{"id":9723,"date":"2010-12-29T14:04:05","date_gmt":"2010-12-29T14:04:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9723"},"modified":"2010-12-29T14:04:05","modified_gmt":"2010-12-29T14:04:05","slug":"dom-perignon-voor-die-swyne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9723","title":{"rendered":"Dom Perignon voor die swyne"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet nie  juis veel oor die sogenaamde glanspersoonlikheid, me Lee-Ann Liebenberg, nie.  Sover ek bewus is, het sy geen opsigtelike talent of kwalifikasies wat haar  sterstatus sou kon regverdig nie. Sy is nie juis vir my aantreklik  nie,&nbsp;want ek verkies Afrikaner-vrouens b\u00f3 lede van ander Afrika-volke. Haar  verloofde, ene Nicky van der Walt, glo &#8216;n polospeler, deel egter kennelik nie  my mening oor laasgenoemde&nbsp;nie. Is me Liebenberg se 2-maande-oue baba syne,  kon ek vra, as ek werklik belanggestel het.&nbsp;Ek het nog nooit \u2018n liedjie  wat&nbsp;me Liebenberg&nbsp;sing op die radio gehoor nie, of \u2018n goeie rolprent  gesien waarin sy \u2018n rol vertolk het nie. Dis sekerlik veilig om te reken daarop  dat sy geen gevaar loop om volgende jaar se Nobelprys vir fisika in te palm nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin is  sy skynbaar \u2018n glanspersoon, wat dit ook al mag beteken, veral in die  Suid-Afrikaanse konteks, wat haar in staat stel om in hogere kringe te kan  beweeg, en om te fuif met Dom Perignon en Veuve Clicquot-sjampanje teen \u2018n paar  duisend rand vir \u2018n enkele bottel. Miskien is \u2018n glanspersoon iemand wat sorg  dat die vuisgevegte wat sy veroorsaak deur in \u2018n besope toestand soos &#8216;n viswyf  te gil dat sy seksueel aangerand is as iemand haar per abuis stamp, by die regte  uithangplekke besleg word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek hou self  van sjampanje, of dan streng gesproke vonkelwyn, om nou nie die Europese  Unie se argwaan op die hals te haal nie. Die EU is hoeka sensitief daaroor as  mens enige wyn met borrels in wat nie vanuit noordoostelike Frankryk kom nie,  sjampanje wil noem. Anders as me Liebenberg is ek egter nie \u2018n Nuwe-Suid-Afrikaanse parvenu nie, en beskou ek Suid-Afrika se Cap Classique soos  Jacques Bru\u00e8re se uitstekende vonkelwyn teen rondom R100 per bottel alreeds as  beide lekker en duur genoeg om dit op spesiale geleenthede te wil drink. Om soos  me Liebenberg en haar mede-partytjiegangers te maak, en om regte sjampanje soos  brandspiritus-besope boemelaars op die Kaapse Vlakte te suip, terwyl mens R75 000  verkwis op Franse sjampanje vir 40 gaste, vind ek dus obseen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde  maak my egter skynbaar redelik uniek in die Suid-Afrikaanse konteks, veral waar  dit politici en SEB-trogvarke aanbetref. Dit lyk vir my asof me Liebenberg en  haar geselskap se obsene gefuif uitstekend inpas by die tydsgees en gebruike van  die Nuwe Suid-Afrika se selfaangestelde elite. In daardie opsig is me  Liebenberg, die politici en die SEB-trogvarke geesgenote \u2013 beide sy en hulle  het geen opsigtelike talent nie, maar dit skiet geensins tekort aan oordaad  of uitspattigheid&nbsp;nie. Dit is dus vir hulle nie net nodig om \u2018n opperste  vark van jouself te maak soos wat me Liebenberg en haar gaste gemaak het nie,  maar ook om jou swynagtige maniere met die duurste moontlike drank en spyse te  beoefen, ten einde jou status as iemand wat belangrik is, te beklemtoon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is geen  beter voorbeeld van hierdie swynagtige gedrag as die sogenaamde sakeman Kenny  Kunene wat soesjie van \u2018n bikini-geklede \u201cskoonheid\u201d