{"id":9745,"date":"2011-01-04T10:13:27","date_gmt":"2011-01-04T10:13:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9745"},"modified":"2011-01-04T10:13:27","modified_gmt":"2011-01-04T10:13:27","slug":"taalstryd-is-deel-van-oorlewingstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9745","title":{"rendered":"Taalstryd is deel van oorlewingstryd"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Onlangs spreek advokaat Louis Visser van Pretoria hom ten gunste van &#8216;n taalhandhawingsveldtog uit. Hy meen dat &#8220;almal \u2018n  gesamentlike bydrae kan maak om instansies, munisipaliteite,  staatsdepartemente en dies meer te forseer om ons reg op die gebruik van  Afrikaans te eerbiedig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan ons doen deur eenvoudig te weier om gedwing te word om \u2018n ander taal te gebruik as Afrikaans.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ek  het besluit om dit van nou af te doen, en as die betrokke persoon laat  blyk dat hy\/sy nie Afrikaans kan (of wil) praat nie, aan te dring om  bedien te word deur iemand wat dit wel kan doen. Dit geld veral vir  telefoonoproepe wat ons almal tydig en ontydig ontvang met die  gebruiklike \u201chow are you?\u201d as openingsaanslag.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG is oorspronklik gestig om die miskenning van Afrikaans deur die ANC-bewind aan te spreek, maar  intussen het die oorlewingstryd van die Afrikaner in di\u00e9 land so  verhewig dat ons noodwendig ons fokus moes verbreed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die taalstryd is egter &#8216;n wesentlike onderdeel van ons oorlewingstryd en  sonder Afrikaans gaan ons nie die paal haal nie, afgesien nog van al  die ander estetiese, emosionele en kulturele redes waarom ons dit  behoort vol te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As iemand met ervaring van di\u00e9 tipe aksies, asook &#8216;n mate van insig in  die sosiolingu\u00efstiek, kan ek nou al s\u00ea dat sulke individuele  pogings (wat ons m\u00f3\u00e9t volhou) uiteindelik nie die stryd gaan wen nie. Ek  het al baie in die tou by staatsdienskantore ervaar hoe die res van die  Afrikaners verle\u00eb raak as mens op Afrikaans aandring en by die toonbank  gedwe\u00eb begin Engels praat. Telkom beskik oor &#8216;n 0800-nommer vir  Afrikaanse diens (teenoor die selfoonmaatskappye wat jou omtrent glad  nie in Afrikaans kan help nie). ABSA in Johannesburg is hopeloos en het  nie eens meer Afrikaanse dokumentasie nie (terwyl Nedbank darem nog alle  vorms in Afrikaans aanhou).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saam met so &#8216;n handhawingsaksie, moet daar myns insiens ook die volgende gedoen word:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons hou &#8216;n vergadering van verteenwoordigers uit bepaalde gebiede waar  Afrikaans, hetsy die meerderheidstaal is, hetsy deur &#8216;n beduidende  minderheid gepraat word. Vir &#8216;n begin kan ons dit in Pretoria en dele  van Gauteng doen. By di\u00e9 vergadering aanvaar ons &#8216;n ordonnansie wat alle  ondernemings en administratiewe kantore in daardie gebied verplig om  diens in Afrikaans aan te bied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ook: Om Afrikaans as prim\u00eare openbare taal in daardie gebied te  eerbiedig. Hierdie is die sleutelelement, want om Afrikaans te praat in  &#8216;n omgewing waar Engels die openbare taal is (afgesien van Orania en  enkele plattelandse dorpies, praat ons hier van die hele land) bly &#8216;n  absurde oefening. Die geskiedenis van ander taalstryde (Vlaams in  Belgi\u00eb, Hebreeus in Israel, Frans in Qu\u00e9bec, ens.) toon dat hierdie  territoriale of openbare taalstryd die sleutelement is om te slaag.  Daarsonder bly jou taal &#8216;n laestatustaal en almal (ook jou eie sprekers)  ervaar dit so.