{"id":9695,"date":"2010-12-15T15:15:36","date_gmt":"2010-12-15T15:15:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9695"},"modified":"2010-12-15T15:15:36","modified_gmt":"2010-12-15T15:15:36","slug":"grondwetlikheid-en-versoeningsdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9695","title":{"rendered":"Grondwetlikheid en versoeningsdag"},"content":{"rendered":"<h4 style=\"text-align: justify;\">Dowwe re\u00ebnboog<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\">Sowat 47 % van die land se inwoners meen daar was sedert 1994 \u2018n verbetering in die land se rasseverhoudings, aldus die Instituut vir Geregtigheid en Versoening se versoeningsbarometer. Skaars 54 % van die landsburgers beskou hulle as Suid-Afrikaners en net 46 % meen rasseverhoudings het die afgelope jaar \u2013 die jaar van die groot sokker \u2013 verbeter aldus die regering se ontwikkelingsaanwysers vir 2010. Verlede jaar was driekwart van die bevolking nog trots Suid-Afrikaans.<\/p>\n<p>Net 55% van die bevolking meen die land is op die regte koers, teenoor 76 % in 1994.<\/p>\n<p>Met statistieke kan haas enigiets bewys word. Tog sou dit stiksienig wees om nie raak te sien dat Suid-Afrika met \u2018n liberale grondwet in die moeilikheid is nie. <\/p>\n<p>Onlangs het oud-pres. FW de Klerk tydens \u2018n buitelandse besoek ook sy mond oor die toepassing van die grondwet uitgespoel. <\/p>\n<p>In \u2018n land waar die vernaamste meningsvormers nog eerder dood gesien sal word as om as nie-liberaal beskou te word, sal halsstarrig aan die mite geklou word dat Suid-Afrika \u2018n uitstekende grondwet het. In die proses sal ander opsies, soos di\u00e9 van die Europese Unie, Indi\u00eb en Nieu-Seeland nie genoem word nie. Die Kosovo-opsie word bykans volledig verswyg \u2013 al is dit op \u2018n bevinding van die W\u00eareldhof geskoei.<\/p>\n<p>Dit bly politiek inkorrek al is die huidige grondwet en die toepassing daarvan besig om in die glybaan van verval te versnel. Dis nie \u2018n bitterbek verregse wat dit s\u00ea nie maar die syfers wat die land jaar vir jaar in die gesig staar. En die ongelukkigheid kom nie net van die wit bevolking nie. Al hoe meer bruin stemme gaan op oor die kort lootjie wat die bruin bevolking by die ANC getrek het, en die regering se syfers toon dat 30% van die bevolking hulle eerder as Afrikane beskou as Suid-Afrikaners.  <\/p>\n<p>Teen hierdie agtergrond is die uitspraak van die App\u00e8lhof teen die regering, oor die regering se weiering om \u2018n verslag oor \u2018n Zimbabwiese verkiesing aan die media beskikbaar te stel, van belang. Weer eens het die regering, nie die eerste keer van die regbank af nie, \u2018n preek oor grondwetlike beginsels gekry. <\/p>\n<p>Trouens, al hoe meer tekens word duidelik dat die regering selfs die gebrekkige grondwet se bedoeling probeer buig weg van \u2018n grondwetlike demokrasie.<\/p>\n<p>En dit alles gebeur op die vooraand van versoeningsdag.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/moechno_uborochnoe_oborudovanie\/\">\u0441\u0442\u043e\u0438\u0442 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dowwe re\u00ebnboog Sowat 47 % van die land se inwoners meen daar was sedert 1994 \u2018n verbetering in die land se rasseverhoudings, aldus die Instituut vir Geregtigheid en Versoening se versoeningsbarometer. Skaars 54 % van die landsburgers beskou hulle as Suid-Afrikaners en net 46 % meen rasseverhoudings het die afgelope jaar \u2013 die jaar van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9695","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9695\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}