{"id":9681,"date":"2010-12-09T05:08:16","date_gmt":"2010-12-09T05:08:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9681"},"modified":"2010-12-09T05:08:16","modified_gmt":"2010-12-09T05:08:16","slug":"sal-ons-ooit-weer-vry-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9681","title":{"rendered":"Sal ons ooit weer vry wees?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Die Afrikaner as volk staan die afgelope 16 jaar onder vreemde juk in sy eie vaderland.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Baie Afrikaners aanvaar dit as \u2018onomkeerbaar\u2019 om die gewraakte uitdrukking van \u2018n voormalige president van Suid-Afrika, mnr F W de Klerk te gebruik, en het hulle reeds \u2018deel\u2019 geword van die Nuwe Suid-Afrika (NSA) met sy veelrassige sport, ho\u00eb vlakke van geweldadige misdaad asook korrupsie en vergrype van \u2018n onbeholpe owerheid.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Daar is egter \u2018n al groter wordende groep Afrikaners wat nie hierdie toestand kan of wil aanvaar nie en smag na vryheid in \u2018n eie vaderland.<\/span><\/span><\/p>\n<h1 style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Voortrekkers<\/span><\/span><\/h1>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Net soos die Afrikaners in die sewentiende eeu in verset gekom het teen die Engelse wat die Kaap geannekseer het en hulle taal en wil op ons af geforseer het, is daar vandag ook Afrikaners wat hierdie Swart diaboliese juk van hulle wil afgooi.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Maar net soos in 1836 met die Groot Trek verskil di\u00e9 Afrikaners oor die pad na vryheid. U sal onthou dat Hendrik Potgieter en sy trekgeselskap hulle vryheid in Transvaal kom soek het om so v\u00ear as moontlik van die Engelse weg te kom terwyl Piet Retief en sy mense Natal gekies het om verseker te wees van \u2018n hawe en \u2018n handelsroete na die w\u00eareld.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">By nabetragting skyn di\u00e9 verdeeldheid nie as verswakking van die einddoel nie, maar as versterking, want daardeur het hulle die hele land mak gemaak.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Derhalwe moet die verdeeldheid onder Afrikaners\/Boere vandag eintlik gesien word as ons sterk punt en \u2018n teken van \u2018n veelheid van leierskap. Dit maak my opgewonde vir die toekoms.<\/span><\/span><\/p>\n<h1 style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Die pad na vryheid<\/span><\/span><\/h1>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Dit is \u2018n uitgemaakte saak dat as die Afrikaner werklik vry wil wees, sal dit net wees wanneer hy homself regeer in sy eie grondgebied wat hy fisies kan verdedig en waar hy sy eie werk kan doen en waar Afrikaans die amptelike taal sal wees.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-size: small;\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\">Om te verseker dat Afrikaans as taal soos ons dit vandag ken, bly voortbestaan, is \u2018n onafhanklike grondgebied geskei van die NSA ononderhandelbaar. Daarom moet ons ook ooreenkom dat Afrikaans die enigste amptelike taal<\/span><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><strong> <\/strong><\/span><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\">daar sal wees en derhalwe die beskerming van \u2018n Afrikanerowerheid sal geniet.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Wat ons verder moet besef, is dat die pad na vryheid vir die Afrikaner \u2018n lang en opdraande pad is wat baie eise en offers sal vra; dat ons soms vinnig moet beweeg en soms stadig.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Want net soos sommige Afrikaners destyds nie net hulle goed op \u2018n wa kon laai en die binneland intrek nie, is daar ook vandag goeie Afrikaners wat nie sommer hulle wortels hier kan lig en elders met hulle lewe kan voortgaan nie. Hulle eiendom is hier; familie is hier en werk is hier.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Hiervoor het ons \u2018n dubbelloopstrategie nodig &#8211; en baie geduld en verdraagsaamheid met mekaar.