{"id":9702,"date":"2010-12-17T08:10:40","date_gmt":"2010-12-17T08:10:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9702"},"modified":"2010-12-17T08:10:40","modified_gmt":"2010-12-17T08:10:40","slug":"orania-n-persoonlike-indruk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9702","title":{"rendered":"Orania \u2013 \u2018n persoonlike indruk"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Afrikanerwerkers op Orania bou 'n huis\" alt=\"Orania se blanke werkers\" width=\"251\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/orania_blankewerkers.jpg\" class=\"caption\" \/>\u2018n Span van ses Praaglede het Orania verlede week besoek op \u2018n feitesending, onder leiding van Dan Roodt en ekself, om eerstehands te gaan kyk wat hierdie pioniers al bereik het en tot stand gebring het. Ons gasheer was John Strydom, Orania se skakelbeampte, en verskeie leiers en sprekers van die gemeenskap het ons toegespreek en meer vertel van die volgende:<\/p>\n<ol align=\"justify\">\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Orania se \tgeskiedenis;<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">die ekonomiese \ten finansi\u00eble modelle wat gevolg word;<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">die groei wat \tervaar is vanaf die stigting;<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">die welsyns- en \tsosiale omstandighede wat ervaar en bestuur word;<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">die \ttoekomsplanne wat in plek is; en<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">die groei in \tdie ontwikkeling van \u2018n eie ekonomie.<\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Daar is so baie stories wat vertel word, so baie persepsies van en kritiek teen Orania, dat mens dink dit moet &#8216;n agteraf, arm gemeenskap wees, waar daar net stof en troostelose droefheid ervaar word &#8211; en ons het met sekerlik dieselfde mate van vooropgestelde idees daar aangeland.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die eerste indruk wat mens kry as jy daar aankom, is dat dit maar lyk soos net nog \u2018n klein plattelandse dorpie in Suid Afrika \u2013 wel soos die dorpies in die ou Suid=Afrika gelyk het. Dit is klein, skoon en rustig. Daar is armoedige huise, gemiddelde huise en mooi huise. N\u00earens sien jy kasteelagtige Boere-Toskaanse gedrogte nie. Daar is ou motors wat beter dae geken het, gemiddelde motors en nuwe blink motors. Baie mense ry fiets, en hulle laat toe dat jy jou vierwielmotorfiets op die pad kan gebruik. Daar is \u2018n paar gastehuise, \u2018n baie moderne boetiekhotel, vakansie-oord, kampeerplek, \u2018n OK-kruidenierswinkel, \u2018n motorhawe \/ vulstasie, \u2018n paar koffiewinkels, \u2018n klerewinkel, die belangrike aandenkingswinkeltjie, \u2018n opelugrestaurant teen die rivier en landboubedrywighede rondom die dorp.  Orals in die strate en aan die lowergroen oewer, sien jy sorgelose kinders rondhardloop en speel.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Vir mense wat al oorsee was en veral ander lande se platteland besoek het buite die stede, is dit nie \u2018n skok om blankes te sien arbeiderswerk doen nie, maar ek glo dat sommige mense dit met die eerste oogopslag as skokkend sal ervaar. Daar sien jy blankes gate grawe, strate skoonmaak, padinstandhouding doen, fondasies grawe, sement meng, kruiwa stoot, hope gruis en grond met grawe wegwerk, plantjies versorg in die kwekery en rakke pak in die OK. In Orania sien jy bitter min oorgewig mense (ek het twee gesien, maar hulle is seker nog nie lank daar nie), want deur harde fisiese werk, word daardie ekstra kilojoules wat ons ander so lekker laat sukkel om die middel in toom te hou, net eenvoudig deur werk verbrand.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ek het daardie selfde tendens opgemerk in Suid-Amerika, waar mense ook hulle eie werk moet doen. Daar is oorgewig mense net eenvoudig die uitsondering en nie die re\u00ebl nie. Die een rede hoekom Amerika, Kanada en Engeland se mense oorgewig is, is dieselfde as wat ons in Suid Afrika ervaar \u2013 volksvreemde arbeid, en te veel geld en materialisme. Die Amerikaners gebruik hoofsaaklik Spaanssprekende mense vanuit Sentraal- en Suid-Amerika om hulle arbeiderwerk te doen. In Kanada is dit meestal afstammelinge van die inheemse Indiaanstamme, en dan in Engeland is daar mense van Wes-Indi\u00eb, Pakistan en Indi\u00eb.