{"id":9730,"date":"2010-12-31T07:36:15","date_gmt":"2010-12-31T07:36:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9730"},"modified":"2010-12-31T07:36:15","modified_gmt":"2010-12-31T07:36:15","slug":"bepalers-vir-2011","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9730","title":{"rendered":"Bepalers vir 2011"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die kombers waaronder die belangrikste rigtingaanduiders van 2011 vir Suid-Afrika kan pas is die kwessie van gesindhede. Die rigtingbepalers is hoofsaaklik plaasmoorde, verkiesings, hofsake, die media, Zimbabwe en godsdiens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Plaasmoorde: <\/strong> Hoewel plaasmoorde deel van \u2018n ontsettende misdaadprobleem is \u2013 al het verskeie parlementslede onlangs nog vuur gespoeg oor \u2018n verslag wat aandui dat misdaad in Suid-Afrika \u2018n uitsonderlike probleem is \u2013 het min misdaadtipes die impak op die land en gesindhede as juis plaasmoorde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kwessie word verdiep deur die ontsettende vlakke van wreedheid waarmee plaasaanvalle, en nie noodwendig net plaasmoorde nie, gepaard gaan. Dit vind hoofsaaklik oor kleurgrense plaas. Die buitengewone trauma, wat as viktiminologie bekend staan, word verdiep onder meer deur die regering se opsigtelike traagheid om dit te veroordeel, en selfs app\u00e8l aan te teken teen die verklaring van die liedjie, Maak dood die boere, tot haatspraak. Loskoppige politici, en selfs ministers, verdiep ook die probleem deur die skuld vir plaasmoorde periodiek op die boere te plaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Verkiesings: <\/strong> Hoewel die verskil in omvang groot is tussen die landswye munisipale verkiesing en die beplande VVK-verkiesing, moet die simboliese impak van die VVK-verkiesing nie onderskat word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige voorspelling oor die uitslag van die munisipale verkiesings is voortydig, onder meer oor daar nog onsekerhede is oor belangrike aspekte soos of die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) as entiteit gaan deelneem, of Cope betyds tot ernstige deelnemer sal kan groepeer, en oplaas hoe partye die verkiesing gaan benader. Op die oog af lyk dit of die ANC prestasiegewys in die sop is, wat die versoeking kan vergroot om weer \u2018n klimaat te skep waar die verkiesing in \u2018n etniese sensus gaan ontaard. Die opposisie se aanslag gaan net so bepalend op gesindhede wees. \u2018n Lomp aanslag, soos in die verlede, kan opnuut die indruk van kritiek op swart beskou, of gemanipuleer word, en vir die ANC \u2018n stewige steunbasis verseker. Politiek inkorrek of te nie, partye sal kers by antropolo\u00eb eerder as bemarkingsdeskundiges moet opsteek oor hoe om verkiesingsreklame aan te spreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou Cope steeds in \u2018n warboel wees, kan verwag word dat partye wat met die algemene verkiesing erg gebloei het, soos die ACDP, die IVP en UDM van hul tradisionele steun sal herwin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verkiesings neig egter om die temperatuur van gesindheidsvlakke te verhoog, iets wat peilings getoon het in Suid-Afrika die kreeftegang gegaan het, groot sokker ten spyt. <strong> <\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Hofsake: <\/strong> Hofsake en ander regsgedinge waar grondwetlikheid getoets word, word as kenmerkend van \u2018n lewende grondwetlike demokrasie beskou. Te veel van die belangrike sake wat onder beregtiging staan, dui op ernstige gesindheidsprobleme, soos die haatspraaksake rondom die kop van Julius Malema. Waarskynlik die belangrikste saak wat in proses is, is die skadevergoedingseis weens die verlies aan eiendomsreg op ondergrond en minerale regte. Di\u00e9 wetgewing is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf. \u2018n Bevinding teen die regering gaan \u2018n reuse kettingreaksie tot gevolg h\u00ea. \u2018n App\u00e8lgeding oor die aanstelling van Simelane as Direkteur van Openbare Vervolging, litigasie oor die staking van kriminele vervolging teen die president, app\u00e8lsake oor regstellende aksie en die app\u00e8lsaak teen die vonnis van die Reitz-vier en moontlike verskyning in die gelykheidshof tel onder die ander sake wat \u2018n impak op oorhoofse gesindhede gaan h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Die media: <\/strong> Dit is nie net die regering se mediasnoeringsplanne wat gesindhede be\u00efnvloed nie, maar die doeltreffendheid waarmee die media sy saak by die publiek stel. Die media moet nogtans katvoet loop, omdat dit weens die selferkende uittog van kundigheid kwesbaar geraak het. Uitsprake soos di\u00e9 van die Naspersbaas, Koos Bekker, wat die groter meningspektrum wat die opkoms van gemeenskapsmedia tot gevolg het, betreur het, doen gedagtemonopolisering geen guns nie. Sy kommer oor gemeenskapspanning wat diverse menings tot gevolg het, moet eerder in die styl van aanbieding van menings aangespreek word as in die diversifikasie daarvan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n verkiesingsjaar kan verwag word dat deelnemende partye hul beste voetjie aan die media sal voorsit om maksimale gratis nuusdekking te kry. Alternatiewe maniere van verkiesingsinligting oordra soos advertensies, pamflette en pkakkate is besonder duur, en begunstig die ANC wat skynbaar oor groot hoeveelhede fondse beskik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die internet speel \u2018n al hoe belangriker rol. Volgens Verslaggewers sonder Grense se finale syfers vir 2010 is vanjaar w\u00eareldwyd 152 internetjoernaliste angehou, hoewel steeds aanmerklik minder as die \u201cgewone\u201d joernaliste, naamlik 535. (Volledige syfers oor optrede teen die media hieronder).