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Die een been van die strategie sal wees om groeipunte te skep soortgelyk aan Orania in die Kaap en Kleinfontein (Pretoria-Oos) waar die Afrikaner homself kan vestig met die doel om \u2018n meerderheid in daardie gebied te vorm en uiteindelik af te skei van die NSA. Daar is mense wat sal kla dat ons net een grondgebied moet h\u00ea, maar ek is van mening dat ons meer moet beweeg in die rigting van \u2018n federasie van Afrikanerstate wat uiteindelik gekonsolideer kan word.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Die ander been behels dat die Afrikaner in terme van minderheidsregte waarvoor hy by uitstek kwalifiseer moet agiteer om in die NSA sy eie huishoudelike sake soos onderwys, welsyn, kultuurerfenis ens self te beheer. Dit beteken dat die Afrikaner een of ander verkose gesagsliggaam sal aanwys wat hierdie aspirasies sal kan verwoord, dit promoveer en net soos daar erkenning gegee word aan tradisionele (swart) leiers vandag, erkenning van die NSA owerheid af te dwing vir die bestaan van Afrikanervolk\/Boervolk en sy eise.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Derhalwe is die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) \u2018n belangrike stap in di\u00e9 rigting en moet elke reggeaarde Afrikaner\/Boer registreer om deel te neem aan die verkiesing van \u2018n Afrikaner Volksraad volgende jaar.<\/span><\/span><\/p>\n<h1 style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Onderwys<\/span><\/span><\/h1>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Terselfdertyd moet ons ons beywer vir \u2018n Onafhanklike Onderwysowerheid vir die Afrikaner sodat ons weer in beheer kan kom van ons eie onderwys en die opvoeding van ons kinders. Sodat ons weer self die standaard, inhoud, leer en assesseringmetode en taal van onderrig in die Afrikaner openbare skole kan bepaal.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamer van ons kinders en kleinkinders en word elke ouer en grootouer opgeroep om deel te word van hierdie vryheidstryd. Dit is van die verlore \u2018grondgebied\u2019 wat ons moet terugwen. Indien ons hier \u2018n oorwinning kan behaal, sal daar nuwe moontlikhede ontstaan. Die Afrikaner sal weer sy selfrespek herwin en nuwe moed skep vir die stryd wat voorl\u00ea.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Dit is hiermee waarmee die Afrikaner Onderwysdirektoraat (AOD) en waarvan die GHA deel is, hom beywer. Derhalwe het die GHA \u2018n inligtingsboekie die lig laat sien met die titel: AFRIKANER se eis vir \u2018n onafhanklike ONDERWYSOWERHEID en word volksgenote aangemoedig om hierdie boekie in die hande te kry en te bestudeer.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Selfs wanneer die Afrikaner eendag sy vryheid in sy eie grondgebied gaan kry, sal ons besef dat ons nie die Afrikaners wat in die NSA agterbly vir die wolwe kan gooi nie. Daarom te meer is die verkryging van beheer oor Afrikanersake ook van uiterste belang.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"western\"><span style=\"font-family: &quot;Tahoma&quot;, sans-serif;\"><span style=\"font-size: small;\">Hiermee wil ek aan elke leser \u2018n gese\u00ebnde Christusfees toewens en vertrou dat u met nuwe geloof en krag die nuwe jaar sal ingaan en met nuwe ywer die stryd vir Afrikaans en vir vryheid sal voortsit.<\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/stendy_razval_skhozhdeniya_tekhno_vektor\/\">\u0441\u0442\u0435\u043d\u0434\u044b \u0440\u0430\u0437\u0432\u0430\u043b-\u0441\u0445\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaner as volk staan die afgelope 16 jaar onder vreemde juk in sy eie vaderland. Baie Afrikaners aanvaar dit as \u2018onomkeerbaar\u2019 om die gewraakte uitdrukking van \u2018n voormalige president van Suid-Afrika, mnr F W de Klerk te gebruik, en het hulle reeds \u2018deel\u2019 geword van die Nuwe Suid-Afrika (NSA) met sy veelrassige sport, ho\u00eb [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[133],"tags":[],"class_list":["post-9681","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c125-andr-alkema"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9681","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9681"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9681\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9681"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9681"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9681"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}