{"id":9668,"date":"2010-12-06T08:19:43","date_gmt":"2010-12-06T08:19:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9668"},"modified":"2010-12-06T08:19:43","modified_gmt":"2010-12-06T08:19:43","slug":"n-kersboodskap-aan-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9668","title":{"rendered":"\u2018n Kersboodskap aan Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Ek deel graag my siening oor die Godheid met my mede- Afrikaners, sodat hulle \u2018n religieuse inhoud aan vanjaar se Kersvierings kan gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het deesdae mode geword om prontuit te erken dat jy homoseksueel is, of dat jy nie aan God glo nie. In so &#8216;n mate dat \u2018n waardeoordeel oor \u2018n mens se intelligensie of volwassenheid daarvan afgelei word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die anti-Godmense redeneer dikwels vanuit \u2018n pseudo-wetenskaplike invalshoek dat daar eenvoudig nie \u2018n God kan bestaan nie. Hul strikvraag, gebaseer op die begrip van heersende fisiese dimensionele begrippe, lui so:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIs jou God binne of buite die heelal?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardeur wil hulle beweer dat as Hy buite die heelal staan, al die wetenskaplike definisies en uitlegte van die heelal dus foutief is. Ja, selfs die naam \u201cheelal\u201d. As Hy binne die heelal bestaan, dan kon Hy nie die heelal geskape het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan word die begrip van \u2018n Drie-enige God ook by die venster uitgegooi, dws, die Heilige Gees en Jesus van Nasaret ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie simplistiese benadering oor \u2018n God doen die mensdom ontsaglike skade en ondermyn die Westerse w\u00eareld se waardestelsels, wat op die leerstellings van Jesus gebaseer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is genoeg bewyse dat Jesus wel geleef het. Ons vier sy geboortedag elke Kersfees. Daar hoef dus geen ander sogenaamde wetenskaplike bewyse vir sy bestaan en leerstellinge gesoek te word nie. Trouens, die ganse Westerse beskawing is in die Christendom gewortel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Stellings soos \u201c&#8230;mense wat nog in Kersvader en Liewe Jesus glo, is intellektueel vertraag,\u201d om \u2018n bekende Beeld-skryfster verlede jaar aan te haal, is \u00f3f oningelig \u00f3f bloot kwaadwillig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee wil ek beweer dat as dit nie vir jou moontlik is om God soos \u2018n kind te aanvaar nie, dat jy die hele begrip daarvan verwerp, is dit jou eie saak. Dit is mos immers wat godsdiensvryheid beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wanneer jy aan die vesel van die Westerse beskawing begin torring, deur Jesus Christus daarmee saam te verwerp, dan het jy \u2018n gevaar vir die hele gemeenskap geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die begrip Christelike onderwys en Christelike beginsels, of die pad wat Hy uitgewys het waardeur mens jou saligheid kan verwerf, was nog altyd die hoeksteen van ons volk se etiese kode.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondslag van ons waardestelsel kan uit die boek van Mattheus afgelei word, en ek som dit hieronder op met verwysing na \u2018n vriend in die VSA:<\/p>\n<ul align=\"justify\">\n<li>\n<p>Wees nederig in jou \tverhouding met jou medemens.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Kom al jou pligte getrou na.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Moenie wankel nie, maar staan \tvas in die geloof.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Straal integriteit uit.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees lojaal en getrou aan jou \tkollegas en vriende.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Bestuur jou sake volgens \thierdie waardes.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees beskikbaar en \tstandvastig teenoor ander.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Hou jou finansi\u00eble sake in \torde.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Moenie vatbaar wees vir enige \tvorm van omkopery of bedrog nie.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Spandeer jou tyd en geld aan \tgoeie dinge.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Verwag om altyd aan iemand \tverslag te doen.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Aanvaar verantwoordelikheid \tvir jou woorde en dade.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Slegs produktiewe en \tverantwoordelike optrede word beloon.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees waardig, paraat, \tpro-aktief en reageer positief.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees ingestel op verpligtings \ten konflikte.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees ernstig, maar opgeruimd \tdaarby.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Toon begrip vir die onderwerp \twat behandel word.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Soek raad, ondersteuning en \ttoeligting.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Toon empatie, teerheid en \tbesorgdheid teenoor jou medemens.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Lei deur jou voorbeeld en \tdien jou medewerkers.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees gefokus en oplettend.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Kom die ooreengekome plan \tgetrou na.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees ingelig, geoefen en \ttoegerus voordat jy uitvoering gee.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Prestasie word verlang, \tbeloning volg vanself.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees vrygewig en verwag dat \tander dieselfde sal doen.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Toon respek aan jou medemens.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees bedag op botsende \tagendas.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees bereid om alleen te \tstaan vir ondersteuning en aanmoediging aan ander.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Bly realisties en voorspel en \taanvaar die gevolge daarvan.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Doen wat reg en nodig is, \tliewer as om wetlike voorskrifte na te jaag.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Verwag dat wat jy saai sal jy \tmaai.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Wees altyd gereed vir \tondersoek en kritiese hersiening.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Moenie tou opgooi nie, maar \tvolhard in wat jy doen.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Versoening is \u2018n \twerklikheid, verfyn dus die besonderhede en die proses daarvoor.<\/p>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie lysie vorm die grootste deel van Afrikaners se praktiese waardestelsel en is afgelei vanuit die nuwe testament. Toe Afrikaners uit hul gesagsposissies op eerste-, tweede- en derdevlakregerings, asook in sakeondernemings geboender is, het die waardestelsel ongelukkig ook daarmee verdwyn en is dit met Afrika se waardestelsel vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie punt is seker gans te subtiel vir vandag se heersersklas, wat hule eie optrede, uitsprake, korrupte dade en uitspattigheid volgens hul eie vreemde stelsel beoordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, deur getrou te bly aan Jesus se leerstellings en om hom as Saligmaker te aanvaar, hoef jy jou nie te bekommer of daar \u2018n God bestaan of nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wees dan net getrou aan die hoeksteen van jou beskawing soos deur die Skrif uitgespel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee kan u Kersdag met \u2018n lied in die hart vier met die wete dat u lewe meehelp om \u2018n beter plak van planeet aarde te maak.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">play real life<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lawyersunion.org.ua\/vidbulysya-urochysti-zbory-z-nagody-dnya-konstytutsiyi\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek deel graag my siening oor die Godheid met my mede- Afrikaners, sodat hulle \u2018n religieuse inhoud aan vanjaar se Kersvierings kan gee. Dit het deesdae mode geword om prontuit te erken dat jy homoseksueel is, of dat jy nie aan God glo nie. In so &#8216;n mate dat \u2018n waardeoordeel oor \u2018n mens se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-9668","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9668","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9668"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9668\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9668"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9668"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9668"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}