{"id":9716,"date":"2010-12-26T13:56:16","date_gmt":"2010-12-26T13:56:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9716"},"modified":"2010-12-26T13:56:16","modified_gmt":"2010-12-26T13:56:16","slug":"2010-aardskuddende-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9716","title":{"rendered":"2010 \u2013 Aardskuddende jaar"},"content":{"rendered":"<h5 style=\"text-align: justify;\">Aardbewings, die stand van tussengroepverhoudings, plaasmoorde, verbintenis tot die grondwet, mediavryheid en meer kom aan die beurt in hierdie beknopte bespreking van die afgelope jaar se aktualiteitshoogtepunte.<\/h5>\n<h4>Aardbewings<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jaar 2010 was in verskeie opsigte \u2018n aardkuddende jaar \u2013 ook letterlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die reuse aardbewing van magnitude 9 wat op 26 Desember 2004 \u2018n verwoestende tsunami ontketen het, is pas ses jaar herdenk. Hoewel vanjaar nog nie ten einde geloop het nie, was vanjaar, volgens die syfers van die Amerikaanse Geological Survey (USGS) self \u2018n bielie-aardbewingjaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aardbewing van magnitude 7 wat Nieu-Seeland se tweede grootste stad, Christchurch op 3 September 2010 geskud het, het immers in dieselfde jaar voorgekom as wat Ha\u00efti se hoofstad deur ongeveer net so \u2018n sterk aardbewing in puin gel\u00ea is, en Chili deur \u2018n regtige grote getref is &#8211; 8,8 wat die vyfde grootste sedert 1900 was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As na die statistiek vir ernstige aardbewings sedert 2003 gekyk word, wil dit sonder om afleidings te maak, op die oog af voorkom asof aardbewings van meer as magnitude sewe op die Richterskaal aan die toeneem is. Vanjaar is reeds 20 van meer as sewe geregistreer, en een van bo agt. \u2013 \u2018n totaal van 21 net voor die jaar ten einde geloop het. Nog 23 aardbewings wat tussen 6,5 en 6,9 gemeet het is reeds vanjaar aangeteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jaar 2007 is die enigste jaar sedert 2003, wat enigsins kon kompeteer en toe was daar 13 aardbewings van sterker as sewe, en \u2018n yslike vier van bo agt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die USGS was die grootste in di\u00e9 tydperk die bielie van 9 (die tweede sterkte ooit gemeet, en bronne dui dit as tussen 9 en 9,3 aan) wat ook die verwoestende tsunami ontketen het wat verskeie lande aan die Asiatiese kus die dag na Kersfees 2004 getref het. Ironies was di\u00e9 jaar besonder stil aan groot aardbewings, en slegs 6 van bo sewe, een van bo agt, en die bielie self is di\u00e9 jaar gemeet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2003 was nog \u2018n beduidende aardbewingjaar en was daar 13 bo 7, en een bo agt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander nuusgebeure wat in hierdie artikel bespreek of genoem word, is moontlik nie die mees aardskuddende gebeure van die jaar nie, maar is hoofsaaklik gekies oor die oordra-potensiaal op die nuwe jaar, en veral die impak op die landswye munisipale verkiesings in 2011.<\/p>\n<h4>Tussengroepverhoudinge en die groot sokker<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die einde van 2010 het die uitslae van verskillende peilings uitgelig dat Suid-Afrika se tussengroepverhoudings taamlik bedremmeld daaruit sien. Die kreeftegang op hierdie terrein sedert 1994 is nie nuut nie, maar dit is nuuswaardiger as gewoonlik omdat dit in dieselfde jaar geld as waarin die land die w\u00earelkdbekersokkerttoernooi aangebied het. Die euforie het in baie gevalle in \u2018n post-euforiese trauma omgesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beste samevatting van die probleem is moontlik die volgende aanhaling uit \u2018n regse webwerf: \u201cJulius Malema bly my held. Elke keer wat hy sy mond oopmaak bekeer hy duisende mense tot die volkstaatgedagte.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stand van tussengroepverhouidings het ook onder die vergrootglas beland na Rapport \u2018n aanhaling van die skryfster, Annelie Botes, gepubliseer het en ook Steve Hoffmeyr uitlatings oor die debat gemaak het. Iets wat eintlik in die doofpot geprut het, het na die oppervlak geborrel.