{"id":9727,"date":"2010-12-30T16:03:29","date_gmt":"2010-12-30T16:03:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9727"},"modified":"2010-12-30T16:03:29","modified_gmt":"2010-12-30T16:03:29","slug":"etnisiteit-ras-kan-nie-ontken-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9727","title":{"rendered":"Etnisiteit, ras kan nie ontken word"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>In sy artikel in Beeld, <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/In-Diepte\/Nuus\/n-Rassistiese-babelas-20101228\">&#8216;n Rassistiese babelas<\/a>,  lewer dr. Michael le Cordeur die pleidooi dat &#8220;ons van terme soos wit,  swart, bruin en enigiets wat na rassisme ruik&#8221; ontslae moet raak. Ons  gaan egter nie Suid-Afrika se etniese diversiteit ongedaan maak deur  ander woorde te gebruik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontstaan en bestaan van &#8216;n verskeidenheid rasse, tale en  identiteite is feite van evolusie en van die geskiedenis. Biolo\u00eb bereken  dat die mens oor die afgelope 100 000 jaar deur geografiese afsondering  in verskillende rasse verdeel het. Deur die ontleding van &#8216;n mens se  mitochondriale DNS en die Y-chromosoom kan &#8216;n mens se afkoms baie  akkuraat ontleed word. Soos iemand ges\u00ea het: &#8220;Om ras te ontken, is om  biologie te ontken.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net so het die ongeveer 6000 lewende tale ter w\u00eareld oor duisende  jare ontstaan en vandag is di\u00e9 Babel &#8216;n bron van besondere rykheid,  behalwe vir diegene wat glo dat die w\u00eareld uit eenvormige mense moet  bestaan wat almal gebroke Engels met mekaar praat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe op aarde moet die mitiese &#8220;re\u00ebnboognasie&#8221; uit Suid-Afrika se  ekstreme etniese verskeidenheid gevorm word? Soos die kommentator Herman  Toerien onlangs opgemerk het: &#8220;Staatkundig staan die Suid-Afrikanse  grondwet  nader aan di\u00e9 van Sri Lanka waar die diversiteitsprobleem, vir  die  huidige, sogenaamd opgelos is deur die Tamils milit\u00ear te  verslaan.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blote oordrag van politieke en milit\u00eare mag aan die ANC in 1994,  het nie &#8216;n nuwe nasie geskep nie. Inteendeel, die opdwing van  eenvormigheid deur die Engelstalige staat wat sekere rassegroepe bo  ander bevoordeel skep onbedoelde gevolge. &#8220;Re\u00ebnboognasiepatriotisme&#8221; is  ewe sektaries as sommige Afrikaners wat dink dat hulle die enigste ware  afstammelinge van die oorspronklike Israeliete is. Nie eens die  gekleurde elite glo self daaraan nie, want in diselfde asem waarmee die  re\u00ebnboogsmeltkroes besing word, bevestig hulle bloot hul eie rassetrots  en -solidariteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Biskop Tutu het sy gedagte van die re\u00ebnboognasie by eerwaarde Jesse  Jackson van Amerika geleen wat in 1984 tydens &#8216;n toespraak ges\u00ea het:  &#8220;Ons vlag is rooi, wit en blou, maar ons nasie is &#8216;n re\u00ebnboog &#8211; rooi,  geel, bruin, swart en wit. &#8221; Nie eens in die VSA, waar die gedagte van  die smeltkroes ontstaan het &#8211; hoewel ge\u00efnspireer deur die Sweed Gunnar  Myrdal! &#8211; word dit meer ernstig opgeneem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika ervaar ons byna daagliks etniese en rasseverskille  tussen mense; d\u00edt terwyl die huidige grondwet &#8216;n &#8220;nie-rassige staat&#8221;  voorskryf. Onderwyl joernaliste, kommentators, akademici en predikante  dikwels teen hul beterwete ontken dat daar iets soos &#8220;ras&#8221; bestaan,  onderskei die ANC-politici en staatsamptenare moeiteloos tussen rasse as  dit by transformasie, regstellende aksie en SEB kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe groot is die verskille tussen mense van verskillende rasse? Is  dit so groot soos di\u00e9 tussen twee honderasse, soos byvoorbeeld &#8216;n Franse  poedel en &#8216;n Duitse herdershond? Blykbaar is menslike rasverskille  egter veel groter as di\u00e9 tussen honderasse wat in grootte, intelligensie  en temperament radikaal van mekaar kan verskil.