{"id":9670,"date":"2010-12-06T09:49:02","date_gmt":"2010-12-06T09:49:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9670"},"modified":"2010-12-06T09:49:02","modified_gmt":"2010-12-06T09:49:02","slug":"die-mugabe-aanslag-teen-die-media","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9670","title":{"rendered":"Die Mugabe-aanslag teen die media"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Belgiese politikus, Yves Leterne, het bekendheid verwerf onder meer deur sy stelling dat die vrye pers die vierde, weliswaar nie-amptelike been van demokrasie is.<\/p>\n<p>Nie baie lank na sy eerste sterk standpunt-inname hieroor nie het \u2018n onthulling sy eie politieke loopbaan tydelik \u2018n knou gegee. In baie ander lande sou die insident nie \u2018n duik op \u2019n persoon se politieke loopbaan maak nie. <\/p>\n<p>In die aanloop tot die daarstelling van \u2018n moontlike nuwe bedeling in Zimbabwe, wat \u2018n nuwe grondwet en \u2018n werklike vrye verkiesing behoort in te sluit, reageer Mufgabe al hoe meer soos \u2018n despoot en lyk Afrika se aandrang op die opheffing van geteikende sanksies teen Mugabe en sy kornuite al hoe lawwer.<\/p>\n<p>Baie van die vergrype is teen die media gemik, en die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense, se aandag is nou vierkantig op di\u00e9 land gefokus. En Mugabe gee rede vir di\u00e9 spesiale fokus.<\/p>\n<p>In die jongste voorval is die redakteur van die The Standard, Nevanji Madanhire gearresteer. Hy het tien dae lank weggekruip voor hy, vergesel van sy regsverteenwoordiger, homself oorgegee het. Hy is na sowat 24 uur op borgtog vrygelaat.<\/p>\n<p>Di\u00e9 insident volg kort op die aanhouding van \u2018n ander verslaggewer, Nqobani Ndlovu, wat na nege dae vrygelaat is. Hy is aangehou selfs na \u2018n magistraat sy vrylating gelas het. <\/p>\n<p>Verslaggewers sonder Grense meen die aanslag teen die media is deel van Mugabe se dreigemente dat hy van plan is om na die verkiesing nie meer met \u2018n koalisie te regeer nie. Die organisasie wys voorts daarop dat Mugabe se magte besig is om kortgolfradio\u2019s te konfiskeer wat nie-regeringsinstansies onder veral die landelike bevolking versprei. Hierdie radio\u2019s word gebruik om na alternatiewe uitsendings vir die Zimbabwiese regeringsbeheerde uitsaaiwese te luister. Hierdie uitsendings vir Zimbabwi\u00ebrs word deur uitgewekenes vanuit Suid-Afrika, die VSA en Brittanje gedoen. Hiersonder het veral plattelandse Zimbabwi\u00ebrs slegs toegang tot regeringspropaganda.<\/p>\n<p>Indien die Suid-Afrikaanse regering vrese oor sy eie voornemens om die media te muilband wil besweer, sal verwag word dat die Suid-Afrikaanse regering Mugabe baie hard sal aanspreek. Swye daaroor laat weer bedenkinge ontwikkel oor die ANC se verbintenis tot persvryheid as hoeksteen vir demokrasie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/goldilocks-and-the-wild-bears\/\">goldilocks and the wild bears<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Belgiese politikus, Yves Leterne, het bekendheid verwerf onder meer deur sy stelling dat die vrye pers die vierde, weliswaar nie-amptelike been van demokrasie is. Nie baie lank na sy eerste sterk standpunt-inname hieroor nie het \u2018n onthulling sy eie politieke loopbaan tydelik \u2018n knou gegee. In baie ander lande sou die insident nie \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9670","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9670","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9670"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9670\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9670"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9670"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9670"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}