{"id":9742,"date":"2011-01-04T09:38:01","date_gmt":"2011-01-04T09:38:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9742"},"modified":"2011-01-04T09:38:01","modified_gmt":"2011-01-04T09:38:01","slug":"geen-vryheid-sonder-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9742","title":{"rendered":"Geen vryheid sonder werk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Boere-Afrikanervolk verkeer vandag  seker in sy grootste bestaanskrisis sedert volksplanting. Alhoewel daar  in sy geskiedenis, soos bv. by Vegkop, Bloedrivier en tydens die Tweede  Vryheidsoorlog, wesenlike gevaar van fisiese uitwissing bestaan het, kon  ons voorsate hul vyand fisies waarneem en hulself teen di\u00e9 met geweer  en koe\u00ebl verdedig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  jaar 2010 sal deur alle regdenke Boere-Afrikaners onthou word as &#8216;n  jaar waarin die voortgesette aanslag teen ons mense sedert dr Verwoerd  se dood op alle terreine van die samelewing in feller mate toegeneem  het. Van die&nbsp;<strong>&#8220;vrede, veiligheid en voorspoed&#8221;<\/strong> wat mnr F W de Klerk en sy&nbsp;<strong>OU-NP<\/strong> so hoog opgegee het, het daar weer eens hierdie jaar slegs&nbsp;<strong>ON-vrede, ON-veiligheid en NUWE-teenspoed<\/strong> gekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  afgelope dekades was die aanslag so subtiel en bedrieglik dat selfs die  beste en mees bekwame strateeg, die vyand nie maklik sou kon herken of  waarneem nie! Aanslae word feitlik vanuit alle oorde denkbaar, op die  volk gerig. Ons is die teiken van &#8216;n totale aanslag wat fisies,  sielkundig, geestelik, ekonomies, ja, &#8216;n aanslag wat op feitlik alle  terreine en sfere van ons volkslewe gevoer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  gevaar is egter dat die vyand vandag nie net vanuit die ANC en sy  meelopers se kant kom nie, maar ook vanuit eie volksgeledere!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geskiedenis het bewys dat geen volk teen sulke aanslae en verraad  bestand is nie en dat dit uiteindelik ontaard in &#8216;n kanker wat die volk  vanself van binne vernietig, tensy daar &#8216;n goed-gestruktureerde  belange-organisasie bestaan wat hierdie aanslae effektief kan beveg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  jaar 2010 sal ook onthou word as die jaar waartydens die volk, te midde  van hierdie verergerende toestand, nie daarin kon slaag om  noemenswaardige goedbeplande en geko\u00f6rdineerde&nbsp;<strong>VERSET<\/strong> regoor die land onder ons mense teen hierdie aanslag te monster nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaasmoorde gaan steeds onverpoosd voort en elke keer word daar deur landbouleiers slegs kritiek en afsku daaroor uitgespreek.&nbsp;<strong>VERSET<\/strong> deur  diegene wat nog iets daadwerkliks aan die saak wil doen, word dikwels  deur volksgenote wat self die slagoffer van hierdie moorde is,  verongeluk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  teenstelling met die toestand &#8216;n honderd jaar gelede waar die Boerevolk  ook deur &#8216;n soortgelyke aanslag en basies deur dieselfde vyand, nl  Engeland, oor &#8216;n relatief korter tydperk bedreig is, en alle kragte  moontlik gemonster is om dit teen te staan, blyk dit dat &#8216;n groot  persentasie van die huidige &#8220;Boerevolk&#8221;, eerder verder in die vyandige  strukture van &#8216;n sg nuwe SA, ingesak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pogings  om die volk te verenig het weer eens nie geslaag nie en sit ons  polities en andersinds basies steeds in dieselfde toestand as verlede  jaar hierdie tyd en verder terug.