{"id":972,"date":"2007-10-12T10:58:45","date_gmt":"2007-10-12T10:58:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=972"},"modified":"2007-10-12T10:58:45","modified_gmt":"2007-10-12T10:58:45","slug":"krag-kos-en-kitsbevrediging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=972","title":{"rendered":"Krag, kos en kitsbevrediging"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Andrew Kenny s&ecirc; dat daar tans slegs een steenkoolsentrale in die Noord-Transvaal gebou word, wat eers teen 2011 voltooi sal word. Die beplande tweede kernkragsentrale in die Weskaap sal eers teen 2015 voltooi wees. Dit beteken dat die huidige vlaag kragonderbrekings minstens vir die volgende dekade met Suid-Afrikaners sal wees.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die situasie met ontoereikende elektrisiteit is uiteraard geen nuwe verskynsel in Afrika nie. Die groot meerderheid Afrikalande het &oacute;f wispelturige elektrisiteitsvoorsiening, &oacute;f daar is glad nie elektrisiteit in baie gebiede nie. Selfs al word kragsentrales met buitelands hulpgeld in Afrika opgerig, is die verspreidingsnetwerke so ontoereikend dat die vasteland vir baie jare nog sonder behoorlike elektrisiteitsvoorsiening sal wees. Suid-Afrika se oormaat elektrisiteit was dus &#8216;n anomalie in Afrika, en is &quot;veroorsaak&quot; deur die vorige regering se vermo&euml; om behoorlike toekomsbeplanning toe te pas.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Elektrisiteit is slegs een aspek van die onvermo&euml; van die ANC-regime om te kan beplan. In &#8216;n verregaande skema wil die owerhede die Ben Schoeman-snelweg se regterkantste baan reserveer vir voertuie met drie of meer insittendes. Internasionale vervoerpraktyk is egter om dit eerder vir voertuie met twee insittendes te doen, en dit gebeur in lande met toereikende openbare vervoer wat aan pendelaars &#8216;n realistiese alternatief bied. Die internasionale ervaring toon ook dat die impak slegs klein is en dat daar sodoende slegs &#8216;n klein toename in die aantal saamryklubs plaasvind.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierdie skema is dus gewaarborg om die probleme op die Ben Schoeman te vererger. Die groot gros motors wat tans in drie bane ry, gaan in die toekoms in twee bane moet ry. Dis niks meer as &#8216;n desperate poging om iets te doen aan &#8216;n situasie wat insgelyks tien jaar gelede reeds aandag moes geniet het nie. Die enigste realistiese oplossing sou wees om nog deurpaaie te bou, maar dit neem baie jare, en weer eens moes daar reeds &#8216;n dekade gelede beplan gewees het hiervoor.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die vraag kom onwillekeurig by mens op: waarom kan die regime en Afrikane oor die algemeen klaarblyklik nie beplan nie? Ek doen die volgende verklarings aan die hand:<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">1. Die ou verdagte van regstellende aksie. Hieroor hoef ek nie veel uit te wei nie. Derduisende blanke kundiges soos elektriese en siviele ingenieurs is as gevolg van die regime se rassisme etnies uit die staatsdiens gereinig. Hulle is vervang deur onkundiges &ndash; met voorspelbare gevolge.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">2. &#8216;n Gebrek aan toerekeningsvatbaarheid, wat &#8216;n universele kwaal op die kontinent is. Enkele jare gelede is die Amerikaanse deelstaat Kaliforni&euml; ook geteister deur kragonderbrekings soortgelyk aan di&eacute; wat tans in Suid-Afrika plaasvind. Kaliforni&euml; is tradisioneel &#8216;n staat wat vir die Demokrate stem, maar wydverspreide ontevredenheid onder die kieserskorps oor die elektrisiteitstekort het daarvoor gesorg dat die Demokraat Gray Davis deur &#8216;n Republikein, Arnold Schwarzenegger, vervang is as die goewerneur van Kaliforni&euml;.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Afrika werk dinge egter nie so nie. Daar is klaarblyklik in die Afrikakieser se verstand geen verband tussen sy stemreg en sy persoonlike situasie nie. Onbevoegde regerings soos di&eacute; van Zanu-PF en die ANC kan vir donkiejare aan bewind bly, sonder dat die gedagte by die kieserskorps opkom om bloot vir &#8216;n meer bekwame regering te stem. Veral in Suid-Afrika, waar verkiesings geen doel dien buiten as &#8216;n soort rassesensus nie, is dit voorspelbaar dat die ANC geen risiko loop om vervang te word deur &#8216;n regering met die vermo&euml; om wel te beplan nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">3. Myns insiens is die eersgenoemde twee faktore egter slegs simptome van die grondliggende oorsaak van die probleem. Die geskiedenis het reeds honderde jare v&oacute;&oacute;r Edison getoon dat daar &#8216;n fundamentele probleem met toekomsbeplanning in Afrika bestaan. Die eerste aanduidings hiervan was te vinde in Afrikane se landboupraktyke wat oor derduisende jare strek.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jared Diamond het in sy boek <em>Guns, Germs and Steel<\/em> die opmerking gemaak dat Afrikane geen diere inheems aan die kontinent kon makmaak nie, buiten vir tarentale in Wes-Afrika. Beeste het uit Indi&euml; en die Midde-Ooste na Afrika gekom. Ook was die verbouing van gewasse uiters beperk, en is koring byvoorbeeld ook iets wat relatief onlangs uit die Midde-Ooste ingevoer is. Diamond probeer vergeefs om die verskoning aan te bied dat daar nie geskikte diere in Afrika was om mak te maak nie, maar die wilde voorsate van beeste in Indi&euml; was sekerlik ook gevaarlike diere, nes Afrika se buffels.