{"id":9732,"date":"2011-01-01T06:01:20","date_gmt":"2011-01-01T06:01:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9732"},"modified":"2011-01-01T06:01:20","modified_gmt":"2011-01-01T06:01:20","slug":"twee-franse-verwerp-internasionale-inmenging-in-die-ivoorkus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9732","title":{"rendered":"Twee Franse verwerp internasionale inmenging in die Ivoorkus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Verg\u00e8s, Dumas en Gbagbo (v.l.n.r.)\" alt=\"Gbagbo met Dumas en Verges\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/gbagbo%20roland%20dumas%20%20verges.jpg\" width=\"251\" \/>In \u2018n interessante verwikkeling het twee bekende Franse advokate, waarvan een \u2018n voormalige minister van buitelandse sake is, die Franse en internasionale inmenging in die Ivoorkus verwerp. Oor die afgelope weke poog die internasionale gemeenskap om die land se huidige president, Laurent Gbagbo te laat afsit nadat hy \u2018n verkiesing teen sy mededinger, Alassane Ouattara verloor het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roland Dumas, die voormalige Franse minister van buitelandse sake en Jacques Verg\u00e8s het albei Donderdag in die hoofstad Abidjan aangekom om die uitgaande president Laurent Gbagbo te ondersteun en van raad te bedien. \u201cWie gee die Franse regering die reg om in \u2018n verkiesingsonderonsie in die Ivoorkus in te meng? Die tyd van kolonialisme en vrederegters van bedenklike bekwaamheid is verby,\u201d&nbsp; het Jacques Verg\u00e8s (85) teenoor die TV-kanaal i-T\u00e9l\u00e9 verklaar. Verg\u00e8s is bekend vir sy simpatie met die derde w\u00eareld en omstrede verdediging van \u201converdedigbare\u201d kli\u00ebnte soos byvoorbeeld die Nazi Klaus Barbie wat in Frankryk verhoor is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk beskik oor inligting om te kan s\u00ea dat almal in die internasionale gemeenskap nie saamstem nie. Die internasionale gemeenskap bestaan tans uit enkele persoonlikhede wat hulle by alles inmeng en wat ons behoort te ondersoek,\u201d het die 88-jarige Roland Dumas, die voormalige buitelandse minister onder president Fran\u00e7ois Mitterand ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verklarings deur die twee Franse advokate geskied in teenstelling met die eenparige mening van die Verenigde Nasies, die Europese Unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State (EGWAS) wat een en almal \u2018n beroep op Laurent Gbagbo gedoen het om sy plek aan Alassante Ouattara af te staan en waarvan hulle die oorwinning tydens die presidentsverkiesing van 28 November erken het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die n\u00e1verkiesingsgeweld het intussen ten minste 173 sterftes veroorsaak, hoofsaaklik in die geledere van Ouattara se ondersteuners, volgens die Verenigde Nasies, terwyl Laurent Gbagbo se ondersteuners gedreig het om die kantore van Ouattara in Abidjan stormenderhand te verower.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/98-svetil-niki-dlya-spal-ni\">\u043d\u0430\u0441\u0442\u0435\u043d\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2018n interessante verwikkeling het twee bekende Franse advokate, waarvan een \u2018n voormalige minister van buitelandse sake is, die Franse en internasionale inmenging in die Ivoorkus verwerp. Oor die afgelope weke poog die internasionale gemeenskap om die land se huidige president, Laurent Gbagbo te laat afsit nadat hy \u2018n verkiesing teen sy mededinger, Alassane Ouattara [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9731,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-9732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9732\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9731"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}