se maag gevreet het nie (en  ek gebruik die woord gevreet moedswillig). Zwelinzima Vavi van Cosatu het  weliswaar ontplof van die verontwaardiging namens die armes wat hy kwansuis  verteenwoordig nav Kunene se uitspattigheid, maar Vavi is self \u2018n  chardonnay-sosialis, met \u2018n voorliefde vir daardie kenmerkende skerppuntskoene  wat elke tuinjong se droom is, asook blink, swart motors. &nbsp;Terwyl ek na skoene verwys: &nbsp;Die korrupte voormalige Interpol-hoof,  Jackie Selebi, het juis vir voormalige president Mbeki \u2018n paar skoene by \u2018n  Sandtonse boetiek gekoop met geld wat die rampokker Glenn Agliotti aan hom  geskenk het. Laat ek raai: Dit was nie daardie soort eenvoudige skoene, sonder  tierlantyntjies, wat ek en jy by die Edgars gaan koop nie. So ook had Selebi glo  sy eie, gegraveerde vleismes by \u2018n swierige eetplek in Melrose Arch. Het hy ook  \u2018n gegraveerde bedkatel by die bordeel waar jou beter klas ANC-kaders  uithang?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie Skepe is  dus nie wat jou gemiddelde ANC-kader of Julias sal inneem nie. Nee; dit m\u00f3\u00e9t  eenvoudig Johnny Walker Blue Label wees. Miskien moet iemand tog vir hulle  vertel dat sekere enkelmout Skotse whiskeys selfs duurder as Blue Label is, en  na bewering nog lekkerder as Blue Label, as whiskey nou jou voorkeursopie is.  Dit gaan egter eerder oor die halsbandjie as oor die hondjie, vermoed ek. Die  ANC-kader of SEB-vetkat hou nie noodwendig meer van Blue Label as van&nbsp;Black  Label-bier&nbsp;nie, maar hy moet gesien word terwyl hy die korrekte drank  inneem. Ek sou daarom graag \u2018n eksperiment wou doen. Ek wil die kaders laat  blinddoek en \u2018n paar verskillende tipes whiskey laat proe, wat goedkoper  soorte ook insluit. Sou hulle die verskil tussen Blue Label en \u2018n goedkoper  soort kon proe? Ek twyfel baie sterk, nes ek twyfel daaraan of me Liebenberg en  haar besope gaste n\u00e1 die eerste bottel enigsins die verskil sou kon proe tussen  die ware Jakob en Graham Beck se Cap Classique.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe pateties  tog, hoe sprekend van die opperste minderwaardigheidsgevoelens, dat jy dit nodig  vind om \u2018n gegraveerde vleismes te moet h\u00ea, dat jy jou met Veuve Clicquot te  buite moet gaan, of&nbsp;dat jy&nbsp;slegs Johnny Walker Blue Label&nbsp;mag  drink, bloot om jouself te probeer oortuig dat jy nie&nbsp;&#8216;n talentlose&nbsp;nul  op &#8216;n kontrak is nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/osveshhenie-v-saune\/\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u0441\u0430\u0443\u043d\u044b \u043f\u0430\u0440\u043d\u043e\u0439 \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/19.06.2017\/harkovskie_prokurory_futbolisty_stali_tretimi_v_ukraine\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek weet nie juis veel oor die sogenaamde glanspersoonlikheid, me Lee-Ann Liebenberg, nie. Sover ek bewus is, het sy geen opsigtelike talent of kwalifikasies wat haar sterstatus sou kon regverdig nie. Sy is nie juis vir my aantreklik nie,&nbsp;want ek verkies Afrikaner-vrouens b\u00f3 lede van ander Afrika-volke. Haar verloofde, ene Nicky van der Walt, glo [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-9723","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9723","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9723"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9723\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9723"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9723"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9723"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}