<\/p>\n<h4>Plaasmoorde<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaasmoorde het vanjaar besondere aandag getrek, in die eerste plek weens die moord op die AWB-leier, Eugene Terre\u2019Blanche te midde van \u2018n storm oor die sing van onder meer \u201cMaak dood die Boere.\u201d Die plaasmoorde op \u2018n Belgiese en \u2018n Kanadese burger het ook vir internasionale dimensies gesorg, terwyl die moord op \u2018n bekende filantroop in die Oos-Vrystaat ook retoriek dat die boere se beweerde swak behandeling en selfs mishandeling van plaaswerkers plaasmoorde veroorsaak, in \u2018n ander perspektief gestel het. Die moord op die tweejarige Willemientjie Potgieter was nie die laaste plaasmoord van die jaar nie, maar het ten slotte baie bygedra daartoe dat plaasmoorde as euwel onderstreep is. Hoewel verskeie dele van die ANC di\u00e9 betrokke plaasmoord veroordeel het \u2013 \u2018n seldsame verskynsel &#8211; dra die ANC se gebrekkige uitsprake hieroor, en sy app\u00e8l teen die verbod op die liedjie, Maak dood die Boere, tot polarisasie by. By geleentheid, vanjaar, was die ANC-strydros, prof. Jakes Gerwel in sy rubriek in Rapport beswaard omdat die ANC gereeld as vyand van die land voorgehou word.<\/p>\n<h4>Tweepartybedeling<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens politieke inkorrektheid word die versugting na \u2018n de facto tweepartybedeling nie dikwels hardop uitgespreek nie. Die suggesties hiervoor is meer volop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die politieke inkorrektheid spruit waarskynlik uit die gedagte dat \u2018n effektiewe tweepartybedeling die beste opsie bied om die ANC as saak van nasionale prioriteit by die stembus te verslaan. Verkiesings in Suid-Afrika, in die woorde van dr. Pieter Mulder, is in hoofsaak etniese sensusse. \u2018n Openlike pleidooi vir \u2018n tweepartystelsel, onbedoeld of nie, sal by baie as \u2018n verdieping van die stem-polarisasie beskou word. Hierna kan die land die luukse van normale politiek van werklike veelparty-demokrasie geniet. Politiek inkorrek omdat dit in wese bevestig dat die kieserskorps nie gereed is vir die grondwet nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog is die gedagte nie heeltemal nuut nie. Die saak het die eerste keer prominensie verkry toe die destydse leier van die NNP, Marthinus van Schalkwyk, kiesers aangeraai het om nie hul stemme op klein partytjies te mors nie. Dit het woede ontlok van die destydse DP-leier, Tony Leon, sodat dit eintlik as verrassing gekom het dat die DP \/ DA self later, toe die DA die amptelike opposisie geword het, di\u00e9 taktiek begin gebruik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook die media-aanslag dui op \u2018n gewoonlik onuitgesproke irritasie met kleiner partye.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In alle billikheid, kleiner partye, en selfs die grotes in die SA-konteks soos die IVP, UDM en Cope, dra dikwels by tot die persepsie dat hulle \u2018n luukse is wat die land nie nou werklik kan bekostig nie. \u2018n Groot probleem is dat verskeie opposisieleiers sterk diktatoriale kenmerkie dra, en \u201chul\u201d partye as\u2019t ware soos persoonlike eiendom hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die subtiele of openlike voorspraak vir \u2018n tweepartybedeling is vir ander partye, veral partye buite die sosiaal- en liberaal-demokratiese dampkring, bv die Christen-demokrate, \u2018n beginselprobleem. Veral die kleiner Christen-Demokratiese Party (CDP) spreek sy misnoe\u00eb hiermee gereeld uit, en meen kiesers wat sterk oor Christelike waardes voel word sodoende effektief ontkieser.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit is egter dat die jaar ten einde snel, en die munisipale verkiesings nader kom, met Cope wat in \u2018n warboel is, en die IVP waar sy leier, Mangasotho Buthelezi, vir Robert Mugabe lesse leer van hoe oud iemand kan wees om steeds \u2018n beergreep op \u2018n party uit te oefen.