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Zimbabwe: <\/strong> Die wyse waarop die regering teenoor Zimbabwe, en Robert Mugabe in die besonder, optree skep die indruk dat Suid-Afrika in \u2018n groot mate \u2018n Zimbabwiese provinsie of kolonie is. Dit lei weer daartoe dat Mugabe die selfvertroue kry om die grense te toets van waarmee hy kan wegkom, wat deurlopend die potensiaal van \u2018n oplossing vir Zimbabwe in die weegskaal plaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika reageer verskillend op hierdie soort aksies, soos die regering se besluit om te appelleer teen een van die hofsake wat dit oor sy hantering van Mugabe verloor het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen gaan dit nie ongesiens verby nie dat Zimbabwi\u00ebrs by baie misdaad in Suid-Afrika betrokke is, waaronder plaasmoorde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Godsdiens: <\/strong> Terwyl daar meningsverskille is of sekularisering in Suid-Afrika werklik groei, soos van dalende lidmaatgetalle van hoofstroomkerke afgelei kan word, tel kerke en denominasies weerskante van die spektrum winste. Fundamentalisme groei blykbaar nie net in die charismatiese omgewing nie, maar ook binne die gereformeerde omgewing soos moontlik blyk uit die bundel oor die Trojaanse perd in die NG Kerk. Koerantbriefskrywers uit die dampkring van die nuwe hervorming raak egter ook meer prominent, terwyl godsdiensuitdrukkings uit die omgewing van die Israel Visie op veral die internet baie prominent word. Afrika-, of inheemse kerke met sterk elemente van animistiese godsdiens en voorvaderaanbidding, wen skynbaar ook vinnig veld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die briewekolomme in koerante en internetblogs, word \u2018n duidelike indruk van onderlinge godsdienstige onverdraagsaamheid geskep. Veral in die Afrikanergemeenskap lyk dit of die diversifikasie wat uit Bybelvertolking voortspruit en die onderlinge onverdraagsaamheid wat dit weerspie\u00ebl, reeds sterk kompetisie bied vir die politiek-ideologiese verskeidenheid wat binne die Afrikanergemeenskap aangetref word. Die beeld van die Afrikaner as Christenvolk word kompleks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong> Journalists in 2010 : targets and bargaining chips <\/strong> <br \/> <em>See all the figures and the graphs<\/em> (<a href=\"http:\/\/en.rsf.org\/journalists-in-2010-targets-and-30-12-2010,39188.html\" title=\"blocked::http:\/\/en.rsf.org\/journalists-in-2010-targets-and-30-12-2010,39188.html\">http:\/\/en.rsf.org\/journalists-in-2010-targets-and-30-12-2010,39188.html<\/a>)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><strong> Figures in 2010 <\/strong><\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">57 journalists killed (25% fewer than in 2009)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">51 journalists kidnapped<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">535 journalists arrested<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1374 physically attacked or threatened<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">504 media censored<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">127 journalists fled their country<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">152 bloggers and netizens arrested<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">52 physically attacked<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">62 countries affected by Internet censorship<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/russian-pair\/\">\u043f\u043e\u0434 \u043a\u043b\u044e\u0447<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kombers waaronder die belangrikste rigtingaanduiders van 2011 vir Suid-Afrika kan pas is die kwessie van gesindhede. Die rigtingbepalers is hoofsaaklik plaasmoorde, verkiesings, hofsake, die media, Zimbabwe en godsdiens. Plaasmoorde: Hoewel plaasmoorde deel van \u2018n ontsettende misdaadprobleem is \u2013 al het verskeie parlementslede onlangs nog vuur gespoeg oor \u2018n verslag wat aandui dat misdaad in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9730","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9730","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9730"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9730\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9730"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9730"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9730"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}