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Menserasse is oor die afgelope 100 00o jaar deur &#8216;n proses van  natuurlike seleksie verskillend van mekaar geteel. Die meeste  honderasse, daarenteen, is op kunsmatige wyse oor slegs enkele honderde  jare geteel. Nietemin verskil honde soveel van mekaar dat verskillende  medisyne en dosisse dikwels deur veeartse gebruik moet word omdat die  tipes honde fisiek soveel van mekaar verskil. Windhonde, wat geteel is  om vinnig te hardloop, beskik byvoorbeeld oor meer spierweefsel as ander  honde en metaboliseer sekere middels anders as ander honde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse genetikus en fisieke antropoloog Vincent Sarich, &#8216;n  emiritusprofessor aan die universiteit van Kaliforni\u00eb, Berkeley en die  joernalis Frank Miele het saam &#8216;n boek oor ras geskryf met die titel: <em>Race &#8211; the reality of human differences<\/em>.  Daarin bespreek hulle die stand van die genetiese wetenskap en hoe daar  geredelik op grond van DNS-ontledings tussen menserasse onderskei kan  word. Hoewel honde fisiek soveel van mekaar verskil, kon die wetenskap  tot ongeveer 2003 nie DNS-verskille tussen honderasse waarneem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel sjimpansees as gorillas bevat subspesies of rasse wat geneties  tussen 6 en 20 persent van mekaar verskil, min of meer dieselfde as  menserasse. Die interessante punt is egter dat dit die aapspesies  ongeveer 1,5 miljoen jaar geneem het om sulke verskille te ontwikkel  terwyl dit die mens slegs 100 000 jaar geneem het en die mak honderasse  &#8216;n paar honderd jaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die meeste polities korrekte wetenskaplikes erken dat daar  genetiese variasie tussen mense en geografiese bevolkings (rasse)  bestaan, meen hulle dat ons &#8216;n te jong spesie is vir groot verskille om  te kon ontwikkel. Die geval van honderasse, wat almal vanuit wolwe  ontwikkel het, weerspreek hierdie teorie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien van die bewese verskille in gemiddelde IK tussen menserasse,  is daar ook die fisieke verskille wat &#8216;n mens opval as dit by  sportprestasies kom. Lede van die Kalenjin-stam uit Kenia het&nbsp; vir  twaalf jaar dermate die middelafstandnommers by die Olimpiese Spele  oorheers dat dit as &#8216;n wonderwerk beskou is. Manlike Kalenjin het die  helfte van die medaljes gewen, teenoor die res van die w\u00eareld wat die  ander helfte gewen het. &#8216;n Mens besef eers hoe ongewoon dit is as jy in  ag neem dat daar maar 3 miljoen Kalenjin is en vyf miljard ander mense,  &#8216;n verhouding van 2000:1. Die skrywer Steve Sailer het hierdie verskil  in hardloopprestasie tussen Kalenjin en die res van ons in IK-terme  uitgedruk: hulle gemiddelde &#8220;hardloop-IK&#8221; is 122 teenoor die res van die  w\u00eareld se 100.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook as &#8216;n mens kyk na Asjkenazi-Jode wat ongeveer 40% van alle  Nobelpryse gewen het, maar dit sin dat hulle &#8216;n intellektueel  talentvolle groep moet wees. Volgens die skrywers van die beroemde (en  berugte) boek oor IK, <em>The Bell Curve<\/em>, beskik Asjkenazi-Jode oor  &#8216;n gemiddelde IK van 115, wat die groot aantal intellektuele prestasies  van so &#8216;n klein groepie mense verklaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet maar die &#8220;wreedheid&#8221; van God of evolusie aanvaar wat ons   onherroepelik &#8220;verdeel&#8221; het. Kom ons ontwerp eerder politieke stelsels   wat die werklikheid van etniese verskille weerspie\u00ebl as om ons verdriet  uit te spreek oor die  re\u00ebnboogideaal wat so skouspelagtig misluk het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/reglany-bluzki-gol-fy\">\u0431\u043b\u0443\u0437\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy artikel in Beeld, &#8216;n Rassistiese babelas, lewer dr. Michael le Cordeur die pleidooi dat &#8220;ons van terme soos wit, swart, bruin en enigiets wat na rassisme ruik&#8221; ontslae moet raak. Ons gaan egter nie Suid-Afrika se etniese diversiteit ongedaan maak deur ander woorde te gebruik nie. Die ontstaan en bestaan van &#8216;n verskeidenheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9727\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Etnisiteit, ras kan nie ontken word&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9727","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9727","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9727"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9727\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9727"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9727"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9727"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}