{"id":9715,"date":"2010-12-24T08:40:45","date_gmt":"2010-12-24T08:40:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9715"},"modified":"2010-12-24T08:40:45","modified_gmt":"2010-12-24T08:40:45","slug":"christusfees-of-krismis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9715","title":{"rendered":"Christusfees of Krismis?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVrede op aarde en in die mens \u2018n welbehae.\u201d<\/p>\n<p>Kinders uit hul velle, briefies vir Kersvader, geskenke oopmaak. Vir baie dien hierdie aangename herinneringe as brandstof vir \u2018n godsdienstige ingesteldheid wanneer die lewe later begin druk.<\/p>\n<p>Kerssangdienste, spesiale kersdienste, gesinne en familie wat bymekaar kom.<\/p>\n<p>\u2018n Padslagting, eensames wat selfmoord pleeg. Arm gesinne vir wie Kerstyd juis hul treurige toestand beklemtoon &#8230;terwyl ander van vreugde oorloop.<\/p>\n<p>Ons weet nie op watter dag van die jaar Christus gebore is nie, behalwe dat dit baie onwaarskynlik is dat dit op 25 Desember sou wees. Ons weet nie eens in watter jaar Christus gebore is nie, omdat koning Herodes, die man van die kindermoord, reeds in die jaar 4 vC oorlede is. <\/p>\n<p>Hoe meer navorsing gedoen word, hoe meer word dit ook duidelik dat die keuse van 25 Desember heelwat verband hou met heidense midwinterfeeste. Verskeie weergawes bestaan oor hoe vroe\u00eb sendelinge juis hierdie feeste aangegryp het om Christus se geboorte as \u2018n bekeringsmeganisme te gebruik. Hieronder tel die verhaal van \u2018n Christenslaaf wat deur die Vikings weggevoer is. Hy het mettertyd die Vikings van hul afgode laat afsien, maar die geloof in Thor, die afgod van donder en klimaat, kon hy nie breek nie. Tot hy Kersfees op Thor se dag, wanneer Thor die winterreuse begin verdryf, ingestel het. <\/p>\n<p>Juis oor die heidense bande van die verre verlede gaan al hoe meer stemme op dat oor Kersfees herbesin moet word. Aan die ander kant van die spektrum bevraagteken groepe soos die nuwe hervormers die maagdelike geboorte.<\/p>\n<p>Dat daar ruimte vir \u2018n behoorlike Christusfees is, is gewis, soos onder meer blyk uit die aankondigings deur die engele. \u2018n Tyd om Christene te herinner aan omgee.<\/p>\n<p>Dit bied \u2018n goeie geleentheid waar mense wat het, vreugde kan bring vir hulle wat nie het nie. Dit is \u2018n goeie geleentheid om kerk toe te gaan.<\/p>\n<p>Solank dit \u2018n ware Christusfees is. <\/p>\n<p>Ontaard dit egter in \u2018n lekker Krismis waar Bacchus heerlik saamkuier en agter die stuurwiel inskuif, waar nie-Christene die geleentheid kommersieel uitbuit&#8230; waar die behoeftiges met die houtoog aangekyk word, waar die Kersdiens leeg is&#8230;ja, waar Christus vergete is, dan is dit geen Christusfees nie. <\/p>\n<p>Selfs al staan \u2018n mens ho\u00e9 apaties teenoor Christus en die Christusfees, kan en moet \u2018n mens \u2018n bydrae lewer deur nie te drink en te bestuur nie. So kan \u2018n gesin sy broodwinner behou, veral waar die dronkbestuur-ongeluk \u2018n onskuldige slagoffer sou eis. <\/p>\n<p>Vind uit of u kerk se naaste kinderhuis nie dalk di\u00e9 Kersfees kinders huisves wat nie uitgeplaas kon word nie. Is daar in tehuise vir bejaardes nie ou mense wat weens \u2018n verskeidenheid faktore nie hul familie gaan sien nie?<\/p>\n<p>Gee net \u2018n bietjie om, want Christus gee vir u om.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/kamin-iz-gipsokartona\/\">\u043f\u043e\u0440\u0442\u0430\u043b \u0434\u043b\u044f \u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u0430 \u0438\u0437 \u0433\u0438\u043f\u0441\u043e\u043a\u0430\u0440\u0442\u043e\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cVrede op aarde en in die mens \u2018n welbehae.\u201d Kinders uit hul velle, briefies vir Kersvader, geskenke oopmaak. Vir baie dien hierdie aangename herinneringe as brandstof vir \u2018n godsdienstige ingesteldheid wanneer die lewe later begin druk. Kerssangdienste, spesiale kersdienste, gesinne en familie wat bymekaar kom. \u2018n Padslagting, eensames wat selfmoord pleeg. Arm gesinne vir wie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9715","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9715\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}