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  hierdie verband verwys ons na die Volksverkiesingskommissie (VVK) wat  poog om die volk vir &#8216;n volksverkiesings op 31 Mei &#8217;11 te registreer.  Syfers wat onlangs bekend gemaak is van die hoeveelheid volksgenote wat  al geregistreer het, is glad nie gerustellend nie en daar sal &#8216;n grootse  poging aangewend moet word om die volk vir hierdie allerbelangrike saak  wakker te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  barometer vir hierdie saak is egter die volk se houding daarteenoor:  indien die volk self nie opgewonde daaroor kan raak en self uit hul  toestand van rus in die eeue gesus, kan opstaan en insien dat dit  waarskynlik die allerlaaste geleentheid sal wees waarvan gebruik gemaak  kan word om ons vryheid op &#8216;n vreedsame wyse te kan verkry nie, sal geen  persoon of instansie dit regkry om hulle tot so &#8216;n siening te oortuig  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  ons dus wil s\u00ea is dat diegene wat nog nie geregistreer is nie, mag nie  sit en wag vir &#8216;n registrasiebeampte om hom\/haar te kom opsoek nie maar  moet uit sy\/haar gemaksone opstaan en &#8216;n registrasie-beampte vir sy  gebied opsoek om hom\/haar te laat registreer. Dit is die minste wat van  elke volksgenoot verwag kan word. Die dae dat daar vir &#8216;n  registrasiebeampte gesit en wag is, is lankal verby!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  verhaal van die verkryging van ware en standhoudende vryheid vir die  Boerevolk loop simbolies gesien, soos &#8216;n sterk ketting met verskeie  onsigbare swak skakels deur sy geskiedenis. Die redes vir die ontstaan  van hierdie swak skakels kan onses insiens aan verskeie redes en faktore  toegeskryf word wat elke keer veroorsaak het dat die ketting by daardie  swak skakels gebreek het met die gevolglike verlies van ons vryheid:<\/p>\n<ul>\n<li>Politieke leiers wat nie werklik &#8216;n begrip of duidelike beeld of visie  het van wat ware en standhoudende vryheid vir die Volk beteken nie.  Hierdie probleem kom reeds &#8216;n baie lang pad saam met ons. Tydens die  Vrede van Vereeniging is die Boerevolk gedwing om die Westminister  partypolitiekestelsel te aanvaar. Voor daardie tyd was daar in die Boere  Republieke geen sprake van politieke partystelsels nie maar wel van  Boere Volksverkiesings.&nbsp;&nbsp;Tydens Presidentsverkiesings was daar bv die  Kruger- en die Joubertmense. Boere is vooraf die geleentheid gegee om  die goeie en slegte eienskappe van kandidate te oorweeg en dan vir die  man en nie vir &#8216;n&nbsp;&nbsp;politieke party te stem. Wanneer die stemmery  afgehandel is, was alle deelnemers steeds Boere en nie verdeeld in  verskillende politieke partye nie.<\/li>\n<li>N\u00e1 die sluiting van die Vrede van Vereeniging vind die Boere wat so  dapper vir die vryheid van hul volk geveg het en steeds ernstig oor die  herstel van hul republikeinse ideaal gevoel het, dat hulle uitgelewer  was aan &#8216;n volksvreemde bestel van party politieke spelre\u00ebls. Hulle het  egter geen keuse gehad nie en het besluit om tog maar aan die vyandige  Westministerstelsel deel te neem in &#8216;n poging om hul vryheid weer te  herwin. Dit het egter vernietigend op hul ideaal ingewerk en di\u00e9  toestand sou voortduur tot vandag toe.