{"id":9720,"date":"2010-12-28T07:45:02","date_gmt":"2010-12-28T07:45:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9720"},"modified":"2010-12-28T07:45:02","modified_gmt":"2010-12-28T07:45:02","slug":"metodieke-vir-2011-se-vooruitskouings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9720","title":{"rendered":"Metodieke vir 2011 se vooruitskouings"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Verskillende ontleders en kommentators is nou besig om te werk aan hul vooruitskouings vir 2011. Dit is \u2018n komplekse proses waar \u2018n massa inligting verwerk en vertolk moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teoreties bied die behavioralistiese benadering die mees betroubare scenarios. Veral politieke sosiolo\u00eb onderwerp \u2018n groot hoeveelheid inligting aan \u2018n stelsel wat dan waarskynlike opsies bied van hoe die w\u00eareldgemeenskap of die inwoners van spesifieke lande gaan reageer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n doodveilige oefening, want niemand verwag dat iemand volkome reg in hierdie figuurlike kristalbal gekyk gaan kry nie. Politici, ekonome, en ander vakkundiges sal ewe-eens hul eie modelle inspan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om akkurate projeksies oor Suid-Afrika te maak is dus net so moeilik. Suid-Afrika is waarskynlik een van die mees heterogene lande ter w\u00eareld, geografies taamlik ge\u00efsoleerd, maar tog in baie opsigte internasionaal verweef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie Suid-Afrikaners wat in die middel van die jaar nog eufories uit hul velle was terwyl die sokker aan die gang was, kan eenvoudig nie verstaan hoekom hulle nou deur \u2018n negatiewe of selfs pessimistiese fase beweeg nie. Dit is egter geen geheim nie. Sosiolo\u00eb en sielkundiges het di\u00e9 verskynsel immers reeds voor die groot sokker voorspel en die redes verskaf. Verskillende kenners gee hierdie post euforiese trauma of depressie verskillende name, maar dit het in wese die karakter dat die werklikhede van korrupsie, misdaad, slaggate en gespanne tussengroepverhouidings as antiklimaks teruggekeer het, en vorige negatiewe perspsies verdiep het. Saam met die voor-sokkerrealiteite het ook plaasmoorde met mening teruggekeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die omvang van die ABSA-transformasiedebakel en die Annelie Botes \/ Steve Hofmeyr-storms kan deels hierin verklaar word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal ook nie sommer verdwyn nie. \u2018n Landswye verkiesing gaan plaasvind en politieke partye gaan op mekaar se foute teer. Cosatu beding sy invloed in die ANC-alliansie en beklemtoon \u2018n ou werklikheid wat lank effektief in die doofpot was &#8230; die land se armoedegaping wat die grootste meetbare ter w\u00eareld is. Politieke sosiolo\u00eb noem dit die model van relatiewe deprevasie, en gebruik dit om \u2018n revolusion\u00eare klimaat te meet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar is die Indi\u00ebrs se koms na Suid-Afrika se 150ste herdenking gevier. Vanuit Indi\u00ebrgeledere, maar ook vanuit die regering, is gemaan dat di\u00e9 vieringe by bre\u00ebr Suid-Afrikanerskap ge\u00efntegreer moet word. Op die oomblik speel Indi\u00eb in Durban in \u2018n \u201ctuistoets\u201d \u2013 iets wat dieperliggender probleme skep as wat politiek korrek aanvaar word. Selfs die rubriekskrywer, Heinrich Wyngard, het terloops verwys na die diskrepansie van die vieringe rondom die Indi\u00ebrs, terwyl die oorspronklike bevolkings, die Koi en San en hul nageslag \u2013 die bruin mense \u2013 se teenwoordigheid by wyse van spreke in die skaduwee staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die bruin mense waarskynlik nooit polities onder een vaandel gestaan het nie, was baie \u2013 ook via die ou UDF \u2013 binne die ANC dampkring. Elemente van vervreemding raak al hoe duideliker. Vroe\u00ebr vanjaar het prof. Jakes Gerwel in sy Rapportrubriek so ver gegaan om te skryf dat die ANC dalk \u2018n vrotsige regering mag wees, maar beswaar gehad dat dit as landsvyande beskou word. Die effektiewe verdwyning van die ID in die DA, en die Wes-Kaapse ANC-leierskapstryd wat in wese \u2018n bruin-swart stryd is, dra by tot \u2018n politieke landskap in transito.