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die sosiale aard van Orania weerspie\u00ebl die meeste Suid-Amerikaanse en Europese kleindorpstrukture, en dit is, dat daar nie onderskeid getref word tussen welaf mense en die armes nie. Omdat almal ewe hard werk en bou aan \u2018n klein ekonomie, word jy aanvaar op sterkte van die bydrae wat jy maak, wat meer gefokus is op werk as op finansi\u00eble rykdom. As jy daar rondbeweeg met jou Gucci-pak, jou vroutjie met haar gimnasiumlyfie, sonbedbene en Prada-handsakkie en jou R1-miljoen-Mercedes, gaan niemand vir jou meer respek h\u00ea as vir die arm seun wat elke dag die strate vee om die gemeenskap tot diens te wees nie. Inteendeel, as jy net daar is vir die vertoon en nie jou bydrae anders as deur geld maak nie, gaan hulle nie veel van jou dink nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Soos dit behoort te werk in \u2018n klein groeiende ekonomie, is daar nie plek vir luiheid of ydelheid op Orania nie. En dit is ongelukkig die faktor waarmee ons stedelinge en gemiddelde mense met ons materialistiese ingesteldheid die mense van Orania en Orania as \u2018n heropboumodel mee beoordeel en hulle kritiseer. Kritiek wat myns insiens ongevraagd en onregverdig is. Alhoewel nie volkome nie, is daardie mense vry. Indien nie polities en volkekundig vry nie, is hulle vry deur middel van hulle arbeid en sukses, en die feit dat hulle arbeid en finansi\u00eble doelwitte wat bereik word, tot voordeel van hulleself en die gemeenskap is. Dit herinner my aan die Duitse slagspreuk van die Nazi\u2019s: \u201cArbeit macht frei.\u201d Hoewel polities inkorrek, is dit heel gepas vir Orania.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Daar is wel \u2018n sosiale probleem wat die mense van Orania deurlopend moet bestuur, en dit is die feit dat baie arm Afrikaners sonder heenkome daar aankom, en dink hulle kan daar versorg en gekoester word, sonder om self arbeidsaam by te dra. Alhoewel daar wel simpatiek na sulke mense uitgereik word, is die ekonomie net te klein om \u2018n welsynstaat te word, en dus word daar van sodanige mense verwag om te begin om die arbeidsbehoefte te vul. Sommige van hulle skakel suksesvol in, en word in die gemeenskap opgeneem en gehelp, maar ander kan net nie daardie kopskuif maak nie, en word dan weer op hulle pad gesit.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ek ondersteun hierdie benadering, omrede die Afrikaner nie kan bekostig om \u2018n welsynsvolk te word nie. Orania kan nie bekostig dat daar \u2018n blanke plakkerskamp ontstaan, waar die mense gevoed en versorg moet word uit \u2018n reeds klein ekonomie nie. Dit is \u2018n feit dat elke volk bestaan uit verskillende lae mense. Jy kry jou akademici, jou intelligentsia, jou professionele mense, jou denkers en planmakers, jou entrepreneurs en besigheidsmense, jou witboordjiewerkers, jou dienswerkers, en dan natuurlik jou arbeiders. Ons as Afrikaners het so lank onder apartheid gewoond geraak aan swart arbeid, dat ons nie meer arbeiders wil wees nie. En dit is ook \u2018n feit dat party mense maar onder moet begin, en binne hul vermo\u00eb hulleself maar moet opwerk na ander vlakke. Mense wat alles in die lewe verloor het, moet tog begryp dat jy weer iewers moet begin, al het jy \u2018n meestersgraad in wiskunde \u2013 <em>Arbeit macht frei<\/em>, of in die Afrikaanse idioom, soos deur Langenhoven geskep: Arbeidadel, of in die Orania-idioom:  Selfwerksaamheid.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat eiendom op Orania betref, is hulle ongelukkig getref deur hiperinflasie op eiendomspryse, as gevolg van \u2018n geweldige aanvraag na eiendom en huise die afgelope drie jaar. Pryse in Orania is heelwat ho\u00ebr as in die omliggende dorpe soos Vanderkloof, Petrusville en Hopetown. \u2018n Gedienste erf kos in die omgewing van R 200&nbsp;000. Dit is ook natuurlik iets wat baie moeilik beheer kan word in \u2018n vryemarkstelsel, maar realisme moet maar altyd die botoon voer. Myns insiens is die Malema-barometer hiervoor verantwoordelik, en sal dit op een of ander manier beheer moet word. Hoe meer Malema gal braak oor die blankes en nasionalisering, hoe groter en meer dringend is die planne van baie mense om na \u2018n volkstaat te verhuis, en op die ou-end is dit net d\u00edt \u2013 planne. Die ekonomiese realiteit van die Noordkaapse platteland staar mens nog altyd in die gesig, en dit is &#8216;n beperkende ekonomiese aktiwiteit en realiteit. Eiendomspryse in Orania behoort vergelyk te word met die buurdorpe om \u2018n meer realistiese waardasie te doen, en kan daarom nie veel ho\u00ebr wees nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die dorpsraad op Orania besef die probleem, en is besig met planne om dit te bestuur. Hulle gaan binnekort weer erwe beskikbaar stel om die voorraad, en dus aanbod te verhoog, en is gedurig besig om na boumetodes te kyk wat goedkoper as die normale is. Boukoste is dan ook baie hoog, omrede alle materiale ver aangery moet word en daar van blanke arbeid gebruik gemaak word.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat die landbou betref, is daar al heelwat gevestigde bedrywe, wat suksesvol bestuur word. Die voorkeurboerdery is pekanneute, en hierdie tyd van die jaar lyk dit te mooi om die dorp as gevolg van al die boorde. Verder het ons druiweboorde en \u2018n mielieland onder spilpuntbesproeiing waargeneem.