{"id":9665,"date":"2010-12-03T08:24:13","date_gmt":"2010-12-03T08:24:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9665"},"modified":"2010-12-03T08:24:13","modified_gmt":"2010-12-03T08:24:13","slug":"voorlopige-repliek-op-my-kritici","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9665","title":{"rendered":"Voorlopige repliek op my kritici"},"content":{"rendered":"<h4>Inleiding<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons Boere het \u2018n beskrywing vir \u2018n chaotiese toestand. Ons noem dit \u2018n kraaines \u2013 julle weet as \u2018n tou so gekoek het dat jy sukkel om al twee punte te kry, of te probeer kop of stert uitmaak hoe om die ding te \u201contkoek\u201d. Om jouself in die Afrikanerpolitiek en die soeke na oplossings vir ons volk te begeef, is soos om hierdie massiewe kraaines te probeer ontrafel. Daar is soveel opinies, planne, waarskuwings, teregwysings, kritiek en dan natuurlik pleinweg negatiwiteit. Ek dink enigeen wat homself in hierdie opsig in \u2018n \u201cvoorloopposisie\u201d stel, moet sy kop laat lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter deel van menswees, en deel van spesifiek ons Afrikanervolk se karakter. Ons het baie \u201cchiefs\u201d as dit by planne en opinies kom, en bitter min \u201cIndians\u201d. Maar daarmee wil ek nie s\u00ea ons mense mag nie opinies en planne h\u00ea nie. Ons moet net kyk na \u2018n fyn balans tussen \u2018n plan of opinie te h\u00ea vanuit jou leunstoel aan die een kant, teenoor om \u2018n plan en opinies te h\u00ea terwyl jy jou blootstel om voor te loop, iets te begin doen, en tot aksie oor te gaan aan die ander kant.  Soos een van ons ander gesegdes lui: \u201cDie beste stuurlui staan altyd aan wal.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor ek begin repliek lewer op enkele kommentare op my artikel <a href=\"rubrieke-magazine-403\/153-hein-zaayman\/9015-kom-ons-begin-die-pad-na-vryheid.html\">Kom ons begin die pad na vryheid<\/a>, \u2018n versoek aan ons volksgenote: As jy werklik glo in jou eie opinie, en glo j\u00f3\u00fa plan is die beste en aangewese roete, kom stap saam voor, stel jouself bloot aan die risiko, en kom wees \u2018n leier. Moenie agter jou rekenaar skuil, en op jou leunstoel bly sit nie. Want dan is jy niks meer as agtergrondgeluid wat vir ander net tot irritasie is. Die tyd vir vreeslike baie planne en kritiek is verby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons vertrek op \u2018n onbekende reis, waarvoor daar \u2018n kaart kan wees, maar geen waarborge nie. Ek s\u00ea weer, dit gaan nie maklik wees nie, en gaan toewyding en waagmoed verg wat nog geeneen van ons tevore ervaar het nie. Vir vele gaan die moeite en opoffering te veel wees\/word, en sal hulle weer gelate in onderdanigheid hulle lojaliteit aan die swart kommuniste verklaar. Daar gaan mense wees wat vir ons kwaad raak, en dan teen ons gaan draai en ons verraai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons volg nie \u2018n politieke model nie, maar wel \u2018n besigheids- en welvaartskeppingsmodel. Jy moet eers ekonomies selfstandig en selfversorgend word, voordat jy kragdadig verder kan gaan. Soos sommige wyse skrywers ges\u00ea het, jy moet eers kruip voor jy kan loop, voor jy kan hardloop. Ons gaan voor niemand kruip nie, maar wel vorentoe kruip, en hopelik uiteindelik nie weghardloop nie, maar oor die mense en kragte wat ons wil opponeer. Die politiek sal vanself volg, en \u2018n al hoe belangriker rol bgin speel. Dit is \u2018n natuurlike ontwikkelingsproses in \u2018n komplekse saak soos hierdie.<\/p>\n<h4>Repliek<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons bestudeer al die kommentare, en die gereelde \u201ckommin-tare\u201d wat voorkom. Ek het reeds met sekere persone wat gereageer het, kontak gemaak, waaruit daar baie positiewe moontlikhede vir oorweging aan ons beskikbaar gestel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek gaan hier net op enkele mense reageer, wat vinnige reaksie regverdig. Vir die res, dankie vir die ondersteuning en bydraes \u2013 daar het goeie en uitstekende idees en gedagtes na vore gekom, wat wel deeglik oorweeg sal word.