{"id":9676,"date":"2010-12-08T08:34:26","date_gmt":"2010-12-08T08:34:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9676"},"modified":"2010-12-08T08:34:26","modified_gmt":"2010-12-08T08:34:26","slug":"die-ondergang-van-n-eens-trotse-vloot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9676","title":{"rendered":"Die ondergang van \u2018n eens trotse vloot"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die ondergang van Suid Afrika se infrastruktuur is steeds besig om mens se verstand te bowe te gaan. En nou praat ek nie van net paaie, water en elektrisiteitsnetwerke nie. Die ANC kry dit reg om alles wat die blankes opgebou het tot sierade vir \u2018n klein landjie aan die suidpunt van die Welsynskontinent,  wat gebuk gegaan het onder sekerlik die mees volledige internasionale sanksieveldtog in die geskiedenis, stadig maar seker te laat verkrummel tot roes, stof en geraamtes.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Van die eens magtige SAW het daar nou net \u2018n ongeorganiseerde, ongedissplineerde VIGS-bataljon oorgebly, wat so &#8216;n paar jaar gelede deur een van die swakste weermagte in die w\u00eareld, Lesotho, nerwe af geskiet is. Volgens \u2018n berig nou die dag in Beeld, daag baie soldate op vir werk om 8-uur in die oggend, net om weer 9-uur huistoe te gaan. Ek merk op dat as jy deesdae \u2018n weermagvoertuig iewers sien ry, dit opmerklik is in watter swak toestand daardie voertuie is. Ry jy verby enige weermagbasis, kan jy sien dat hulle nie eers die trots in hulle het om die tuine en geboue te versorg nie. Alles is in verval.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Onlangs het ek met \u2018n oudsammajoor gepraat wat sy ontslag aangevra het. Hy s\u00ea as hulle durf waag om \u2018n troep of laer rang aan te spreek oor dissipline of wanprestasie, is hulle skuldig aan viktimisering, of word \u2018n klag van rassisme teen hulle gel\u00ea. Troepe het geen respek vir offisiere of onder-offisiere nie, en beroep hulle in elke saak op hulle unies.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die grootste skok van alles is dat die veel besproke wapentransaksie, waaraan die ANC miljarde rande bestee het vir die aankope van vliegtuie, skepe en korrupsie, alles verniet was. Wat die lugmag betref, is daar nie geld om daardie peperduur vliegtuie te laat vlieg nie, en daar is \u2018n totale gebrek aan ordentlike opleiding van vlie\u00ebniers. Die swart kandidate wat wel die keuring slaag, kan nie hulle eksamens deurkom nie, en dus staan die vliegtuie nou maar in die lootse, en vlieg net so af en toe as daar \u2018n wit vlie\u00ebnier opgeroep word om te kom help. Onderhoud is min of meer afgeskaf as gevolg van \u2018n gebrek aan geld en kundigheid.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Net gister, ontvang ek per e-pos \u2018n artikel, geskryf deur Stephen Goodson, oor die toestand van ons eens trotse vloot. Dit is in Engels, dus gaan ek maar vertel wat dit s\u00ea, en nie probeer vertaal nie. Die volgende punte staan uit:<\/p>\n<ul align=\"justify\">\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Met die \twapentransaksie is \u2018n tender vir vier korvette en drie \tklas-209-duikbote uitgesit. \u2018n Spaanse vervaardiger het \u2018n \ttender ingesit vir minder as R 6 miljard, vir meer korvette, maar \tdie Duitse firma, Blohm und Voss, het die kontrak gekry vir meer as \tR 6 miljard, om voorsiening te maak vir die omkoopgeld van ministers \ten hulle lakeie.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Die volgende \tjaar het die Vloot sy regstellende-aksiebeleid in werking gestel, en \tis daar van 384 hoogsopgeleide blankes ontslae geraak, waarvan \tsommige meer as 20 jaar diens en ondervinding gehad het. Dit is so \tskielik gedoen dat weinig kennis en vaardighede aan die nuwe swart \tpersoneel oorgedra kon word. Die nuwe personeel is toe na Kiel in \tDuitsland gestuur vir opleiding op spesifiek die duikbote. Die \tDuitsers wou die nuwe personeel nie sertifiseer nie, omdat bevind is \tdat hulle nie die kapasiteit kon ontwikkel om die duikbote \tonderwater aan te wend nie. Toe word die personeel na Indi\u00eb \tgestuur, omdat die ANC gehoop het dat \u2018n ontwikkelende land meer \ttoegeeflik sal wees. Uiteindelik wou ook die Indiese vloot nie die \tSuid-Afrikaanse personeel sertifiseer nie, dus het SA drie duikbote \twat nie mag duik nie.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Nege maande \tgelede het \u2018n swart tegnikus een van die duikbote opgekoppel aan \t\u2018n elektrisiteitstoevoer van 440 volt, terwyl die bote vir 110 \tvolt bedraad is. Dit het al die elektroniese toerusting, rekenaars \ten bedrading uitgebrand en die boot totaal onbruikbaar gemaak. As \tgevolg van \u2018n gebrek aan geld, is daar nog steeds nie besluit om \tdie boot na Duitsland te sleep vir herstelwerk, of om die Duitsers \thierheen te vlieg om die boot reg te maak nie. Volgens Goodson sal \tdit beter wees om die romp maar te los, aangesien die boot in elk \tgeval nooit sal duik nie.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">As gevolg van \t\u2018n gebrek aan onderhoud, is geen van die vloot se skepe seegereed \tnie. Die enigste onderhoud wat gedoen word, is op die \telektrisiteitstoevoer na die kwartiere, sodat die offisiere darem \tlekker kan slaap en eet.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">In November \t2009 het die Amerikaanse vloot die SA vloot genooi om gesamentlike \tmaneuvers te doen, sonder ammunisie. Dit het net \u2018n vaart \tingesluit. Om deel te kon neem, moes die vloot \u2018n groot aantal \treserwemagoffisiere en -tegnici oproep, wat natuurlik blank was. N\u00e1 \tdie oefening, het die Amerikaners \u2018n register van die \treserwemaglede opgestel, om hulle te gebruik indien hulle die SA \tvloot sou nodig kry.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Die moreell en \tdissipline in die SA vloot is baie laag, en die enkele wit offisiere \twat nog oor is, is  gedurig op stresverlof.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Die hoof van \tdie vloot, viseadmiraal J Mudimu, is \u2018n oud-MK-lid, met geen \tvlootkwalifikasies nie. Hy het nie eens \u2018n kleinbootkursus in sy \tlewe voltooi nie.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\">Die \tamptelike webblad van die vloot is lanklaas bygewerk, en gee \tverskeie skakels na le\u00eb blaaie waarop niks verskyn nie. Volgens die \twebblad is die missie van die vloot \u201com te kan veg en wen ter see. \tDus, met skepe wat nie seegereed is nie, en bemanning wat nie oor \tdie opleiding beskik nie, is dit seker die see van vergange?<\/p>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemnoe_oborudovanie\/\">\u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u0441\u0435\u0440\u0432\u0438\u0441\u0430 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ondergang van Suid Afrika se infrastruktuur is steeds besig om mens se verstand te bowe te gaan. En nou praat ek nie van net paaie, water en elektrisiteitsnetwerke nie. Die ANC kry dit reg om alles wat die blankes opgebou het tot sierade vir \u2018n klein landjie aan die suidpunt van die Welsynskontinent, wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9676","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9676","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9676"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9676\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9676"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9676"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9676"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}