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral in internet-blogs word nog \u2018n element gaandeweg duidelik, wat grootliks by die wit gemeenskap \u2018n rol begin speel. Dit is die impak van diaspora. Uit die mees klassieke gevalle, bv die Jode, Iere, die Armeni\u00ebrs en Tamils kan sekere projeksies begin gemaak word oor hoe dit Suid-Afrika kan raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sommige gevalle, soos die Tamils, Iere en tot \u2018n paar dekades gelede die Armeni\u00ebrs, was die mense in diaspora waarskynlik meer radikaal oor wat hul volksgenote in onderskeidelik Sri Lanka, Noord-Ierland en Turkye te beurt geval het en het dit bygedra tot vorme van gewapende konflik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit nog waarskynlik vergesog is om vergelykings te tref, maak dit al \u2018n groot deel van die warmbloedige debatte op die internet uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dinamika binne die ANC is self baie vloeibaar, onder meer weens wat baie waarnemers as swak leierskap van pres. Jacob Zuma beskou. Pas het Bantu Holomisa nog \u2018n prominente stem geword wat gekla het dat die land in wese onder Zuma besig is om danksy die voorkeur vir Zoeloes in ho\u00eb aanstellings, ander bevolkingsgroepe soos vreemdelinge te hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Onlangse meningspeiling dui ook aan dat betreklik min Suid-Afrikaners hulle in die eerste plek met hul Suid-Afrikaanse identiteit identifiseer, en dat ook \u2018n groot persentasie swart mense hulself in die eerste plek as Afrikane beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit raak pynlik duidelik dat ontleders wat weens ideologiese sentiment of politieke korrekte oorwegings die heterogeniteit van die land onderskat, maar hul politieke kristalballe kan weggooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar het besonder baie plaasgevind wat die persepsie van die grondwet as finale veiligheidsnet onder verdenking geplaas het. Veral in \u2018n heterogene samelewing is die grondwet \u2018n belangrike instrument om diversiteit rustig te bestuur, en hier haper iets &#8230; hetsy \u2018n minder goeie grondwet as wat graag voorgehou is, of \u2018n gebrekkige grondwetlike verbintenis deur die regering soos met gedagtes oor grondhervorming, taalkwessies en mediavryheid, of beide.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hantering van die Malema-verskynsel bring ook nie rustigheid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer hierdie spinnerakke verwerk is, sal die ontleders begin soek na die ligstrale wat die positiewe perspektief moet verskaf, die silwer randjies blink te poets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontleder wat onlangs tot adjunkredakteur van \u2018n groot Sondagkoerant bevorder is, sal uiteraard meer ligstrale raaksien as die ontleder wat die rugkant van die nuwe Suid-Afrika in die gesig staar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor \u2018n jaar word terugskoue gehou. Waarskynlik sal dit blyk dat die werklikheid iewers tussen die pessimistiese en die optimistiese beskouings was. Uiteindelik word ontleders, soos ander mense, grootliks deur hul persepsies van die werklikheid eerder as die werklikheid self be\u00efnvloed.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/instrument\/\">\u0440\u0443\u0447\u043d\u043e\u0439 \u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u0432\u0438\u043a\u0438\u043f\u0435\u0434\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskillende ontleders en kommentators is nou besig om te werk aan hul vooruitskouings vir 2011. Dit is \u2018n komplekse proses waar \u2018n massa inligting verwerk en vertolk moet word. Teoreties bied die behavioralistiese benadering die mees betroubare scenarios. Veral politieke sosiolo\u00eb onderwerp \u2018n groot hoeveelheid inligting aan \u2018n stelsel wat dan waarskynlike opsies bied van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9720","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9720","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9720"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9720\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9720"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9720"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9720"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}