{"id":9704,"date":"2010-12-21T06:01:17","date_gmt":"2010-12-21T06:01:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9704"},"modified":"2010-12-21T06:01:17","modified_gmt":"2010-12-21T06:01:17","slug":"waar-is-geloftedag-in-die-burger-en-volksblad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9704","title":{"rendered":"Waar is Geloftedag in Die Burger en Volksblad?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gewoonlik woon ek in \u2018n gebied waar die ANC op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak regeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Af en toe kom ek by die see, op \u2018n plek waar die DA op provinsiale en plaaslike vlak regeer. Die provinsie en die munisipaliteit was tot voor die vorige verkiesings in die hande van die ANC.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oudste, wat pas sy landbougraad verwerf het, ken nie werklik \u2018n tydperk voor die ANC aan bewind gekom het nie. Trouens, sy jonger boetie, Jan Barend gedoop, is op die laaste Jan van Riebeeckdag gebore.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSjoe, dit lyk my dit maak \u2018n groot verskil wie regeer,\u201d merk oudste op en swymel behoorlik oor die netjies sypaadjies, die strate wat netjies versorg is, en die afwesigheid van slaggate. Tot \u2018n spesiale fietsrybaan, al is sy neef nou die dag in daai baan op sy fiets omgery.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tuis in die Vrystaat, oorkant die straat, is \u2018n betondeksel van \u2018n stormwaterinlaat al seker drie jaar weg. Dis agtien maande lank weekliks gerapporteer, dit was al in die koerant, maar dit het dwarsdeur die groot sokker oop gebly, en dit is steeds.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Wes-Kaap het ek twee vroulike familielede wat openlik ANC was. Een is dalk nog. Die ander se munisipaliteit is onlangs deur die ANC \u201cbevry\u201d en nou, kom ek agter, is sy baie krities op die ANC.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terug waar ons vakansie hou. Ek vra \u2018n familielid wat, soos van gister en van eergister, lank voor 1994, baie uitgesproke liberaal en nie-rassig was, of hy \u2018n verskil kan agterkom van die ANC nie meer sy provinsie en munisipaliteit beheer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy dink \u2018n ruk, en gee toe die antwoord wat ek nie verwag nie. \u201cNie regtig nie, voorheen was dit blankes in beheer (die NNP\u2019s wat by die ANC aangesluit het) en nou is dit steeds blankes.\u201d &nbsp;&nbsp;Nie gedink hy sou in sy leeftyd so politiek inkorrek raak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tuis is daar Volksblad, hier Die Burger. Dit is nie meer dieselfde Die Burger wat my \u2013 as die weer buite nie lekker saamspeel nie \u2013 \u2018n paar uur kan besig hou nie. &nbsp;Vandag, Geloftedag, stap ek soos elke oggend vroegerig winkel toe om Die Burger te gaan koop \u2013 as daar een sou wees. Daar is. Met die baie binnelanders langs die groot dam, wil ek kyk of die Geloftedagboodskap wat ek vir \u2018n politieke party opgestel en uitgestuur het, dalk die paal gehaal het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe nou nie, maar so ook haal Geloftedag nie die paal nie. Het miesies Helen gevergeet om \u2018n Geloftedagboodskap vir die Afrikaner uit te stuur? Kan mos nie wees nie, want hulle mis dan net nie uit om vir die en daai groepie, maak nie saak hoe klein nie, boodskappe van geluk uit te stuur met die herdenking van hul spesiale dae nie. Dis versoeningsdag voor, en dis versoeningsdag agter in Die Burger. En, is die konsensus, Versoeningsdag is in die sop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En ek dink so by myself, wat verwag hulle as so \u2018n belangrike dag soos Geloftedag vir die Afrikaner soos \u2018n stopstraat ge\u00efgnoreer word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister het Die Burger \u2018n onderhoud geplaas wat die \u201conafhanklike ontleder\u201d, Heinrich Wyngard, met Steve Hofmeyr gevoer het. Kortom, ek het die vrae as baie onprofessioneel ervaar. Vandag is daar briewe \u2013 \u2018n hele paar \u2013 waarin Heinrich die kop gewas word. Reg onder \u2018n rubriek van dieselfde Heinrich, ook oor versoening.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien is \u201conafhanklike\u201d ontleding dieselfde as \u201cverwarde\u201d ontleding, dan maak dit sin. Breedweg lyk dit so: Die blankes is die struikelblok vir nie-rassigheid. Hulle mag maar gelooi word, want al het hulle nie meer die politieke mag nie, het hulle steeds die ekonomiese mag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar sonder om nou my kop te hard te probeer breek om Heinrich te begryp, wat ek wel deeglik begryp is dat hy dit uitspel dat hy onlekker is oor die bruin mense al so lank in die land is \u2013 as nasate van die Koi en San van baie lank terug, maar nou word \u2018n groot ophef gemaak van die Indi\u00ebrs se 150-jarige aankoms.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan wonder ek maar net, sit en blaf Heinrich nie onder die verkeerde boom vir die verkeerde kat nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maar ek het nie \u2018n duisend kilometer gery om in \u2018n \u201conbevryde deel\u201d van die land te kom vakansie hou, en dan my kop steeds te breek oor \u2018n verwarde ideologiese imperialisme nie. &nbsp;<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/kompressory-porshnevye-f3794318\/\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0448\u043d\u044b\u0439 \u043f\u043e\u0440\u0448\u043d\u0435\u0432\u043e\u0439 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3876186\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewoonlik woon ek in \u2018n gebied waar die ANC op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak regeer. Af en toe kom ek by die see, op \u2018n plek waar die DA op provinsiale en plaaslike vlak regeer. Die provinsie en die munisipaliteit was tot voor die vorige verkiesings in die hande van die ANC. Oudste, wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9704","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9704"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9704\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}