{"id":9721,"date":"2010-12-29T06:59:51","date_gmt":"2010-12-29T06:59:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9721"},"modified":"2010-12-29T06:59:51","modified_gmt":"2010-12-29T06:59:51","slug":"moet-ons-regtig-oor-boer-en-afrikaner-argumenteer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9721","title":{"rendered":"Moet ons regtig oor &#8216;Boer&#8217; en &#8216;Afrikaner&#8217; argumenteer?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>In antwoord op onlangse <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/nuus-magazine-402\/afrikaanse-nuus-magazine-401\/9043-praag-betoog-op-koster.html\">kommentaar op die Praagwebwerf<\/a>:&nbsp;  ek verstaan glad nie waarom ons onder mekaar moet baklei oor Boer en  Afrikaner nie. Die meeste mense verwys soms na hulself as &#8220;Afrikaners&#8221;  en soms as &#8220;Boere&#8221;, net soos die Engelse soms &#8220;Engelse&#8221; en soms &#8220;Britte&#8221;  is of die Franse soms &#8220;Franse&#8221; en soms &#8220;Galli\u00ebrs&#8221;. Jy vra hier onder  wie eerste die term &#8220;Afrikaner&#8221; gebruik het. Dit was natuurlik Hendrik  Biebouw of Bibault in 1707 op Stellenbosch toe hy vir die landdrost ges\u00ea  het: &#8220;&#8230;ik wil niet loopen, ik ben een Afrikaander, al slaat die  landdrost mijn dood, of al setten hij mijn in den tronk, ik sal, nog wil  niet swygen&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek vind hierdie &#8216;n futiele debat; ons het soveel belangriker dinge om  op te fokus. Soms vermoed ek die &#8220;Boer-Afrikanerstryd&#8221; word deur  elemente in die regering aangeblaas om ons te verdeel. Maar ek is geneig  om met Vryburger saam te stem: die Afrikaner kan gedefinieer word op  grond van taal, kultuur en afkoms, terwyl enige poging om binne die  Afrikanergroep &#8216;n klompie uitverkorenes as &#8220;Boere&#8221; te omskryf, stuit op  die feit dat daar nog nooit &#8216;n verdelingslyn tussen Afrikaners en Boere  geloop het nie, dat hulle ondertrou het, dieselfde taal praat en van  dieselfde Europese volkere afstam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vryburger is ook heeltemal reg dat die &#8220;Boereleiers&#8221; in 1902 oorgegee  het en in 1910 ingestem het tot die Unie. Ook het &#8216;n spul &#8220;Boere&#8221;  hanskakies, verraaiers en National Scouts geword, dus kan ons hulle  kwalik as ideologies suiwer beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit is dat die term &#8220;Afrikaner&#8221;, wat in 1707 deur Bibault gebruik  is, in die twintigste eeu deur die oorgrootte meerderheid van ons volk  aangeneem en gebruik is. Al ons groot skrywers en staatsmanne soos Van  Wyk Louw, CM van den Heever, JBM Hertzong, DF Malan, HF Verwoerd, ens.,  het hulself &#8220;Afrikaners&#8221; genoem, dog sonder om die term &#8220;Boer&#8221; daarme te  ontken. Toe die Amerikaanse tydskrif Time in die sewentigerjare na ons  as die &#8220;white tribe of Africa&#8221; verwys het, het hulle ons ook  &#8220;Afrikaners&#8221; genoem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons identiteit as volk &#8211; soos di\u00e9 van talle ander volkere &#8211; is eers  in die twintigste eeu gevorm deur die grootse Afrikanernasionalistiese  beweging, met die simboliese Ossewatrek van 1938, die opbloei van ons  taal, letterkunde en geskiedskrywing. In die negentiende eeu was dit net  die Ttransvaal wat Nederlands as amptelike taal gebruik het, terwyl die  Vrystaat Engels as administrasietaal aangewend het. In di\u00e9 opsig was  sowel Paul Kruger as SJ du Toit, die eertydse voorsitter van die  Genootskap van Regte Afrikaners, versiende en het die verwikkelinge in  die twintigste eeu vooruitgeloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet Lets Pretorius en ander beskou hulself as uitverkore &#8220;Boere&#8221;  en wil voorgee dat De Klerk sogenaamd &#8216;n &#8220;Afirikaner&#8221; was wat ons  uitverkoop het. De Klerk beskryf homself juis as &#8216;n