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Landbou in gematigde streke van die planeet met groot verskille tussen seisoene, vereis egter toekomsbeplanning. Mielies word in die somer gesaai en in die winter geoes. Oorbenutting van grond verswak die kwaliteit van toekomstige oeste. Boere moet dus beplan om hul gewasse te roteer. Landbou vereis ook meganisering om &#8216;n groot bevolking te kan ondersteun, al is dit eenvoudige implemente soos &#8216;n ploeg wat deur &#8216;n perd getrek word. Afrikane se model was egter bloot om te trek agter hul vee se weiding aan. Van meganisasering en gesaaides wat &#8216;n groot, permanente bevolking in Afrika kon onderhou, was daar bykans geen sprake nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit was egter nie nodig vir Afrikane om te kan beplan nie, omdat die trope nie noemenswaardige seisoene het nie, en voedsel die hele jaar deur maklik bekombaar was. Daar is diegene wat spekuleer dat die onbetwiste verskynsel van lae IK onder Afrikane juis hierdeur veroorsaak is. In streke met &#8216;n kouer klimaat sou dommer mense, wat nie toekomsvisie aan die dag gel&ecirc; het nie, eenvoudig uitgesterf het.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die landbourewolusie wat in die res van die w&ecirc;reld plaasgevind het, het nooit in Afrika plaasgevind nie. Die gevolg hiervan was dat Afrika relatief yl bevolk was toe die Europese koloniseerders die binneland in is.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir my is dit duidelik dat daar enorme kulturele probleme in Afrika bestaan en, durf ek dit skryf, ook probleme met denkvermo&euml;ns, veral waar dit die toekoms aanbetref. Vir derduisende jare was Afrika se kultuur een van leef vir die onmiddellike. Is jy honger? Slag &#8216;n bees. Het jy nie beeste nie? Plunder jou bure s&#8217;n.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om terug te keer na Suid-Afrika se krisis met infrastruktuur: die eerste reaksie van die ANC-regime n&aacute; 1994 was nie om saam met kundiges te gaan sit en dink oor die toekoms nie. Dit was eerder om die land se ekonomie te plunder deur eerstens die staatsdiens van blankes te reinig. Tweedens is die sakesektor afgepers om miljarde rande aan die elite te oorhandig.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe Asiatiese lande soos Suid-Korea gemoderniseer het, het hulle &#8216;n grootskeepse poging aangewend om hul bevolkings op te voed en syfervaardig te maak. Dit het uiteraard nie onmiddellike rykdom geskep nie, maar die impak oor &#8216;n paar dekades was dramaties. Suid-Korea was in 1960 net so arm soos Zambi&euml;, maar deesdae is daar &#8216;n enorme gaping in welvaart tussen die twee lande.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kontrasteer die langtermynvisie van die Asiate met die ANC-regime s&#8217;n. Die Xhosa-elite het binne &#8216;n kort tyd ongekende rykdom bekom deur eenvoudig andere se bates te plunder. Binne &#8216;n dekade het Suid-Afrika die ontwikkelende w&ecirc;reld se grootste welsynstaat geword, met twaalf miljoen parasiete wat op drie miljoen belastingbetalers teer. Andersyds boer die land se opvoedkundige standaarde agteruit. Singapoer kom dikwels bo-aan die internasionale lys van wiskundige prestasies onder sy skoliere, teenoor minder as 3000 uit 350 000 swartes in Suid-Afrika wat jaarliks matriekwiskunde op ho&euml;r graad slaag.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hier sien ons weer eens die fokus op kitsbevrediging: die Asiate gee hul mense die gereedskap om hulself mettertyd mee op te hef, maar Afrikane wil nou dadelik ryk word, ongeag die toekomstige impak waarvan.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\" style=\"text-align: justify\">Vandag sit ons letterlik in die duister as gevolg van Afrikane se onvermo&euml; om die verband tussen huidige optrede en toekomstige gevolge in te sien. Gegewe die oorweldigende getuienis vir hierdie verskynsel in Afrika se geskiedenis, is die enigste misterie hoekom ons vandag verbaas is wanneer die krag weer eens afgeskakel word.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/en\/blog\/game-strategies\/basic-guide-to-blackjack-strategy\">blackjack strategy<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Suid-Afrika is die afgelope week of wat geteister deur aanhoudende kragonderbrekings. &#8216;n Onafhanklike energiekonsultant, Mnr Andrew Kenny, is &#8216;n uitgesproke kritikus van die ANC-regime se gebrek aan toekomsvisie. Volgens mnr Kenny het hy al tien jaar gelede gewaarsku dat daar &#8216;n krisis met kragvoorsiening sou voorkom. Daardie waarskuwings is egter deur die regime ge&iuml;gnoreer en vandag ly Suid-Afrikaners daaronder.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Een gevolg van die kragonderbrekings is byvoorbeeld dat rou riool in riviere gestort word. Die SAUK berig vanoggend dat die inwoners van &#8216;n gebied wat strek vanaf Hartbeesboort tot by Bronkhorstspruit menslike afval in hul drinkwater kan verwag, aangesien miljoene liter riool nie behandel kon word nie. Die waterwerke wat drinkwater aan bogenoemde gebiede verskaf, is stroomaf van die rioolwerke. As ek in Bronkhorstspruit gewoon het, was gebottelde water my voorland.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,953,952,21092],"class_list":["post-972","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-kos-en-kitsbevrediging","tag-krag","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/972","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=972"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/972\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=972"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=972"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=972"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}