{"id":9722,"date":"2010-12-29T08:19:42","date_gmt":"2010-12-29T08:19:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9722"},"modified":"2010-12-29T08:19:42","modified_gmt":"2010-12-29T08:19:42","slug":"tuistoets-vir-indie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9722","title":{"rendered":"Tuistoets vir Indi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Indi\u00eb in Durban skynbaar voor \u2018n tuisskare in \u2018n kriekettoets speel, skryf Die Burger se rubriekskrywer, <a href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Rubrieke\/IlseBigalke\/Help-Suid-Afrika-om-sonder-skoene-te-dans-20101223\">Ilse Bigalke<\/a> oor die jammerte dat uitsprake in Suid-Afrika so verdelend inwerk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die uitsprake die oorsaak of gevolg van verdeeldheid is, en of dit \u2018n groter impak op verdeeldheid het as byvoorbeeld plaasmoorde, is \u2018n ander vraag. Vanoggend slaan so \u2018n voorbladberig juis weer \u2018n dagblad se lesers hard.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terug na Indi\u00eb: Indi\u00eb, soos Suid-Afrika, is \u2018n heterogene land wat deur \u2018n groot aantal volke bewoon word. Afgesien van taalverskille, is daar ook onder meer godsdiensverskille, terwyl die ou kastestelsel steeds \u2018n informele impak het. Wat diversiteit betref, kan dit egter nie met Suid-Afrika vergelyk word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog bestaan die vreemde situasie dat Indi\u00eb grondwetlik \u2018n etniese federasie is, terwyl Suid-Afrika \u2018n eenheistaat is. Kommentators soos Bigalke verwoord voorts dat om spanning te ontlont, hierdie eenheid nog nouer moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie word gereeld gemaak oor die feit dat Suid-Afrika se grondwet veel aan die Indiese ontleen het. Dit het egter meestal om die handves van Menseregte betrekking. Staatkundig staan die Suid-Afrikanse grondwet nader aan di\u00e9 van Sri Lanka waar die diversiteitsprobleem, vir die huidige, sogenaamd opgelos is deur die Tamils milit\u00ear te verslaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al het die Indiese volke binne die federale raamwerk grootliks selfbeskikking, sodat daar sedert implementering van tyd tot tyd nog etniese deelstate ontstaan, sal niemand aanvoer dat Indi\u00eb in die proses interne vrede beduiwel, nasionale eenheid rysmier of apartheid beoefen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, Indi\u00eb is een van die lande wat ook vir korporatiewe federalisme of selfbeskikking voorsiening maak. Indi\u00eb se oorspronklike nie-Indiese inwoners het onder meer \u2018n aantal gewaarborgde setels in die nasionale parlement. Nog \u2018n land wat so voorsiening maak vir \u2018n minderheid wat te verspreid woon om sinvol geografies ondervang te word, is Nieu-Seeland met sewe gewaarborgde Maori-setels in die nasionale parlement en \u2018n Maori-kongres of parlement.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nigeri\u00eb het na die Biafra-oorlog ook soos Indi\u00eb vroe\u00ebr, sy deelstaatgrense gaan hersien om dit meer in ooreenstemming met die verspreiding van die bevolkingsgroepe te bring \u2013 juis om spanningsvlakke te verminder. En al praat die toeskouers van Indiese herkoms in Durban \u2018n tiental tale, al beoefen hulle verskillende godsdienste, ondersteun hulle 150 jaar nadat hulle in Suid-Afrika aangekom het die spanne van die Indiese subkontinent. Skaars \u2018n wenkbrou word gelig \u2013 heel anders as wat die geval was toe baie Afrikaners tydens die groot sokker openlik vir stamlande soos Duitsland en Nederland begin duime vashou het, in plaas van vir Ghana soos in effek deur die regering voorges\u00ea is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is die gedagte aan etniese federasies en selfbeskikking grondwetlik verouderd of verkramp? Indien wel soos Suid-Afrikaanse rubriekskrywers graag opgee, gaan vertel dit vir die Belge, gaan vertel vir die Skotte hulle moet hul eie parlement weer ontbind. Gaan vertel vir die Baske hulle moet nou hul eie identiteit afskud en goeie Spanjaarde word. Probeer die Europese Unie oortuig om sy grondwet te wysig wat bepaal deelnemende state moet hul minderhede se reg op selfbeskikking erken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel afvaardigings gaan nog die Ivoorkus besoek om die onklarigheid oor die presidentsverkiesing te probeer oplos? Die Ivoorkus is maar een van \u2018n rits Wes-Afrikalande waar die suide van die lande van di\u00e9 van \u2018n meer Moslem-noorde verskil, \u2018n situasie wat min of meer met di\u00e9 van die Soedan ooreenkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom dan die voorliefde by Suid-Afrikaanse rubriekskrywers om as vertrekpunt te aanvaar dat die oplossing l\u00ea in die negering van diversiteit, eerder as om dit staatkundig te ondervang?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Engels is daar \u2018n spreekwoord wat lui: As jy \u2018n vo\u00ebltjie het, laat dit vry. As dit terugkom na jou toe, is dit joune. As dit nie terugkom nie, was dit nooit joune nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die argumente in die aktetas om die vraag oor hoe dit fatsoenlik aangebied moet word om inskiklik aangehoor te word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/the-best-email-marketing\">social media<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl Indi\u00eb in Durban skynbaar voor \u2018n tuisskare in \u2018n kriekettoets speel, skryf Die Burger se rubriekskrywer, Ilse Bigalke oor die jammerte dat uitsprake in Suid-Afrika so verdelend inwerk. Of die uitsprake die oorsaak of gevolg van verdeeldheid is, en of dit \u2018n groter impak op verdeeldheid het as byvoorbeeld plaasmoorde, is \u2018n ander vraag. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9722","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9722\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}