{"id":9726,"date":"2010-12-30T14:43:45","date_gmt":"2010-12-30T14:43:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9726"},"modified":"2010-12-30T14:43:45","modified_gmt":"2010-12-30T14:43:45","slug":"blik-oor-oor-sledging-en-slegse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9726","title":{"rendered":"Blik Oor oor Sledging en slegs\u00ea"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">As ek my nie misgis nie, gaan s<em>ledging<\/em> nou vir \u2018n hele ruk in Afrikaans ingeburger raak. Dis nou na die Proteakaptein en die Indiese bouler, Skree Seertand mekaar so met die woorde probeer doodgooi het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En Smittie amper vir Seertand met die kolf gewiks het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik beteken <em>sledging<\/em> om iemand met \u2018n voorhamer by te dam. Trouens, van onse Viking-voorouers het ons \u2018n mooi beskrywende dag, Donderdag, oorgehou na aanleiding van die Nordiese dondergod, Thor, wat so vreeslik met sy voorhamer kon moker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amper het Smittie vir Seertand vroeg in die week al \u2018n Donderdag besorg. Dis seker oor die Indi\u00ebrs nou so min karre in hul span het dat die Proteas nie meer so lekker kan paneelklop nie. Om te dink, op \u2018n tyd was die karre Tendulkar. Manjereikar, Prabakar en Agarkar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In elk geval, so met die ontstaan van rugby was daar ook \u2018n paar terme wat Smittie in oorweging sou neem: <em>hacking<\/em> (om die ander een se bene onder hom uit te skop), en <em>stragging<\/em> (om die opponent te wurg tot hy die bal los).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar is daar nie goeie Afrikaanse woorde nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek bedoel, om \u2018n opponent se kakebeen so af te slaan sonder dat die skeidsregter jou sien? Is daar \u2018n beter woord as \u2018n betrekhoutjie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of as jou opponente se losskakel aan jou skrumskakel slaan, en jou agsteman laat die kapokhaantjie-losskakel harpuis ruik. Dan het daai agsteman mos die mooiste Naasslaaanwerk denkbaar vir sy span gedoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar by rugby is die skeidsregters half te\u00eb op di\u00e9 soort goed, en kry die opponente nie net geleentheid om die bal deur die mikke te sool nie, die speler wat, volgens die kommentators laat in die wedstryd aan die \u201cgroet\u201d gegaan het moet in die boefblik gaan afkoel, of kry heeltemal die trekpas. Dis amper net so verkeerd as om hoesmedisyne te drink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wonder nog hoekom Gerhard Viviers nie van die pynpolisie mag gepraat het nie. Wat is nou \u2018n beter beskrywing vir die manne in uniform wat so hinkepink oor die veld gesnol het as \u2018n speler \u2018n groot eina opgedoen het? En Boer Coetzer is nog lank voor die boefblik uitgevind is, van die veld gejaag omdat hy \u2018n opponent gepootjie het. Gelukkig het hy hom nie met \u201chacking\u201d planke toe gestuur nie, want dan was Boer seker lewenslank geskors, en kon hy nie tot ouderdom 57 nog vir Collegians die pap dik aangemaak het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, en die Goue Leeus se grootbaas, Kevin de Kapper, het op sy speeldae darem \u2018n pikhoutjie op die opponent se kortribbetjie vervolmaak. Mos die opponent se eie skuld, want voor die wedstryd het De kapper vir die man verduidelik hy spring nie vir sy, Kevin, se balle nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, heelwat rugbyspelers het die reputasie gehad dat hulle, sonder dat die skeidsregter dit kon sien, opponente lekker met \u2018n opgerolde plathand kon klap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan was daar die windmakerige haker, maar hy het sy eie skrum meer ontwrig as di\u00e9 van die opponente.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dae voor die skeidsregter \u2018n mikrofoontjie saamgedra het, het die spelers blykbaar \u2018n aansienlike woordeskat ingespan. Di\u00e9 het aan die lig gekom toe die TV-kameras nabyskote kon begin neem, en dowe kykers wat kon liplees gaan kla het oor die vuil taal wat uitgesaai word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die rugbyskeidsregters dit kan vat, en of die spelers hulle daarvan weerhou om op die veld onvleiend na die skeidsregters te verwys, weet ek nou nie. Maar op Wimbeldon het \u2018n Afrikaanse tennisspeler by wyse van spreke met moord weggekom toe hy kliphard die skeidsregter \u2018n Afrikaanse gemakshuisie genoem het. Nou nie daai woord nie, maar een met dieselfde, maar meer gevoelvolle strekking.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, by \u2018n bekende rugbyskool net so buite die Rosestad het \u2018n klompie ouers \u2018n gebedsgroep gestig vir die afrigter-skoolhoof, wat so meegevoer langs die veld kon raak dat hy nou nie sy woorde so mooi getel het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vertel een van die ma\u2019s, hulle het nog skaars binne hoorafstand van die man begin bid, of hulle sien hy het na die oorkant van die veld verkas. So het die skoolhoof en gebedsgroep di\u00e9 dag baie oefening so al om die veld gehad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens hoef natuurlik nie altyd in woorde \u2018n mens se gevoelens uit te druk nie. By geleentheid het die skeidsregter \u2018n speler goed die leviete voorgelees. Toe die vuilbekkige speler na sy spanmaats terugdraf sien hy die TV-kamera volg hom. Met \u2018n dodelike waarskuwing onder lede bly hy tjoepstil, en maak van vingertaal gebruik om vir die kykers te vertel wat hy van hulle dink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En soos Pa Blik ges\u00ea het: Hy was hierna so diep in die moeilikheid terwyl hy net \u00e9\u00e9n ou vingertjie gebruik het. Hy sou seker lewenslank geskors gewees het as hy al vyf vingers ingespan het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/detskiy-transport\/detskie-mashinki-dlya-kataniya\/\">\u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ek my nie misgis nie, gaan sledging nou vir \u2018n hele ruk in Afrikaans ingeburger raak. Dis nou na die Proteakaptein en die Indiese bouler, Skree Seertand mekaar so met die woorde probeer doodgooi het. En Smittie amper vir Seertand met die kolf gewiks het. Eintlik beteken sledging om iemand met \u2018n voorhamer by [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-9726","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9726","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9726"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9726\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9726"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9726"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9726"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}