<\/li>\n<li>By die draai van die vorige eeu vind ons manne soos&nbsp;&nbsp;Jan Smuts en  Louise Botha -beide Boere-generaals: eers skryf Jan Smuts &#8216;n boek met  die titel &#8220;&#8216;n Eeu van Onreg&#8221; waarin hy die wandade van die Britse  Imperialisme teenoor die Boerevolk uitwys.&nbsp;&nbsp;Na die oorlog, toe hy die  politiek betre\u00eb het en deur die einste Britse Imperialistiese  Westministerstelsel d m v die meerderheidsteun van die &#8220;blankes&#8221;aan  bewind gekom het, kry hy &#8216;n skuldige gewete en verban hy sy eie boek!  Dit is dus duidelik dat hy terwille van politieke, persoonlike en eie  finansi\u00eble voordeel opgetree het. Waarskynlik is dit ook die rede waarom  hy en genl Louis Botha die Boere-kommandant Jopie Fourie, destyds deur  &#8216;n vuurpeleton van afgedwaaldes van hulle eie mense laat doodskiet het  asook die Boere-generaal Christiaan de Wet in die tronk gestop het<\/li>\n<li>In ons tyd het ons ook ons Jan Smutse en Louis Botha&#8217;s, by name P W  Botha en F W de Klerk, gehad. Eers het hulle Apartheid gekoester as die  enigste uitweg vir die witman\/blanke om in hierdie land te oorleef. Hier  was dit weer eens die Britse Imperialistiese Westministerstelsel wat  gemaak het dat hulle, ten spyte van mandate wat hulle tydens verskeie  verkiesings van die meerderheid blanke kiesers&nbsp;&nbsp;verkry het, terwille van  politieke, persoonlike en finansi\u00eble voordeel, geswig het. Terwyl F W  de Klerk nog met die meerderheid stemme van die witman\/blankes aan  bewind was het hy wit\/blanke polisie- sowel as weermagmanne aangewend om  enige vorm van verset of protes van die Boerevolk se kant dood te  smoor. Dink maar bv aan die Ventersdorp- en Mbabathovoorvalle.<\/li>\n<li>Nog nader aan ons tyd vind ons dat ten spyte van die feit dat daar weer  &#8216;n dapper groep Boere was wat voor die 1994-verkiesing bereid was om  alles op te offer&nbsp;&nbsp;vir die vryheid van hulle volk en vaderland, hulle  weer eens aan die volksvreemde Westministerbestel uitgelewer is.&nbsp;&nbsp;Na  aanleiding van die destydse uitsprake deur die ANC\/SAKP oor die  volkstaatkwessie is dit nou meer as ooit te vore duidelik dat die  gedagte om sekere leiers te oorreed om aan daardie verkiesing deel te  neem, slegs as geelwortel gebruik is om daardie Boere wat bereid was om  die wapen op te neem, te ontlont sodat die indruk geskep kon word dat  die Boerevolk ook aan die sg demokratiese verkiesing deelgeneem het en  dit dus goedkeur. Soos n\u00e1 die sluiting van die Vrede van Vereeniging,  weet ons vandag dat di\u00e9 besluit ook selfvernietigend vir ons volk was.<\/li>\n<li>Die huidige politici vir wie dit hoofsaaklik gaan oor eie belang en  partypolitieke voordeel kan, na al die verset en stryd wat die Boere  ingesit het om die oorgawe aan die ANC\/SAKP te keer, sommer daarna  besluit dat &#8220;&#8230;&#8230;ons nou weer terug is by 1902&#8221;&nbsp;&nbsp;en dat&nbsp;&nbsp;&#8220;&#8230;&#8230;. die  stryd soos destyds nou weer van vooraf moet begin&#8221;(!). Die feit dat  hulle weer aan die Westministerstelsel tydens die daaropvolgende  verkiesings deelgeneem het, is bewys daarvan dat hulle nie werklik die  belange van die Boerevolk sover dit sy vryheidstrewe betref,&nbsp;op die hart  gedra het nie. <\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al  bogenoemde &#8220;swak skakels&#8221; in die o\u00ebnskynlike sterk ketting van die  Boerevolk, sowel as baie ander wat nie genoem is nie, het gemaak dat ons  vandag weer eens ons vryheid verloor het; dat ons vyande van onsself  geword het; dat ons inderwaarheid teen onsself veg en