Suid-Afrikaner en  wil nie sien dat Afrikaners as &#8216;n groep hul van die sogenaamde  &#8220;re\u00ebnboognasie&#8221;:afsonder nie. Lets Pretorius en kie. is dus ook hierin  verkeerd. Let ook daarop dat Naspers die term &#8220;Afrikaanse&#8221; verkies  waardeur hulle ons, in die woorde van Leopold Scholtz, adjunkredakteur  van Die Burger, met die kleurlinge wil laat &#8220;versmelt&#8221;. Ook die hoof van  RSG, Magdaleen Kruger, het in die openbaar verklaar: &#8220;Ek is geen  Afrikaner nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n volk te wees, behels veel meer as om vir jouself &#8216;n naam te  kies en daar is geen manier waarop die klein aantal mense, hoofsaaklik  vanuit die Noord-Transvaal (en wat vandag vir die liberale party, die  DA, stem!) wat hulself uitsluitlik as &#8220;Boere&#8221; identifiseer, iets  soortgelyks aan Afrikanernasionalisme in die twintigste eeu sal kan  ewenaar met &#8216;n letterkunde, geskiedskrywing, regspraak, teologie,  vollksliedere, ens. nie. Twee van my oupagrootjies was in die Tweede  Vryheidsoorlog betrokke en daarom sou geen &#8220;Boer&#8221; my kon ekskommunikeer  nie, maar as ek dan m\u00f3\u00e9t kies, is &#8220;Afrikaner&#8221; vir my &#8216;n meer verenigende  term as &#8220;Boer&#8221; wat tans gebruik word &#8211; en ek vra my af hoekom? &#8211; om ons  te verdeel. Ons moet ook poog om van die tweetalige Engelssprekendes  aan ons kant te kry en Hertzog was destyds bereid om elke inheemse  blanke as &#8220;Afrikaner&#8221; te aanvaar. Ons moet ook besef dat ons in die  toekoms weer Europese immigrante uit ons stamlande sal moet verkry, wat  insgelyks by ons as &#8220;Afrikaners&#8221; sal moet integreer, soos vele in die  twintigste eeu ook gedoen het. Die eksklusiewe manier waarop die &#8220;nuwe  Boere&#8221; met hul nuutgevonde identiteit omgaan en selfs medevolksgenote en  eie bloedfamilie wil uitsluit, maak so iets nie moontlik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil nie Albert se gevoelens seermaak nie en as hy homself &#8216;n  &#8220;Boer&#8221; wil noem, is dit sy saak. Maar my versoek is:&nbsp; rig asseblief jou  vuur op die ware vyand en nie op Afrikaners nie, want ons vryheidstryd  is een en dieselfde. Lees ook my vorige kommentaar op di\u00e9 kwessie by die  volgende skakels:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.praag.org\/rubriek267d.htm\">Die gevaar van boerse denke<\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"dan-roodt-magazine-178\/8704-kom-ons-veg-vir-vryheid.html\">Kom ons veg vir vryheid<\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Asook die volgende stuk deur Anton Barnard:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/anton-barnard-magazine-177\/8695-die-struggle-en-boere-mistiek.html\">Die struggle- en Boeremistiek<\/a><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/\">how to promote a business<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/politics\/1047546-prokuror-harkova-uvolilsya-po-sobstvennomu-jelaniyu.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In antwoord op onlangse kommentaar op die Praagwebwerf:&nbsp; ek verstaan glad nie waarom ons onder mekaar moet baklei oor Boer en Afrikaner nie. Die meeste mense verwys soms na hulself as &#8220;Afrikaners&#8221; en soms as &#8220;Boere&#8221;, net soos die Engelse soms &#8220;Engelse&#8221; en soms &#8220;Britte&#8221; is of die Franse soms &#8220;Franse&#8221; en soms &#8220;Galli\u00ebrs&#8221;. Jy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9721","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9721","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9721"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9721\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9721"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9721"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9721"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}