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alle produkte wat in daardie gebied\/e verkoop word, moet ook Afrikaans  bevat. In Europa is dit altyd vir my amusant om te sien dat sjokolade in  Frankryk (met 60 miljoen mense) volkome tweetalig is met Nederlands op  die verpakking omdat daardie selfde sjokolade in &#8216;n Belgiese provinsie,  Vlaandere (met 6 miljoen mense) verkoop moet word en daar wetgewing  bestaan wat dit verplig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier in Suid-Afrika verstom dit my telkens om te sien dat alle medisyne  pragtig tweetalig is met Engels en Afrikaans, dat daar nog iewers werk  vir ons tegniese vertalers bestaan, blykbaar omdat wetgewing uit die  vorige bedeling dit nog steeds afdwing!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Paar jaar gelede was ek by die Woolworths-hoofkantoor in Kaapstad  waar ek my in &#8216;n muur vasgeloop het: in Woolworths bestaan daar geen  Afrikaans nie, nie op winkelkennisgewings nie en ook nie op die  verpakking nie. Behalwe op die medisyne. Seg die persoon vir my: &#8220;As  wetgewing ons daartoe verplig, sal ons Afrikaans aanbring, daarsonder  nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekerlik gaan daar mense wees wat vir ons &#8220;taalordonnansie&#8221; lag, maar  indien die inwoners van &#8216;n sekere gebied so &#8216;n besluit neem, beskik dit  wel oor &#8216;n bepaalde krag al word dit nie deur die ANC-regering erken  nie. Ons grondwet is egter van so &#8216;n aard dat internasionale reg of  volkereg as deel van ons reg geag word; daarom kan ons ons op die  internasionale reg beroep om die wetmatigheid van ons taalordonnansie te  verdedig. So pas het ek &#8216;n uitspraak van die Grondwethof gelees waarin  &#8216;n groep plakkers in die Wes-Kaap hul reg op behuising met behulp van  die VN se Konvensie oor Sosiale en Politieke Regte laat geld het! Waarom  kan ons dit nie doen nie? Ons beroep ons op internasionale konvensies  en die reg op kulturele selfbeskikking wat immers in artikel 235 van die  Grondwet erken word. Indien so &#8216;n ordonnansie met verdere aktivistiese  optrede &#8220;afgedwing&#8221; word, soortgelyk aan destyds in Vlaandere toe hul  taalstryd teen Frans plaasgevind het, sal dit verder inslag vind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die helfte van alle Engelssprekendes woon in Natal. In die res van die  land is Afrikaans \u00f3f die moedertaal \u00f3f dikwels die lingua franca.  Afrikaners vermoor hul eie taal deur Engels te aanvaar en Engels te  bevorder, veral natuurlik aan die universiteite.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 opsig was Orania reeds &#8216;n deurbraak, want aldaar is Afrikaans as  enigste openbare taal gevestig, weliswaar in &#8216;n homogene Afrikanerdorp,  maar dit toon aan ons die moontlikheid om dit ook na die stedelike  gebiede uit te brei. Die dag as drie voorstede in Pretoria of die  Wesrand Afrikaans as openbare taal aangeneem het en die ordonnansie in  hul gebied toepas, sal die eerste veldslag van die taalstryd gewonne  wees. Afrikaans se status sal oornag herstel word tot &#8216;n vlak wat dit  skaars tydens die Goue Tyd vir Afrikaans, naamlik die sestigerjare,  geniet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen behoort ons die taalwetgewing van Vlaandere en Qu\u00e9bec (eintlik  skryf &#8216;n mens in Afrikaans &#8220;Quebec&#8221; volgens die AWS, maar ek veroorloof  my die aksentplesiertjie op my sleutelbord wat op Afrikaans gestel is op  my Afrikaanse Windows XP) te bestudeer om te sien wat ons daaruit wys  kan word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0438\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs spreek advokaat Louis Visser van Pretoria hom ten gunste van &#8216;n taalhandhawingsveldtog uit. Hy meen dat &#8220;almal \u2018n gesamentlike bydrae kan maak om instansies, munisipaliteite, staatsdepartemente en dies meer te forseer om ons reg op die gebruik van Afrikaans te eerbiedig. Dit kan ons doen deur eenvoudig te weier om gedwing te word om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9745","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9745"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9745\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}