<\/p>\n<h4>Grondwetlikheid<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr vanjaar skryf Tim du Plessis, redakteur van Beeld soos volg in \u2018n rubriek: : \u201c\u2019n Nuwe tydsgees is aan die ontwaak. Mense, gemeenskappe, minderhede, noem maar op, staan op en s\u00ea\u201d \u2018Genoeg is genoeg. Nou vat ons ons regte terug.\u201d Hy verkwalik die liberale wat die taalstryd in Stellenbosch veg onder die vaandel dat dit \u2018n keuse tussen Afrikaans en uitnemendheid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim het al tevore nuwe denke oor voormalige politieke korrekte kwessies uitgelig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens uitsprake oor mediavryheid, het die regering en ANC verskeie ander sake op die agenda geplaas wat \u2018n verbintenis tot die grondwet onder verdenking plaas. Verskeie sake het in die howe beland, byvoorbeeld die versuim om \u2018n taalwet deur te voer soos die grondwet vereis, terwyl nasionaliseringspraatjies en planne vir grondonteiening voortduur terwyl die onteiening van mineraleregte nog bereg word,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die kommissie wat aangewys gaan word om na die moontlike vermindering of selfs afskaffing van provinsies te kyk, word met erns beje\u00ebn omdat die drie vlakke van regering in die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is, vervat is. Die argelose negering hiervan wek nie net kommer oor \u2018n verbintenis tot grondwetlikheid nie, maar tot die ooreenkomste by Kemptonpark waarop die grondwetlike beginsels geskoei is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie kommentators wat as liberaal en selfs links bekend staan, het tot enkele maande gelede dit gereeld nodig geag om Suid-Afrikaners te verseker dat die land oor \u2018n uitstekend, en selfs die beste grondwet ter w\u00eareld beskik. Hulle is nou vreemd stil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander het op leemtes begin wys, sommiges van \u2018n tegniese aard soos die afwesigheid van meganismes om talle van die ideale in die praktyk te laat realiseer. Meer stemme gaan ook op dat die land se grondwet ideologies nie geskik is om heterogeniteit effektief te ondervang nie, en verwys na modelle soos die Indiese, di\u00e9 van Nieu-Seeland en die Europese Unie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plekname, die taalkwessie tel onder die terreine waar die leemtes met kommer uitgewys word. Soos in vorige jare gaan stemme op vir \u2018n nuwe Kodesa om \u2018n grondwet te heronderhandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hof moes ook ingryp oor die regering se versuim om sy burgers se belange in Zimbabwe te beskerm, en het \u2018n skikking met Vrystaat Landbou bereik oor onder meer die beskerming van inwoners deur te onderneem om die Lesothogrens beter te beveilig.<\/p>\n<h4>Korrupsie<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar het verskeie kommentators die sielkundige sprong gemaak deur te verklaar dat korrupsie reeds in die land endemies geword het. Ander was meer versigtig deur te wys daarop dat Suid-Afrika die kenmerke van \u2018n disfunksionele staat toon, terwyl prof Sampie Terblanche die land as \u2018n parasitiese staat beskryf het. Terwyl heelwat ander misdaadsyfers in die jongste statistieke effens afgeneem het, styg handelsmisdaad steeds beduidend. Dit staan in die konteks van die nuus dat die Britse Accountancy and Actuarial DisciplineBoard (AADB) weer met \u2018n fyn kam na aspekte van die omstrede wapentransaksie kyk, en dat sowat \u2018n miljard rand se omkoopgeld aan Suid-Afrikaners betaal is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kwessies wat dikwels as hand aan hand met korrupsie aan die bod kom is tenderpreneurskap, kaderontplooiing, en oplaas die kwessie van ANC-adel. Lg het veral onder bespreking gekom toe sommige hoogs omstrede ministers, soos Lindiwe Sisulu, se posisie hoegenaamd nie in gedrang was toe ander ministers die trekpas gekry het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land se inkomstegaping \u2013 nou die hoogste meetbare ter w\u00eareld \u2013 voed heel duidelik van die nasionaliseringspraatjies,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En so tussenin het verskeie Vrystaatse tenders in die Hooggeregshof beland, en is nie net deur die howe tersyde gestel nie, maar in minstens een geval hertoegeken.