{"id":9728,"date":"2010-12-31T05:14:34","date_gmt":"2010-12-31T05:14:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9728"},"modified":"2010-12-31T05:14:34","modified_gmt":"2010-12-31T05:14:34","slug":"2011-n-tree-na-vryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9728","title":{"rendered":"2011: &#8216;n Tree na vryheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Prinsevlag.gif\" width=\"251\" \/>Op die vooraand van 2011, &#8216;n jaartal wat ook &#8216;n wiskundige priemgetal  is, heers groot opgewondenheid onder vele Afrikaners. Die algemene  gevoel is dat die huidige stelsel van meerderheidstirannie, korrupsie,  geweld en diskriminasie homself as onhoudbaar bewys het en dat  verandering dus net om die draai l\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Praag wil al ons lesers bedank vir hul getrouheid gedurende 2010, toe  praag.co.za trouens ook sy tiende bestaansjaar gevier het. In die  Dawid-en-Goliat-stryd wat ons voer om teen die groot mediagroepe om gehoor te word, is dit altyd goed om te weet dat daar nog nugterdenkende  mense is wat nuus en kommentaar sonder ideologiese oogklappe waardeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die keiser van die NSA is inderdaad kaal en ons kan nie langer gebluf  word nie. Die hele bestel is verrot: grondwet, afskuwelike vlag,  landswapen en al. Vanjaar vind daar &#8216;n munisipale verkiesing plaas, maar  die logika van die rassesensus sal sorg dat die ANC weer met groot  meerderhede herverkies word, wat korrupsie, wanbesteding en wanbestuur  net nog verder sal bestendig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is slegs twee keuses: emigrasie of die vryheidstryd wat oor die  afgelope weke en maande nuwe momentum verkry het. Verskeie  internasionale voorbeelde soos Kosowo of die huidige  onafhanklikheidsreferendum in Suid-Soedan toon dat &#8216;n volk wat oor die  wil om vry te wees beskik, nie vir altyd oorheers kan word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het &#8216;n groep Praag-afgevaardigdes Orania besoek om di\u00e9  gemeenskap wat reesds &#8216;n ho\u00eb mate van plaaslike outonomie en  selfstandigheid geniet van naderby te leer ken. Hoewel Orania te ver van  die huidige markte, infrastruktuur en ekonomiese aktiwiteit gele\u00eb is om  snel te kon ontwikkel, het die dorp se moedige vooruitgang tog getoon  dat Afrikaners deur selfwerksaamheid en veral saamstaan uit feitlik niks  voorspoed en welvaart kan skep. Op die duur kan groot gebiede van  Suid-Afrika s\u00f3 herwin en bevry word sodat ons sonder geweld of diefstal  in vrede kan voortleef. Tydens die braaivleis langs die Oranjerivier op  die vooraand van ons vertrek, het ons spontaan Afrikaanse volksliedere  begin sing. Sarie Marais, Bobbejaan klim die berg, maar ook:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hoogland is ons woning,<br \/> die land van son en veld,<br \/> waar woeste vryheidswinde waai<br \/> oor graf van meenge held.<br \/> Die ruimtes het ons siel gevoed,<br \/> ons kan g&#8217;n slawe wees,<br \/> want vryer as die arendsvlug,<br \/> die vlugte van ons gees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">[REFREIN]<br \/> Dis die tyd, dis die dag,<br \/> om te handhaaf en te bou.<br \/> Hoog die hart, hoog die vlag,<br \/> hoog Oranje-blanje-blou!<br \/> Ons gaan saam die donker toekoms in<br \/> om as een te sneuwel of oorwin,<br \/> met ons oog gerig op jou,<br \/> ons Oranje-blanje-blou!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online casino no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op die vooraand van 2011, &#8216;n jaartal wat ook &#8216;n wiskundige priemgetal is, heers groot opgewondenheid onder vele Afrikaners. Die algemene gevoel is dat die huidige stelsel van meerderheidstirannie, korrupsie, geweld en diskriminasie homself as onhoudbaar bewys het en dat verandering dus net om die draai l\u00ea. Praag wil al ons lesers bedank vir hul &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9728\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;2011: &#8216;n Tree na vryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9728","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9728","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9728"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9728\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9728"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9728"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9728"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}