel Ouattara n\u00e1 sy politieke isolasie weer \u2018n ruk by die IMF gewerk het, het sy teenstanders hom gereeld op die mees belaglike manier die sondebok gemaak vir omtrent alles wat in die Ivoorkus verkeerd geloop het, veral mislukte staatsgrepe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die linksgesinde Laurent Gbagbo (\u2018n Rooms-Katoliek) het in 2000 aan bewind gekom ironies n\u00e1 sy voorganger, generaal Robert Gu\u00ebi, na afloop van \u2018n algemene verkiesing verseg het om soos beloof die presidentskap te ontruim. Gu\u00ebi het self deur \u2018n staatsgreep aan bewind gekom. Gbagbo se bewind is egter vanuit die staanspoor deur onluste geteister. Die hoofrede was dat sy vernaamste teenstander Ouattara, leier van die Moslemse Kongres van Republikeine, op omstrede wyse belet was om aan die verkiesing deel te neem. Die ou storie: Sy verbintenis tot die Ivoorkus is bevraagteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis omdat die Ivoorkus \u2018n geskiedenis \u2013 ook tot die huidige \u2013 het van groot bevolkingsgetalle wat oor grense heen migreer of vlug, is dit nie altyd so maklik om \u2018n streep te trek oor wie werklik Ivoorkusburgers is of behoort te wees nie, en so stemreg behoort te h\u00ea nie. N\u00e1 Gbagbo die onderspit gedelf het, het sy bondgenote ook talle van die kiesers wat vir Ouatarra gestem het, gediskwalifiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien die Ivoorkus se politieke geskiedenis tot dusver slegs op beperkte skaal deur Moslem-Christen-polarisasie gekenmerk is, is dit duidelik dat Gbagbo se koppigheid dit nou \u2018n meer pertinente faktor gaan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer so \u2018n polarisasie eers plaasgevind het, raak dit moeiliker om te ontlont. Of Kenneth Meshoe, ACDP-leier, se vredesending op versoek van kerkleiers in die Ivoorkus tot vrede kan bydra of selfs wys was, sal op die duur gesien moet word. Neem hy, soos vroe\u00eb aanduidings uit koerantberigte lui, \u2018n pro-Gbagbo-standpunt in op grond van \u201cander perspektiewe\u201d sal dit minstens hoogs gevaarlik wees. Die situasie en die realiteit is gans te kompleks om aan die hand van een stel \u201cander perspektiewe\u201d \u2018n standpunt teen die streeks- en w\u00eareldmening in, in te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Analiste was gou om \u2018n soort Kenia \/ Zimbabwe-opsie, waar die verslane leier vasklou en die wenner dan as kompromis eerste minister word, af te skiet. Tog, sou dit blyk dat daar \u2018n beduidende Christen\u2013Moslem-polarisasie plaasvind, sal \u2018n staatkundige model wat dit ondervang waarskynlik aangewese wees. In die Soedan gaan di\u00e9 polarisasie waarskynlik tot \u2018n verdeling van die land lei. In Libanon word die presidentskap en eersteministerskap deur \u2018n Christen en \u2018n Moslem as re\u00ebling gehou. In Nigeri\u00eb roteer die presidentskap (wanneer die demokrasie lank genoeg hou om dit moontlik te maak) afwisselend tussen Christen- en Moslempresidente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk is daar in die Ivoorkus nou \u2018n bietjie meer op die spel as \u2018n regeringshoof wat by die stembus verslaan is, en nie wil kopgee nie. Dit mag wel die uitsluitlike motief van Gbagbo wees, maar is dit hoe die land se Christen- en Moslembevolkings dit ervaar?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is \u2018n moontlike hervatting van die burgeroorlog \u2018n meer aanvaarbare opsie as om \u2018n blywende staatkundige re\u00ebling te tref waar Christene en Moslems hulself staatkundig optimaal kan uitleef?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorsorg (ook staatkundig) bly beter as nasorg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hier was skynbaar nie voldoende staatkundig voorsorg getref nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ivoorkus, C\u00f4te d&#8217;Ivoire,&nbsp; is op die oomblik in die nuus weens die afloop van \u2018n verkiesing. Maar is dit \u2018n gewone geval van \u2018n Afrika-despoot wat nie van die mag wil afstand doen nie, n\u00e1 hy in \u2018n demokratiese verkiesing met die kous oor die kop huis toe gestuur is? Om die kompleksiteit te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9747","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9747","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9747"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9747\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9747"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9747"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9747"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}