<\/p>\n<h4>Mediavryheid<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans die hele jaar is ernstig debat gevoer oor die regering se mediaplanne; \u2018n beoogde mediatribunaal en wetgewing oor die hantering van inligting. In die proses het die Amerikaanse groep, Freedom House, Suid-Afrika geherklassifiseer as land wat slegs gedeeltelik persvry is. \u2018n Ruk daarna het Verslaggewers sonder Grense die ANC voor stok gekry, en kort daarna die land met vyf plekke op die persvryheidsindeks laat tuimel. Suid-Afrika beklee nou die 38ste posisie, met Namibi\u00eb (21), Kaap Verde, Ghana en Mali (almal 26) wat meer persvry as Suid-Afrika is. Sowat \u2018n dekade gelede het Suid-Afrika die 21ste plek as mees persvrye land in Afrika beklee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander aspek is dat die media skynbaar toenemend spartel om kwaliteit joernaliste aan te stel, en beide die ekonomiese klimaat en die veranderende mediaomgewing kry dikwels die skuld. By \u2018n Sanef-kursus het die persombudsman, Joe Thloloe, die nuusredakteurs onder meer aangespreek oor gebrekkige kennis. Ongelukkig sny gebrekkige kennis diep, soos blyk uit die gebrekkige en dikwels erg eensydige politieke insigte wat gereeld opgedis word.<\/p>\n<h4>Buiteland<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Opkoms van regs het verskeie belangrike lande, soos die VSA, Nederland, Belgi\u00eb en Swede vanjaar gekenmerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor die einde van die jaar is Noord- en Suid-Korea weer aan mekaar se kele, en is daar \u2018n onderliggende kommer dat kernwapens ingespan kan word. Niemand kan werklik voorspel dat Noord-Korea se oorlogspraatjies \u2013 \u2018n taktiek om binnelandse kohesie te verseker \u2013 nog lank net praatjies gaan bly nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans geen aspek op die internasionale verhoog word nie meer regstreeks of onregstreeks deur die Islamkwessie be\u00efnvloed nie. Die opkoms van regs in Europa word onder meer hieraan toegeskryf. By brandpunte soos die Midde-Ooste het dit \u2018n bepaalde rol, en verskeie terreuraanvalle wat met lugdienste verband hou, is gefnuik.<\/p>\n<h4>Munisipaliteite<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Munisipaliteite is nie net in die nuus oor aanstaande jaar se munisipale verkiesings nie, maar ook weens \u2018n konstante stroom nuus oor sake wat verkeerd loop \u2013 OG-druipverslae, Eskom-rekenings wat in die rooi is, dienslewering wat swak is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nogtans volhard die ANC met sy kaderontplooiingsbeleid. Uitsprake dat dity aan gehalte gekoppel moet wees, blyk lippediens te wees. Na berig word is die hoof van die minister se ontplooiingstaakspan \u2018n voormalige munisipale bestuurder van Plettenbergbaai wat self in die slag gebly het \u2013 eers in Bronkhorstspruit, en toe by Plettenbergbaai na hy nog deur die destydse Wes-Kaapse ANC-regering as administrateur aangewend is om Kannaland uit die gemors te lei.Die stroom onthullings oor die ontplooiings en herontplooiing van kaders wat reeds uitgevang was, hou net nie op nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel dit te vroeg is om te s\u00ea of dit \u2018n impak op die verkiesingsuitslae gaan h\u00ea, was daar reeds heelwat briewe en blogkommentare van binnelanders wat in die Wes-Kaap gaan vakansie hou het, en be\u00efndruk is met die vlakke van dienslewering en afwesigheid van slaggate waar die ANC nie op provinsiale of munisipale vlak die septer swaai nie.