{"id":9684,"date":"2010-12-10T16:47:32","date_gmt":"2010-12-10T16:47:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9684"},"modified":"2010-12-10T16:47:32","modified_gmt":"2010-12-10T16:47:32","slug":"faal-letterkunde-as-gewete-van-die-volk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9684","title":{"rendered":"Faal letterkunde as gewete van die volk?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Letterkundiges het die reputasie dat hulle as rebels voorkom \u2013 die bestaande orde aandurf \u2013 en as gewete van die volk optree om onregte aan die kaak te stel waaroor die politiek-korrektes swyg.<\/p>\n<p>Kort-kort is \u2018n regering dikbek vir die Nobelprystoekenners oor afvalliges wat die gesogte vredesprys opraap \u2013 heel dikwels skrywers agter tralies of ingeperk. <\/p>\n<p>Die term \u201cliter\u00eare vryheid\u201d is vertolk as \u2018n wye vryheid om ook maatskaplike kwessies los van politieke korrektheid aan te spreek.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika was skrywers soos Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Andr\u00e9 P. Brink nooit hoog op die vorige regering se gewildheidslys nie. Die skrywer-digter, Barend J. Toerien het verduidelik dat die lot van die \u201cunderdog\u201d die skrywers aangryp. Hy het ook voor die aanbreek van die post-1994-bedeling daarop gewys dat die wyse waarop die Afrikaner hanteer word, die Afrikaner ook \u2018n \u201cunderdog\u201d maak.<\/p>\n<p>Selfs al is die laaste plaasmoord in Suid-Afrika reeds gepleeg, sal die slagting van Afrikanerboere en hul gesinslede, tesame met die wreedheid van die aanvalle, soos die konsentrasiekampe in die kollektiewe geheue vasge-ets bly. <\/p>\n<p>Die hoofstroom Afrikaanse letterkunde swyg effektief hieroor. Onder die beeldende kunstenaars gebruik feitlik net die skilder, Pauline Gutter, hierdie tema. <\/p>\n<p>Die byna twee dekades lange kortste lootjie wat Afrikaners, veral die mans, met praktyke soos regstellende aksie en transformasie \u2013 wat reeds voor 1994 begin het \u2013 vorm ook selde die tema van die hoofstroom-letterkunde.<\/p>\n<p>En dan is daar Annelie Botes. En Steve Hofmeyr.<\/p>\n<p>Pas is Botes haar K. Sello Duiker-liter\u00eare prys kwyt oor \u2018n opmerking, wat volgens haar buite konteks en krasser as wat sy dit bedoel het in \u2018n Sondagkoerant geplaas is. Sy het ook tevore reeds om verskoning gevra. <\/p>\n<p>Die blote feit dat dit wat Botes en Hofmeyr ges\u00ea het, ongeag hoe dit ges\u00ea en bedoel was, onder \u2018n bre\u00eb gehoor ge\u00efnterpreteer is soos dit vertolk is, en die storm ontketen het, dui daarop dat daar \u2018n groot gaping tussen alledaagse ervaring en die glaskas-houding is. <\/p>\n<p>Onder die ou garde skrywers wat die vorige bedeling aangeval het en sommer vanuit die staanspoor ook die nuwe bedeling se misstappe aan die kaak gestel het, tel Breyten Breytenbach. Hy plaas steeds nie \u2018n wag voor sy mond nie en kritiseer selfs Mandela. Andr\u00e9 P. Brink raas in effek met blankes oor hulle nie saam met hom gaan betoog het teen die regering se nuwe mediaplanne nie. <\/p>\n<p>Annelie en Steve, in die bre\u00eb konteks, wys op \u2018n probleem wat in baie mense se harte klop \u2013 maar dit is politiek inkorrek. Bedoeld of onbedoeld, het die Shout-organisasie meer aandag getrek in sy aanspreek van Hofmeyr as aan die veroordeling van die Potgieter-moorde. Shout beweer hy het, maar daardie boodskap het eers die publiek bereik na die VF Plus \u2018n boikot van Shout gevra het tot di\u00e9 moorde ook veroordeel word.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning, SALA, moet ernstig besin of die toekenning, na die klap aan Botes, nog die term \u201cletterkunde\u201d in sy naam verdien. Al is Botes R30 000 aan prysgeld kwyt, is sy nie met \u2018n toekenning besoedel wat die titel van kwasi-letterkunde op homself gehaal het nie. <\/p>\n<p>Moontlik is daar wins te make. Moontlik kan Afrikaanse kultuurorganisasies met Botes onderhandel, die R30 000 insamel, en die geld met haar instemming aan \u2018n fonds vir plaasaanvalslagoffers oorbetaal. Of \u2018n projek help finansier om die kwessie van plaasmoorde deel van die Afrikaanse hoofstroom-letterkunde te maak.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\">\u043f\u0440\u043e\u0434\u0430\u0436\u0430 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u043e\u0432 \u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0448\u043d\u044b\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Letterkundiges het die reputasie dat hulle as rebels voorkom \u2013 die bestaande orde aandurf \u2013 en as gewete van die volk optree om onregte aan die kaak te stel waaroor die politiek-korrektes swyg. Kort-kort is \u2018n regering dikbek vir die Nobelprystoekenners oor afvalliges wat die gesogte vredesprys opraap \u2013 heel dikwels skrywers agter tralies of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9684","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9684","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9684"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9684\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9684"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9684"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9684"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}