inderdaad&nbsp;&nbsp;teen  onsself verloor het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  sal jammerlik wees indien politici, soos die leiers van 1910, weer die  verkeerde, die bre\u00eb weg moet volg. Destyds het genl Smuts met groot  opwinding &#8216;n brief aan sy Britse bewonderaars geskryf waarin hy in  vervoering geraak het oor &#8220;&#8230;&#8230;die groot wonderwerk wat hier gebeur  het nl dat twee onlangsverowerde Boererepublieke en twee Britse Kolonies  bymekaar kon kom en besluit het om een groot Suid-Afrikaanse staat te  vorm&#8230;&#8230;.&#8221;, nogal &#8220;&#8230;&#8230;.met &#8216;n sterk gesentraliseerde grondwet&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  dieselfde brief s\u00ea genl Smuts dat niemand waarvan hy weet &#8216;n oplossing  selfs in sig het vir een van die grootste vraagstukke van daardie tyd,  nl die &#8220;Native Question&#8221; nie. Hierdie probleem sal, soos hy dit gestel  het, maar vir die toekomstige geslagte gelaat moet word om op te  los!&nbsp;&nbsp;Vir daardie daad van hom kan hy vandag miskien vergeef word omdat  hulle die regte weg nog nie geken het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geskiedenis het egter sedertdien baie lesse duidelik uitgespel sodat  die volk en die politici van vandag die waarheid en die regte weg voor  hulle o\u00eb het en kan sien. En die regte weg om van die  Westministerstelsel ontslae te raak is om ons eie volksverkiesing soos  deur die VVK voorgestel, te hou.<strong> <\/strong>Voordat  ons dus nie onder die besef kom dat partypolitieke stelsels vir die  doeleindes van die verkryging van ons vryheid, uitgedien is nie en dat  ons nooit weer ons vryheid by &#8216;n stembus van die sg &#8220;nuwe SA&#8221; sal herwin  nie, is daar geen hoop nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mens  sidder om te dink wat &#8216;n leier soos dr H F Verwoerd vandag sou ges\u00ea het  nadat hy op 17 Maart 1961 voor die Suid-Afrikaklub in London n\u00e1 SA se  ontrekking uit die Statebond tydens sy welbekende<strong> &#8220;DI\u00e9 LAND IS ONS LAND&#8221;<\/strong>-toespraak  gelewer het, as hy die huidige toestand waarin SA en ons volk tans  verkeer, gade kon slaan. Tydens di\u00e9 toespraak het hy o a ges\u00ea:<strong><em> &#8220;Die  Witman (bedoelende die Boer; die Afrikaner) het dus nie net &#8216;n  ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en  le\u00eb valleie en afgesonderde berge in &#8216;n moderne nywerheidstaat ontwikkel  het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne  en moet dit syne bly&#8221;.<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe hartseer ookal, feit bly staan dat&nbsp;<strong>HIERDIE LAND<\/strong> egter  vir &#8216;n aantal dekades lank nie meer ons land is nie, maar allemansland!  Sy grense is oopgegooi vir die hele Afrika en die hele w\u00eareld! Die dure  besef waaronder elke Boere-Afrikaner dus vir die nuwe jaar by hernuwing  gebring sal moet word is dat daar geensins verwag moet word dat die  swartman ooit &#8216;n deel van SA aan hom sal &#8220;gee&#8221; nie. Voordat ons weer&nbsp;<strong>&#8220;HIERDIE LAND IS ONS LAND&#8221; of &#8216;n gedeelte daarvan &#8220;ONS LAND&#8221;<\/strong> sal  kan maak, sal daar weer van vooraf besetting van grond moet plaasvind  waarop die Boere-Afrikaner die meerderheid uitmaak. Selfs dan sal alles  nie soos manna uit die hemel op ons neerdaal nie, maar sal erkenning van  dit wat ons ons eie wil maak alleen deur&nbsp;<strong>VERSET,<\/strong> stryd  en harde arbeid en selfs deur bloed en trane tot stand gebring moet  word. Miskien het dr Verwoerd met sy visie en versiendheid geweet dat<strong> <em>HIERDIE LAND<\/em> NIE VIR ALTYD&nbsp;<em>ONS LAND<\/em> SAL WEES NIE.