<\/p>\n<h4>Trojaanse perd<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bundel oor die Trojaanse perd wat glo in die NG Kerk sou losloop, is tekenend van \u2018n dieperliggender probleem, en is ook goed ge\u00efllustreer toe \u2018n storm om die moderator, prof. Piet Strauss se kop oor die evolusiekwessie losgebars het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jong aarde kreasionistiese tydskrif, Juig, het prof. Strauss gevra wat die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie is, waarop hy sy eie standpunt gestel het. Dit het die kerk genoop om sy eie standpunt weer uit te reik, wat volgens onder meer die webwerf, Kletskerk, van di\u00e9 van prof. Strauss verskil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die bekendstelling van Sediba uit die Wieg van die Mensdom bygedra het om die evolusiedebat van verlede jaar \u2013 die 200ste geboorteherdenking van Darwin \u2013 na vanjaar te laat oorloop, sou die \u201cdebat\u201d om \u2018n ander rede in elk geval plaasgevind het \u2013 so fel dat sommige media dit aktief gestuit het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan as \u2018n onderdeel beskou word van \u2018n dilemma waarmee die Afrikaanse susterskerke te make het \u2013 wat in \u2018n oorvereenvoudigde sin in poolvorming rondom fundamentalisme aan die een kant, en die nuwe hervorming aan die ander kant vasgevang word. Suiwer gereformeerdheid \/ reformatoriese kom van twee kante onder druk. Dit loop dikwels oor in \u2018n politieke dimensie soos die Belhar-kwessie vir die NG Kerk, en die apartheidsresolusie vir die NH Kerk. In die GKSA manifesteer dit oor ander kwessies soos vroue in die amp en watter Psalms gesing behoort te word of nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond sal die hoofstroom-lidmate van die susterkerke waarskynlik voel die term \u201cTrojaanse perd\u201d sou meer gepas op die outeurs van die bundel van toepassing gemaak kon word. Dit word verder beklemtoon deur die verweefdheid met \u201ccreation science\u201d met die jong aarde kreasionisme. Die standaard-wetenskap beskou \u201ccreation science\u201d as \u2018n kwasi-wetenskap en verskeie wetenskaplike publikasies lig bedrog deur van die hoofkarakters uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die verdelingslyne verweefd is, en dikwels senior teolo\u00eb betrek, sal die kerke omsigtig, en waarskynlik traag, wees om nie die kwessies beslissend en teologies te ondervang nie. In verskeie gevalle is kerkskeuring nie uitgesluit as Salomo se wysheid nie ingespan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hartseer werklikheid is dat die pole so diep verskans is, dat die afwending van skeuring waarskynlik die bloeiproses gaan uitrek, die bitterheid verdiep en in elk geval deurlopend tot \u2018n dreinering van lidmate gaan lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koerante se briewekolomme, veral die blogs, en verskeie webwerwe bied werklik ontstellende leesstof oor Christene, en selfs lidmate van dieselfde kerke, mekaar bodemloos slegs\u00ea, en laster en leuens is aan die orde van die dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die politieke debat, wat self dikwels skandelike vlakke van slegs\u00ea en walglikheid bereik, sukkel om by die debatte wat in die naam van godsdiens gevoer word by te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die opsteller, Herman Toerien, is \u2018n onafhanklike politieke ontleder. <\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/mebel_dlya_uchastka_shinomontazha\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043c\u0435\u0431\u0435\u043b\u044c \u0434\u043b\u044f \u0443\u0447\u0430\u0441\u0442\u043a\u0430 \u0448\u0438\u043d\u043e\u043c\u043e\u043d\u0442\u0430\u0436\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aardbewings, die stand van tussengroepverhoudings, plaasmoorde, verbintenis tot die grondwet, mediavryheid en meer kom aan die beurt in hierdie beknopte bespreking van die afgelope jaar se aktualiteitshoogtepunte. Aardbewings Die jaar 2010 was in verskeie opsigte \u2018n aardkuddende jaar \u2013 ook letterlik. Die reuse aardbewing van magnitude 9 wat op 26 Desember 2004 \u2018n verwoestende tsunami [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-9716","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9716","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9716"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9716\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9716"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9716"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9716"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}