{"id":9692,"date":"2010-12-14T05:13:22","date_gmt":"2010-12-14T05:13:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9692"},"modified":"2010-12-14T05:13:22","modified_gmt":"2010-12-14T05:13:22","slug":"kersgeskenk-op-bek-order","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9692","title":{"rendered":"Kersgeskenk op b\u00eak \u00f4rder"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die driejarige Kallie se beentjies wat onder sy kort broekie uitsteek, woer behoorlik soos hy by ma probeer byhou terwyl sy die laaste inkopies voor Kersfees doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gewoonlik kan Kallie nie met beloftes van roomys en tjips omgepraat word om saam met ma dorp toe te gaan as ma inkopies doen nie. Die baie rapsies op die handjies oor alles waaraan hy wil vat, die lang wag terwyl ma skoene aanpas, die lang staan in die toue by betaalpunte, en \u2018n brandboud of wat as hy van verveeldheid wegraak&#8230;alles dra by tot die kopskuheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moes hom eintlik \u2018Groot Speld\u2019 gedoop het,\u201d beduie ma gereeld as Kallie so tussen neus en ore soek raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dis amper Kersfees. Trouens, vanaand bring Kersvader die geskenke, en Kallie is saam met die hoop om iewers vir Kersvader raak te loop. So met die deurry deur die dorp het hy die afgelope paar dae elke keer vir Kersvader gesien. Soms werk sy koppie kliphard hoe Kersvader dit regkry om so gou van een plek na \u2018n nader te beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToorwerk,\u201d het Kallie se pa geantwoord terwyl die twee ko\u00f6perasie toe gery het. Pa is \u2018n man vir min woorde, en Kallie gaan graag saam ko\u00f6perasie toe. Daar is altyd iets waaraan hy hom verwonder, en hy mag maar op die groot, splinternuwe trekkers klim sonder dat iets iewers aan sy lyfie aan die brand gaan. Trouens, die bestuurder haal gereeld vir hom \u2018n paar droppe uit \u2018n glashouer, en Kallie kom dan met \u2018n swartgesmeerde gevreetjie by die huis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ko\u00f6perasie het net een nadeel, Kersvader is nooit in die omgewing nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar\u2019s hy!\u201d gil Kallie toe hy Kersvader sien, en hy begin dadelik aan ma se hand te trek, sy ogies vasgenael dat die ou karnallie nie dalk toorkrag inspan voor hy, Kallie, nie kans gekry het om by hom te kom en die uiters belangrike boodskap af te gee nie. Ma laat haar saamsleep. Sy meen ook sy is veilig, want Kallie het geen geheim gemaak van wat hy alles verlang nie \u2013 alles beskeie soos \u2018n Spiderman en \u2018n klimtol, en dis alles reeds toegedraai vir buurman Jan de Bruin om vanaand as Kersvader te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Kallie verras sy ma, en Kersvader weet ook nie mooi hoe om die verleentheid weg te steek nie: \u201cKersvader, ek het gevergeet, ek wil baie asseblief, asseblief \u2018n bababoetie h\u00ea!\u201d Van die omstanders giggel, en een ongepoetste winkelassistent lag kliphard. Kersvader soek verle\u00eb na \u2018n antwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dan let hy op. Kallie se ma glimlag breed, sy beduie na haar magie wat boep maak, en toe met die duim na bo. Duidelik gaan Kallie \u2018n bababoetie kry, maar hy sal eers bietjie moet wag. Hy beduie so aan Kallie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cO,\u201d gaan die lig vir Kallie aan wat mos gereeld saam met pa by die ko\u00f6perasie kom, \u201chy is op b\u00eak \u00f4rder.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die mond van die suigeling&#8230;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/gidroakkumulyatory\">\u0433\u0438\u0434\u0440\u043e\u0430\u043a\u043a\u0443\u043c\u0443\u043b\u044f\u0442\u043e\u0440 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0432 \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die driejarige Kallie se beentjies wat onder sy kort broekie uitsteek, woer behoorlik soos hy by ma probeer byhou terwyl sy die laaste inkopies voor Kersfees doen. Gewoonlik kan Kallie nie met beloftes van roomys en tjips omgepraat word om saam met ma dorp toe te gaan as ma inkopies doen nie. Die baie rapsies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9692","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9692","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9692"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9692\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9692"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9692"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9692"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}