{"id":9675,"date":"2010-12-07T12:19:41","date_gmt":"2010-12-07T12:19:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9675"},"modified":"2010-12-07T12:19:41","modified_gmt":"2010-12-07T12:19:41","slug":"grondwetlikheid-vir-n-ses","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9675","title":{"rendered":"Grondwetlikheid vir \u2018n ses"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Veel meer as wat dit op die oog af lyk, is op die spel met die ANC se besluit dat \u2018n kommissie na die toekoms van provinsies moet kyk. Een van die opsies wat oorweeg moet word is die wegdoen met provinsies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Kemptonparkse onderhandelings is ooreengekom op \u2018n stel grondwetlike beginsels. Dit is as bylae in die oorgangsgrondwet opgeneem, en was volgens sommige staatsregkenners veronderstel om in elke toekomstige grondwet te geld. Ander meen dit het nie die ab infinitum-bedoeling gehad nie. Maar selfs dan was die verwagting dat bindende konvensie hierdie beginsels sou laat voortleef. Dit is immers die verstandhouding van enige vredesooreenkoms \u2013 \u2018n eensydige verbreking impliseer immers die hervatting van vyandelikhede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel XVI van die grondwetlike beginsels bepaal dat Suid-Afrika se regering op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak gestruktureer sal word. Verskeie ander artikels spel die gesag, regeerwyse, grensebepalings en ander verbandhoudende faktore rondom nasionale en provinsiale regerings uit. Vir \u2018n aantal jare is daar egter al sprake dat groeperings binne die ANC van die provinsies ontslae wil raak, dit wil verminder, of op \u2018n ander wyse wysig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die vreemdste redenasies is dat provinsies moet wegval omdat dit nie werk nie. Sou hierdie argument geldig wees, moes munisipale vlak regering egter voor in die tou gestaan het vir afskaffing, en sou verskeie staatsdepartemente wat in 1994 reeds ontspoor het en steeds spartel om op \u2018n aanvaarbare vlak te kom, waaronder Onderwys, afgeskaf moes wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Variasie is die gedagte om die Oos-Kaap se grense ten koste van di\u00e9 van die Wes-Kaap uit te brei. Die opsigtelike doel is om so veel as moontlik opposisiekiesers in die Oos-Kaap te huisves, waar die ANC speelruimte het, met die hoop dat dit die ANC in staat sal stel, soos di\u00e9 party dit stel, die Wes-Kaap te bevry. Dit is immers reeds met die Noord-Kaap gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mees ooglopende gevaar is egter daarin gele\u00eb dat dit \u2018n stink boodskap laat oor verbintenis tot grondwetlikheid. Val die een, wat word van ander grondwetlike beginsels? Hieronder tel die artikel wat nie net die taal- en kulturele verskeidenheid erken nie, maar die staat tot die uitbou daarvan verbind. Nog een bepaal die vrye toegang tot inligting en dat daar verantwoordbare regering op alle vlakke sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Getorring aan provinsies bied natuurlik ook potensieel benutbare opsies. Die provinsiale grense is aan die hand van verskeie kriteria bepaal, waarvan een was die geografiese neerslag van die swart volke. Die amptelike tale waarop provinsies besluit het dui aan tot watter mate die huidige provinsies ook dien as voortsettings van die ou tuislande. Weens die geografiese verspreidheid van die Afrikaner is sy provinsiale akkommodasie, afgesien daarvan dat Afrikaans \u2018n provinsiale amptelike taal van al die provinsies is \u2013 hoewel dit selde tot sy reg kom \u2013 nie werklik verreken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg, ook weens die koue skouer- en selfs vyandige houding wat soms van die regering ervaar word, is dat al hoe meer stemme opgaan dat gekyk word na artikel 235 van die grondwet. Hierdie artikel maak voorsiening daarvan dat \u2018n gemeenskap wat op grond van taal en kultuur ge\u00efdentifiseer kan word, om selfbeskikking binne die landsgrense kan beding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaner selfbeskikking is waarskynlik die laaste ding wat die ANC in die oog het met sy besluit dat \u2018n kommissie saamgestel moet word om provinsies onder die loep te neem. Trouens, wanneer \u2018n Afrikanerafvaardiging selfbeskikkingsvoorleggings aan die te stigte kommissie kom doen, sal dit waarskynlik met skok en verbystering begroet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onmiddellike kwessie op die tafel is egter dat die grondwetlike beginsels in die tande geskop word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit demonstreer hoe belangrik dit was dat die onderhandelende partye nie hul, soos \u2018n bekende joernalis-historikus dit by geleentheid gestel het, derde span se reserweonderhandelaar kaptein van die onderhandelingspan moes maak nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/aksessuary\/sumki-rjukzaki-zonty\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0437\u043e\u043d\u0442\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Veel meer as wat dit op die oog af lyk, is op die spel met die ANC se besluit dat \u2018n kommissie na die toekoms van provinsies moet kyk. Een van die opsies wat oorweeg moet word is die wegdoen met provinsies. Met die Kemptonparkse onderhandelings is ooreengekom op \u2018n stel grondwetlike beginsels. Dit is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9675","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9675","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9675"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9675\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9675"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9675"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9675"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}