<\/p>\n<ol align=\"justify\">\n<li>\n<p><strong>Tom \tvR en JP &#8211; Ek dink voordat ons mekaar begin raadpleeg oor wat ons \tmoet doen en weer dieselfde foute soos in die verlede maak. Moet ons \tas Boerevolk eers na die Here gaan, Hom raadpleeg en dan Sy raad \tvolg.<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Godsdiens en geloof speel \u2018n belangrike rol in ons Afrikanerboere se lewe. Ek is \u2018n gelowige, en glo dat ek gelei word deur ons hemelse Vader in wat ek doen, maar Tom, hoe antwoord die Here ons gebede en maak Sy wil aan ons bekend? Daar is nie meer \u2018n ho\u00ebpriester wat direk met Hom gesprek voer nie. Dus &#8211; Hy laat dinge gebeur wat in Sy raadsplan val, en gebruik maar net mense om dit uit te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons praat nou al so lank oor uitkoms, en vra die vraag: \u201cWat moet ons doen?\u201d Miskien is hierdie wat Hy wil h\u00ea moet gebeur. As dit nie Sy goedkeuring wegdra nie, sal dit seker nie gebeur nie, of misluk, of lei tot ander moontlikhede. D\u00edt wat ons wil doen \u2013 enige plan \u2013 is maar 80% geloof dat dit sal goedgaan. Die ander 20% is ons mense se \u201cplanne en idees\u201d. Ons kan maar net probeer, want om net te bly bid, en niks verder te doen nie, is verraad en \u2018n misdaad teenoor onsself, en ons nageslag.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"2\">\n<li>\n<p><strong>Gas \ten andere &#8211; Hoeveel mense moet dit dan nou nog vra voor &#8216;n mens \treaksie kry: Waar gaan hierdie gebied\/plase wees?<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">As jy 1 000 Afrikaners wat wil trek bymekaar sit, en vir hulle vra: \u201cWaarheen?\u201d gaan jy 1 000 verskillende antwoorde kry. Party dink emosioneel oor die vraag en wil die familieplaas red, ander onthou met deernis hulle kinderdorp en wil daarnatoe gaan, ander hou baie van die see, ander hou van die stadsliggies, ander wil ondergrondse minerale bekom, ens, ens, ens, ens., ad infinitum. Die grootste gevaar is: \u201cOns wil so naby as moontlik aan die huis en werk wees.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus, as ons ernstig wil verstrengel raak in \u2018n lewenslange debat hieroor, moet net een van ons n\u00f3\u00fa s\u00ea: \u201cOns gaan <strong>daarheen<\/strong>.\u201d Net daar krink die helfte hulle waens en gaan huistoe, en die ander begin so onder mekaar stry dat die osse later daar in die tuie sal vrek van honger en dors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is so baie faktore en feite wat in gedagte gehou moet word, dat mens se kop begin draai. En elke keer wat die onderwerp ter sprake kom, is daar nuwe feite, idees, hindernisse en dies meer wat die vorige \u201cgoeie\u201d moontlikheid laat dom lyk. Hierdie is ons grootste enkele uitdaging, en op een of ander tyd moet die besluit geneem word, en sal almal maar daarby moet inval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie besluit moet klinies, sonder enige emosie geneem word, en die belangrikste faktore is a) water, b) energie, c) handels- en landboulewensvatbaarheid en d) milit\u00ear verdedigbaar. Ons werk daaraan.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"3\">\n<li>\n<p><strong>Leverson \t&#8211; As julle ernstig is koop grond in Orania (VAB) of rondom Orania \t(Kambro). Die meganismes is alreeds daar en bewys.