{"id":9713,"date":"2010-12-23T07:06:40","date_gmt":"2010-12-23T07:06:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9713"},"modified":"2010-12-23T07:06:40","modified_gmt":"2010-12-23T07:06:40","slug":"middelpuntvliedende-en-middelpuntsoekende-kragte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9713","title":{"rendered":"Middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Onlangse eerlike opmerking deur die skryfster, Annelie Botes, het nie net \u2018n naam aan die spook in die kas gegee nie, dit het die spook uit die kas geruk sodat die onderwerp in \u2018n kort tydjie al behoorlik voos beskryf is. Mense aan verskillende spektrums van die politiek, mense van verskillende kulture en rasse, is uit hul gemaksones \u2013 gewaan of werklik \u2013 geruk en Versoeningsdag 2010 sal in die anale opgeteken staan as die jaar waar Suid-Afrikaners gedwing is om hard te dink oor die model van \u2018n toekomstige Suid-Afrika. <\/p>\n<p>Dit is, ironies, dieselfde jaar as waarin die groot sokker gebruik is om internasionaal \u2018n persepsie van \u2018n sterk verenigde Suid-Afrika te skep. Die ore is toegedruk vir vermanings van politieke sosiolo\u00eb dat \u2018n massa-euforie noodwendig tot \u2018n post-euforiese trauma lei. Suid-Afrika ly nou aan waarskynlik die mees klassieke vorm hiervan.<\/p>\n<p>Die sout is in die wonde gevryf deur die vry s\u00ea wat sekere jeugleiers geniet het. Hierteenoor het die regering in al elf amptelike tale geswyg oor sake soos plaasmoorde, behalwe hier en daar toe plaasmoordenaars die tweejarige Willemientjie Potgieter saam met haar ouers vermoor het.<\/p>\n<p>Ironies word die liberale opsies wat die land het deur twee bruin skrywer-joernaliste verwoord. In die een hoek sit Heinrich Wyngard wat nie die toekomspad uit die huidige (die splinter) wil betree sonder dat sy voete in die apartheidsverlede (die balk) geanker bly nie. In die ander hoek duik heel onverwags Zelda Jongbloed op, wat vandag in haar rubriek in Die Burger met lesse uit die verlede die toekoms wil betree. Sy pleit onder meer dat Botes vergewe word. <\/p>\n<p>Die harde werklikheid is dat die internasionale jeugberaad wat effektief deur die ANC se jeugliga op belastingbetalerskoste en lottogeld wat eintlik vir die armes bestem was, aangebied is, saam met heethoofdige uitsprake van ANC-jeugleiers, besonder baie doen om middelpuntvliedende kragte in die land los te maak. <\/p>\n<p>Terwyl Botes die kop gewas word omdat sy persepsies koester omdat sy swart mense nie werklik ken nie, geld die gebrek aan kennis oor die Afrikaner en sy kultuurgoedere, sy strewes, sy kleinode, in die oortreffende trap by die breedsprakige jeugleiers, en genoeg grootmense ook. Of, as die jeugleiers wel oor die kennis beskik, vertrap hulle dit gevoelloos.<\/p>\n<p>Teen die agtergrond is dit bykans pikant dat oud-president W de Klerk, via sy stigting, vroeg in die nuwe jaar \u2018n beraad beplan waartydens Suid-Afrikaners herinner gaan word aan die faktore wat hulle bind. \u2018n Bietjie laat, sou sy kritici s\u00ea met skaars 54 % Suid-Afrikaners wat hulle in die eerste plek nog as Suid-Afrikaners beskou. Die opname is weliswaar gedoen voor die groot sokker, maar dit is te betwyfel of die kreeftegang sedertdien sake teen Versoeningsdag beter, vanuit die liberale oogpunt, sou laat lyk.<\/p>\n<p>Gaan die De Klerk-stigting se beraad \u2018n tydmors wees? Dit sal bepaald tydmors wees as dit vooraf besluit watter koers die land moet inslaan. Dit sal tydmors wees as die vertrekpunt bly dat die huidige grondwet geskik is om \u2018n diverse land se toekoms te rig.<\/p>\n<p>Dit kan baie anders lyk as die visie met \u2018n oop gemoed gepak word, en sprekers en deelnemers uit \u2018n wye front genooi word om hul perspektiewe aan die hand van internasionale grondwetlike beginsels en die internasionale reg te kom deel. Dat met \u2018n oop gemoed gekyk word na opsies wat die grondwette van die Europese Unie, en lande soos Indi\u00eb, Nieu-Seeland en ander bied. Nooi sprekers van die Orania-beweging, Praag en ander om insette te lewer. Nooi mense wat ander invalshoeke tot staatkundige modelle het, soos politieke wetenskaplikes, politieke sosiolo\u00eb en politieke geograwe naas die staatsregtelikes.<\/p>\n<p>En verseker die denkers en meningsvormers buite die liberale raamwerk dat hul insette nie weer dieselfde weg sal volg as met die vragte voorleggings aan die destydse Presidentraad, Kodesa en ten slotte Volkstaatraad nie. Dat die insette die keer beskaafd oorweeg sal word, dat dit wat na oplossings lyk bevorder sal word, en baan daarvandaan \u2018n weg vir die toekoms.<\/p>\n<p>Deur weer oplossings binne dieselfde dampkring te soek, beteken dat elke jaar se versoeningsdag bloot sal dien as die dag waarop bestek opgeneem word oor hoe die gesindhede in die land verder uitgerafel het. Met die jeugberaad moes die jongelinge op die harde manier kennis neem dat die werklikheid anders is as \u2018n string retoriek. Om oor westerse imperialisme \u2018n  lawaai op te skop maak nie Marokko se besetting van Wes-Sahara tot niet nie. Die Turkse afvaardiging se saampratery gaan nie verhinder dat die Armeni\u00ebrs binnekort die eeu-herdenking van die Armeense volksmoord aan die hand van die Turke op reuse skaal gaan gedenk nie. Die Koerde gaan nie hul ongelukkigheid met Turkye laat vaar nie.<\/p>\n<p>Ander staatkundige opsies toe dit aangewese was kon sake grootliks ontlont het. Die organiseerders van die beraad kan self besluit of nog \u2018n kruispad soos \u2018n stopstraat ge\u00efgnoreer gaan word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0442\u0430\u043c\u0431\u043e\u0432 \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u043e\u0435 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/m.dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1153552.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Onlangse eerlike opmerking deur die skryfster, Annelie Botes, het nie net \u2018n naam aan die spook in die kas gegee nie, dit het die spook uit die kas geruk sodat die onderwerp in \u2018n kort tydjie al behoorlik voos beskryf is. Mense aan verskillende spektrums van die politiek, mense van verskillende kulture en rasse, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9713","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9713"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9713\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}