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Daar is kerke vir die meeste denominasies in die Afrikanerkultuur, en dit blyk dat daar baie verdraagsaamheid tussen die mense bestaan. Ons het egter opgemerk dat daar drie skole is, en dit was nogal \u2018n skok. Waarom drie skole in so &#8216;n klein gemeenskap aan die gang hou terwyl al die kinders tog een groter skool kan ondersteun?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Vir \u2018n entrepreneur met \u2018n goeie besigheidsidee wat kan inpas in die streeksekonomie, is daar geleenthede op Orania, en die Orania Ko\u00f6perasie sal selfs finansi\u00eble bystand kan aanbied vir merietegevalle.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Op die ou end kom die vraag na vore: Hoe sien ek Orania \u2013 1) as bestaande gemeenskap en heropboumodel, en 2) in die toekoms van die Afrikaner?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ons wat nie daar woon nie, het nie die reg om Orania as model, of as gemeenskap te veroordeel en te kritiseer nie. Dit is nie deel van die normale ekonomie nie, en dus sal jy nie daar \u2018n groot winkelsentrum aantref met restaurante, luukse winkels of flieks nie. Maar jy sal dit ook nie in Hartswater of Koekenaap aantref nie; tog praat ons nie smalend van die mense wat daar bly nie. Die mense wat ek op Orania ontmoet het, is eerlike, hardwerkende Afrikaners, sonder pretensie, hoogmoed en venyn. Hulle sien nie neer op enige mens nie, en praat nie sleg van die mense binne die Afrikanervolk wat op hulle neersien nie. Baie van hulle is hooggeleerd, sommige is slim, ander miskien dom, maar hulle het almal \u2018n doel in die lewe en hulle werk gefokus daarvoor: Om \u2018n plek en \u2018n lewe vir hulleself en hulle nageslagte daar uit die klip en stof van die Noordkaap te bewerkstellig. \u2018n Plek waar ons kultuur en manier van dink en doen beskerm en verder ontwikkel kan word.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">As model het hulle bewys dat die Afrikaner selfversorgend kan wees en dat ons, soos ons voorouers die Vryburgers en die Voortrekkers, sonder buitehulp iets van die grond af kan opbou wat net tot eer sal strek van hulle wat daaraan deel het.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">As die politiek nie inmeng en dit tot niet maak nie, gaan Orania in die Afrikaner se toekoms \u2018n baie belangrike rol speel as \u2018n tuiste vir hom in Afrika \u2013 \u2018n biosfeer waar ons mense hulle batterye kan gaan laai teen die aanslag van die verafrikanisering van Suid Afrika. Dit wat daar begin is, sal groei en sal lewensvatbaar wees, al word dit (hopelik nie) afgesny van die buitew\u00eareld as gevolg van politieke strategie\u00eb van die ANC.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Elke Afrikaner wat smag na, en wil bydrae tot die vryheid van ons volk, behoort aan te sluit by die Orania Beweging, en solank \u2018n finansi\u00eble bydrae te maak tot die Orania Ko\u00f6perasie. Dit gaan die groeipunt word van \u2018n Afrikanerhartland. Ek is be\u00efndruk, en kan net met respek praat van die mense wat daar woon en die sukses wat hulle tot dusver bereik het met baie min hulpbronne.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Vir my medevolksgenote wat op Orania neersien en wat smalend van hulle praat, wil ek net die volgende s\u00ea: \u201cDit is beter vir \u2018n dwaas om stil te bly, want dan sien niemand sy onkunde raak nie.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/puteshestviya-po-sredizemnomoryu\/\">\u043f\u0443\u0442\u0435\u0448\u0435\u0441\u0442\u0432\u0438\u0435 \u043f\u043e \u0441\u0440\u0435\u0434\u0438\u0437\u0435\u043c\u043d\u043e\u043c\u0443 \u043c\u043e\u0440\u044e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Span van ses Praaglede het Orania verlede week besoek op \u2018n feitesending, onder leiding van Dan Roodt en ekself, om eerstehands te gaan kyk wat hierdie pioniers al bereik het en tot stand gebring het. Ons gasheer was John Strydom, Orania se skakelbeampte, en verskeie leiers en sprekers van die gemeenskap het ons toegespreek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9701,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9702","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9702","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9702"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9702\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9701"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9702"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9702"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9702"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}