{"id":9725,"date":"2010-12-30T06:55:39","date_gmt":"2010-12-30T06:55:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9725"},"modified":"2010-12-30T06:55:39","modified_gmt":"2010-12-30T06:55:39","slug":"ras","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9725","title":{"rendered":"Ras"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In sy huiswerk moes \u2018n laerskoolkind antwoord wat die land se beleid voor 1994 was, en wanneer die eerste demokratiese verkiesing in die land plaasgevind het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoorde, wat volgens die kurrikulum-komitee verlang is, is apartheid en 1994 onderskeidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met geen of slegs \u2018n klein bietjie moeite sou die komitee kon vasstel dat die bevolkingsregistrasiewet reeds in 1991 geskrap is. Ook ander verbandhoudende wette is lank voor 1994 afgeskaf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hoe lyk die situasie vandag?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Michael le Cordeur, ondervoorsitter van die Afrikaanse taalraad skryf vandag in \u2018n rubriek dat onderwysers steeds, wanneer hulle vorms na afloop van werksessies moet invul, hul ras moet invul.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 lysie kan baie langer gerek word. Op aansoeke vir poste, keuring vir medies, bykans enigiets, moet ras aangedui word. Hierdie aanduidings het ook implikasies, sodat Le Cordeur se verwyt dat min wit mense vir bruin kinders skoolhou eintlik op \u2018n heel ander vlak beantwoord moet word as die gesindheidsantwoord wat hy soek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs, as \u2018n ontleder navorsing op Naspers se elektroniese argiewe gedoen het, het \u2018n peilingsinstansie se vraelys op die skerm verskyn. \u2018n Mens word versoek om aan die peiling, in opdrag van Naspers, deel te neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor lank, duik ook die vraag op aan watter ras die deelnemer behoort. Geen voorsiening word gemaak vir \u2018n antwoord: \u201cNie van toepassing\u201d soos \u2018n mens in \u2018n grondwetlik verklaarde nie-rassige land sou verwag nie, en om niks hier in te vul nie, het ook beteken dat \u2018n mens nie verder aan die opname kon deelneem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2011 word weer sensus gehou, en een van die vrae sal stellig weer oor die deelnemer se ras handel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die wetboek en implikasies betref het die kurrikulumkomitee geblaps.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Apartheid was al \u2018n paar jaar voor 1994 afgeskaf, en sedertdien is dit grootliks herstel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit leef ook nie net in die harte van mense voort nie \u2013 die land beskik oor \u2018n Black Journalist Association, \u2018n Black Lawers Association, Black Business Forum, \u2018n National African Farmers\u2019 Union en so werklikwaar ook \u2018n Black Gun Owners Association, om maar \u2018n paar te noem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Storm bars los oor iets wat die skryfster Annelie Botes ges\u00ea het, en waarby Steve Hofmeyr ook betrek is. Dit maak veel groter opslae as die ANC se app\u00e8l teen die verklaring van die liedjie \u201cSkiet die Boere\u201d tot haatspraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Le Cordeur, Heinrich Wyngard, prof. Jonathan Jansen en vele ander neem die raskwessie diepsinnig \u2013 sommiges gereeld &#8211; onder die loep. Dit handel meestal oor hoe rasgesindhede jare na die afskaffing van apartheid in \u2018n groot mate voortleef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teenstrydigheid is miskien die beste gedemonstreer toe Zelda Jongbloed, toe nog adjunk-redakteur van Die Burger, in haar rubriek haar nuwejaarsvoornemens uitgespel het. Sy sal steeds ten spyte van kritiek, haar teen rassisme uitspreek. \u2018n Sin of wat verder vaar sy uit daarteen dat Andr\u00e9 P. Brink, en nie \u2018n bruin kandidaat soos sy geglo het die bedoeling was, die Jan Rabie en Marjorie Wallace-toekenning gekry het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklikheid begin stadig insink. Bedoeld of onbedoeld word nou minder gereeld na 1994 as \u2018n waterskeiding tussen apartheid en iets anders verwys, en, soos Le Cordeur, daarna verwys as die tydperk sedert demokrasie aangebreek het. Om \u2018n ras-waterskeiding aan 1994 te koppel, sou \u2018n Engelse spreekwoord laat vergestalt: \u201c  The pot calls the kettle black.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of dit korrek is om in \u2018n rasgepolariseerde land waar ras statut\u00ear iemand se lot bepaal, onder die huidige grondwet na demokrasie te verwys is \u2018n debat op sy eie. Sommiges sal voel dat die term, diktatuur van die meerderheid \u2013 \u2018n erkende staatkundige begrip -\u2018n veel pasliker beskrywing is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemniki_dlya_shinomontazha\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a\u0438\u0434\u043b\u044f\u0448\u0438\u043d\u043e\u043c\u043e\u043d\u0442\u0430\u0436\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy huiswerk moes \u2018n laerskoolkind antwoord wat die land se beleid voor 1994 was, en wanneer die eerste demokratiese verkiesing in die land plaasgevind het. Die antwoorde, wat volgens die kurrikulum-komitee verlang is, is apartheid en 1994 onderskeidelik. Met geen of slegs \u2018n klein bietjie moeite sou die komitee kon vasstel dat die bevolkingsregistrasiewet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9725","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9725\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}