{"id":9717,"date":"2010-12-27T09:54:01","date_gmt":"2010-12-27T09:54:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9717"},"modified":"2010-12-27T09:54:01","modified_gmt":"2010-12-27T09:54:01","slug":"nbu-en-die-plaaslike-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9717","title":{"rendered":"NBU en die plaaslike verkiesing"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Na berig word, oorweeg die Nasionale Belastingbetalersunie om aan aanstaande jaar se landswye munisipale verkiesing deel te neem. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Volgens die berig spruit dit uit die NBU se gebrek aan optrede deur die DA se Wes-Kaapse provinsiale regering by die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat glo vrot van korrupsie is.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die DA ontken gebrek aan optrede, maar voeg by dat die NBU in elk geval, soos dit gestel is, buite die wet, optree deur belastinggeld te weerhou. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Dit behoef geen profeet om te voorspel dat die kwessie \u2018n warm politieke patat sal word nie. Trouens, in onder meer die Vrystaatse DA is resolusies aanvaar dat die DA ondersoek moet instel of die NBU se optrede werklik onwettig is. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die feit is, in groot dele van die land is daar groot steun, al is dit dikwels net simboliese of sentimentele steun, vir die aksies van die NBU. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Verskeie hofsake het reeds plaasgevind, en munisipaliteite wat lede se krag en water afsny oor erfbelasting in trustrekenings inbetaal word, het al verskeie kere bloedneus in die howe gekry. Oor ander aspekte is daar wel minder regsduidelikheid, en \u2018n saak wat hoofsaaklik op tegniese punte verloor is, verdiep onsekerheid.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die kern van die probleem, en ook gestaaf deur tallose verslae van die ouditeur-generaal, dui daarop dat belastingbetalers wat hulle tot weerhoudingsaksies gewend het, in wese geen ander keuse gehad het nie. Sannieshof het danksy die suksesse van die NBU landswyd bekend geword en \u2018n simbool van hoe inwoners self \u2018n verskil kan maak. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Verskeie politieke partye, veral kleiner partye, het reeds gesien hoe die wind waai en in verklarings en deur deelname aan berade hul steun aan die NBU toeges\u00ea. Dit wissel van gekwalifiseerde steun tot bykans ongekwalifiseerde steun. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">\u2018n Besluit dat die NBU self deelneem sal ook na verwagting van hierdie partye laat toustaan om saam te werk. Waar belastingbetalersverenigings egter in vorige verkiesings reeds setels bekom het, soos op Parys, het die verenigings dit duidelik gemaak dat hulle a-polities is. Selfs logistieke hulp om sake bv in die Vrystaatse Wetgewer en na nasionale gesag deur te voer is van die hand gewys.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Sommige belastingbetalersverenigings, nie noodwendig deel van die NBU nie, het juis tevore deel gevorm van politieke alliansies soos Alliansie 2000 +, maar dan nie veel stembus-sukses behaal nie. Hoewel omstandighede baie verander het, is die trekpleister van politieke alliansies nie baie bemoedigend nie.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">In Bloemfontein, waar verskeie inwonersaksies tot die stigting van entiteite gelei het wat die munisipaliteit oor sake soos kragrekenings vir meenthuis- en ouetehuis-komplekse aandurf, is die DA wat met aksies besig is, telkemale uitgeskuif om a-polities te bly. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die kernvraag is of politiek hoegenaamd in plaaslike regering tuishoort? Die antwoord is nie so eenvoudig nie, al is die ANC se kader-ontplooiingsbeleid en die gevolglike gemors \u2018n uitstekende voorbeeld van hoe sake kan skeefloop as dit wel deel van die oorhoofse politiek is. Met \u2018n herbesinning oor provinsies en gedagtes aan nuwe metro-entiteite sal die depolitisering van munisipaliteite ver van baie se gedagtes wees. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die moontlike deelname van die NBU sal interessant wees, en minstens \u2018n uitkoms bied aan diegene wat nie weet vir wie om te stem nie. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Die NBU, sou dit enduit onverbonde deelneem, kan verwag om dit hotagter van groter partye te kry, in wie se raamwerk vir politieke mag die NBU nie \u2018n plek het nie. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Van die kleiner partye mag \u2013 gevraagd of ongevraagd \u2013 hul ondersteuners in plekke waar hulle self nie kan kandidate stel nie, versoek om vir die NBU te stem. Sodoende versterk hulle minstens nie hul opponente met volgende provinsiale en nasionale verkiesings nie.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Op die oorhoofse, politieke vlak, sal groot steun vir die NBU om verskeie redes as ongewens beskou word. Een hiervan is dat dit persepsies verdiep dat blanke bevoorregting verskans word, en rassespanning verhoog word, soos blyk uit \u2018n ondersoek deur die UWK. <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Ook hier is die vraag eenvoudig: Wat was eerste, die hoender of die eier? L\u00ea die fout nie in die eerste plek in die feit dat verkiesings in Suid-Afrika, met of sonder die NBU, op etniese sensusse neerkom nie? Moet sommige kiesers in effek ontkieser word omdat ander stemgeregdigdes polities onvolwasse is? <\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &quot;Arial&quot;; font-size: small;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\">Boonop is daar talle gevalle waar belastingbetalersverenigings self dienste lewer sonder dat dit kleur ken, en ook aansienlike swart steun geniet. &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">deposit free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na berig word, oorweeg die Nasionale Belastingbetalersunie om aan aanstaande jaar se landswye munisipale verkiesing deel te neem. Volgens die berig spruit dit uit die NBU se gebrek aan optrede deur die DA se Wes-Kaapse provinsiale regering by die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat glo vrot van korrupsie is. Die DA ontken gebrek aan optrede, maar voeg by [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9717","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9717","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9717"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9717\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9717"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9717"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9717"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}