{"id":9673,"date":"2010-12-06T15:57:12","date_gmt":"2010-12-06T15:57:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9673"},"modified":"2010-12-06T15:57:12","modified_gmt":"2010-12-06T15:57:12","slug":"kuberterrorisme-persvryheid-die-trojaanse-perd-en-wikileaks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9673","title":{"rendered":"Kuberterrorisme, persvryheid, die Trojaanse perd en WikiLeaks"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\u201cDie internet het net soveel veranderings vir die mensdom gebring as die ontwikkeling van die spoorwe\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie waarheid is pas onderstreep deur die w\u00eareldwye geskarrel oor onthullings wat WikiLeaks maak. Dit laat egter ook vrae ontstaan oor Kuberterrorisme.<\/p>\n<p>Die internet word as \u2018n baie belangrike waarborg teen die onderdrukking van persvryheid beskou. Lande wat tradisioneel die pers met \u2018n ysterhand onder die duim hou, vind dit al hoe moeiliker om inligtingsvloei te keer, omdat die inligting, met beeldmateriaal en al, gewoon via die internet w\u00eareldwyd versprei. China en verskeie ander lande probeer nog hard hierdie sif se gaatjies toeprop. Volgens Verslaggewers Sonder Grense was daar vanjaar reeds 112 Internetgebruikers in aanhouding, teenoor 149 joernaliste.<\/p>\n<p>Kuberterrorisme neem verskeie vorme aan. Al Ka\u00efda word gereeld genoem as voorbeeld van \u2018n bekende terreurorganisasie wat ook die internet inspan om sy terreur-aanslag te ondersteun. Selfs state maak volgens bronne gebruik van die internet om staatsterreur te voer.<\/p>\n<p>Kuberkrakers rig allerlei soorte skade aan, onder meer deur mense se bankrekenings elektronies te stroop. Die verspreiders van pornografie, waaronder kinderpornografie, voldoen ook aan sekere definisies van terreur. <\/p>\n<p>Uiteindelik is daar ook die klein mensies, hulle wat agter anonimiteit skuil en ander deur persoonlike aanvalle, leuens en wanvoorstellings terroriseer.<\/p>\n<p>Sielkundiges som kuberterroriste op as gewoonlik sosiaal wanaangepaste mense. Hierdie terroris is gewoonlik baie meer op sy gemak agter die rekenaar as tussen mense. Dit herinner aan die klein mannetjie wat agter \u2018n kragtige vuurwa se stuurwiel inklim, en hom dan heel magtig genoeg ag om links en regs vingertekens vir ander te wys. Hy self is nou onaantasbaar. <\/p>\n<p>Uiteraard kan nie alles wat op een soort kuberterroris van toepassing gemaak word, op die hele spektrum van toepassing gemaak word nie. Volgens die bronne is sommiges se dryfveer gewoon sielkundige probleme, terwyl ander polities of selfs godsdienstig gemotiveer kan wees. <\/p>\n<p>Bykans enige besoek aan \u2018n koerant se webwerf toon presies hoe snedig, smerig, onverdraagsaam en \/ of onfatsoenlik van die naamlose deelnemers kan raak. Die ironie is dat ook deelnemers wat, volgens hulle self, vir die Christendom intree, net so gestroop van liefde kan optree, dikwels erg wyd met die waarheid kan omgaan, en selfs blatant \u2018n mosie van wantroue in God se oordeelsvermo\u00eb kan plaas en self die oordeelswerk opneem \u2013 as\u2019t ware mense tot hul Christelike insigte probeer bekeer deur hulle met vrese vir die hel af te dreig.<\/p>\n<p>Net soos wat die pers argumenteer dat verskerpte optrede teen persvryheid onnodig is omdat bestaande wette en regsre\u00ebls mense se digintas voldoende beskerm, net so is daar teoreties voldoende regsre\u00ebls om kuberterroriste vas te vat. Volgens verskeie hofuitsprake word iets wat op die internet geplaas is as gepubliseer beskou, en kwalifiseer dit dus om deur strafregtelike laster aangespreek te word. In die praktyk word van die blogs en webwerwe waar die laster gepleeg word, vanuit die buiteland bedryf en is dit nie so maklik om die identiteit van kuberterroriste deur \u2018n lasbrief vas te stel vir vervolging nie. En so lank hierdie mense daardie soort beskerming geniet, sal sosiaal wanaangepaste mense dade pleeg soos om onskuldige meisies se name op \u2019n sosiale netwerk op \u2018n sletlys te plaas. <\/p>\n<p>Skaars het die boek oor \u2018n Trojaanse perd in die NG Kerk bekend geword, of \u2018n webwerf maak daarop aanspraak dat van die skrywers \u2013 wie se name genoem word \u2013 eens \u2018n smerige e-posveldtog teen mense by daardie webwerf gevoer het.<\/p>\n<p>Die ironie is dat fluitjieblasers, wat korrupsie aan die kaak stel, ten spyte van wetgewing dikwels steeds aan die korste ent trek.  <\/p>\n<p>En dan is daar die kwessie van staatsveiligheid. En daarby die toesmeer van ongure inligting onder die dekmantel dat die openbaarmaking staatsveiligheid aan die kaak stel.<\/p>\n<p>Baie individue, instansies en state gaan nog erg bloei voor die koring van die kaf in die internetw\u00eareld geskei gaan wees \u2013 voor verskillende mense se regte effektief gebalanseer gaan wees.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/bells-on-fire\">Bells on Fire<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie internet het net soveel veranderings vir die mensdom gebring as die ontwikkeling van die spoorwe\u00eb.\u201d Hierdie waarheid is pas onderstreep deur die w\u00eareldwye geskarrel oor onthullings wat WikiLeaks maak. Dit laat egter ook vrae ontstaan oor Kuberterrorisme. Die internet word as \u2018n baie belangrike waarborg teen die onderdrukking van persvryheid beskou. Lande wat tradisioneel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9673","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9673","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9673"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9673\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9673"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9673"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9673"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}