<\/strong> Vandaar dan ook sy welbekende slagspreuk:&nbsp;<strong><em>&#8220;SKEP JOU EIE TOEKOMS !&#8221;<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  wil verder voorkom asof baie Boere-Afrikaners nog steeds nie besef wat  hierdie slagspreuk of leuse van dr Verwoerd beteken nie want hulle gaan  nog steeds, te midde van die toestand waarin ons verkeer, soos al die  jare met vakansie na hul luukse vakansiehuise, -plase strandhuise,  tyddele ens., met hul luukse motors en karavane!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  in aanmerking geneem word dat ons in &#8216;n sekere sin in &#8216;n erger stryd om  oorlewing is as ons voorgeslagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog, en  hulle tydens daardie stryd nie<em> &#8220;vakansie gevat&#8221; <\/em> het nie; dat Jopie Fourie in sy tyd gedurende Desember 1914 toe hy vir&nbsp;<strong><em>volk en vaderland gesterf het<\/em><\/strong>, ook nie &#8220;<em>vakansie gevat&#8221; <\/em> het nie, dan kan daar &#8216;n groot vraagteken agter die huidige geslag se sg&nbsp;<strong>VERSET<\/strong> en&nbsp;<strong>VRYHEIDSTRYD<\/strong> <wbr><\/wbr>geplaas  word! (Ten minste is &#8216;n instansie soos Radio Pretoria darem eerlik as  hulle s\u00ea hulle hou die vryheidsvlam brandende &#8211; al doen hulle verder  niks nie!).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogemelde  slagspreuk van dr Verwoerd het hy reeds op 16 September 1959 in die  aanloop tot die Volksraadsverkiesing van 14 Oktober van daardie jaar in  die Pretoriase stadsaal van die destydse NP van Transvaal gerig. Twee  jaar daarna is daar in ooreenstemming met en in die gees van sy  slagspreuk, deur harde werk &#8216;n toekoms vir ons geskep en het ons &#8216;n  Republiek buite die Statebond gedurende 1961 geword. Daarmee het dr  Verwoerd bewys dat &#8216;n volk wat nie bereid is om vir homself en sy  toekoms te werk nie, nie mag terugsit en s\u00ea dat die Allerhoogste sal  voorsien nie. Inteendeel, daarmee het hy sy afhanklikheid van die  Allerhoogste bely en in oorenstemming daarmee ook dat God die mens  alhier geplaas het om sy eie lotgevalle uit te werk. Sy opdrag is  immers:&nbsp;<strong>BEWOON EN BEWERK &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie Republiek is ook deur die swartes van ons geplunder en ons sal dit of &#8216;n gedeelte daarvan&nbsp;<em>ad infinitum<\/em> nie terugkry nie tensy ons opstaan en daarvoor werk, want:&nbsp;<strong>GEEN WERK &#8211;&nbsp;&nbsp;GEEN TOEKOMS; GEEN VERSET &#8211; GEEN TOEKOMS; GEEN VREDE &#8211; GEEN TOEKOMS EN DERHALWE GEEN VRYHEID!<\/strong><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/cleopatra\/\">cleopatra games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Boere-Afrikanervolk verkeer vandag seker in sy grootste bestaanskrisis sedert volksplanting. Alhoewel daar in sy geskiedenis, soos bv. by Vegkop, Bloedrivier en tydens die Tweede Vryheidsoorlog, wesenlike gevaar van fisiese uitwissing bestaan het, kon ons voorsate hul vyand fisies waarneem en hulself teen di\u00e9 met geweer en koe\u00ebl verdedig. Die jaar 2010 sal deur alle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-9742","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9742"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9742\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}