<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is reeds in gesprek met Orania, en gaan volgende jaar ook met Kleinfontein se mense praat. Hulle het reeds waardevolle lesse geleer en is die pioniers wat sekerlik al die handboek kan skryf. Ons wil nie die wiel oor ontwerp nie, en gaan by hulle leer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke groep het egter sekere einddoelwitte, wat ongelukkig fundamenteel van mekaar kan verskil. Ons gaan ons bes doen om daardie verskille te identifiseer, en oplossings te kry om saam te werk, eerder as weereens verdeling en opponering te bewerkstellig. As daar \u2018n groep is wat nie soewereine onafhanklikheid as einddoel het nie, gaan dit moeilik wees.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"4\">\n<li>\n<p><strong>Chris &#8211; Daai \teie arbeid bekommer my. Dit gaan goedkoop arbeid moet wees om die \teenvoudige alledaagse take te verrig. Hoeveel wittes is bereid om \tgraaf te spit en kool te plant\/oes teen n vergoeding wat n boerdery \tekonomies sal maak. Om eerlik te wees, dit gaan arm blankes uit ons \tplakkers kampe wees wat vir daardie poste kwalifiseer en baie van \thulle sal eerder by die verkeerslig staan en geld bedel as om n \tsweet uit te pak vir minder geld. Dit sal meskien werk as n soort \tsosialisties stelsel in werking gestel word, maar al die betrokkenes \tsal moet gelukkig wees met die opset. <\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sosiale en menswaardigheidheropbou van ons arm en werklose volksgenote is \u2018n groot uitdaging. As ons ons plase kan kry om te werk soos besighde en nie \u2018n \u201cbaas-kneg\u201d-verhouding nie, kan dit werk, maar daar sal altyd uitdagings in di\u00e9 verband wees. Vra jouself die vraag af: \u201cHoe werk boere in die res van die w\u00eareld, waar daar nie swart plaasarbeiders is nie?\u201d Hoe funksioneer die res van die w\u00eareld ten opsigte van straatbouers, rioolplaaswerkers, ens, ens? Ons Afrikaners moet \u2018n paradigmaskuif in ons koppe maak hieromtrent, en d\u00edt, soos ek s\u00ea, is \u2018n uitdaging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen gemeenskap kan dooie hout beskostig nie, en as mense verkies om nie te werk nie, sal hulle sekerlik nie welkom wees nie. Dit is elkeen se eie keuse.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"5\">\n<li>\n<p><strong>Johanw \t&#8211; Daar is egter staatkundige realiteite wat aangespreek moet word. \tGroot plase is steeds belastingpligtig aan die narre van NSA. \tOntwikkeling is onderhewig aan BTW in die NSA. Regstellende aksie en \tSEB is op die wetboeke. Daardie grondgebied (plaas) sal \tonafhanklikheid moet verklaar.<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is korrek Johan, en een van daardie feite wat ons (vir eers) nie van kan wegkom nie. Wat die belasting betref, sal ons vir eers seker moet saamwerk. Wat regstallende aksie en SEB betref? Nee. Nooit weer nie.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"6\">\n<li>\n<p><strong>Shannon \ten Outoppie \u2013 Sal ons weet wie die bestuurslede is? En; Hein, geen \tonwettigheid nie.<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik sal julle weet wie die bestuurslede is, en elke belegger en\/of lid sal gereeld terugvoer kry, tot op die vlak van geouditeerde state, maar elke ding op sy tyd. En Outoppie, ons sal mos nooit onwettige dinge aanvang in \u2018n swart kommunistiese land onder \u2018n onderdrukkende regering wat nie regtig legitimiteit het nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons wil nie h\u00ea ons lede moet in die tronk beland nie. Wel, nie in \u2018n Suid-Afrikaanse tronk nie, en ook wil ons nie h\u00ea ons mense moet geld verloor nie. Die ANC en vriende vat genoeg daarvan vir hulle eie sakke. Daarom is daar regsgeleerdes in ons span.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"7\">\n<li>\n<p><strong>Tienie \tBekker &#8211; Sal dit n ontwikkeling wees in die belang van die Afrikaner \tof is die winsmotief vir n paar mense die oorheersende faktor.Die \tgedagte moet ondersteun word maar alle planne moet deurentyd \tdeursigtig wees.Die Afrikaner is tot n groot mate reeds verarm deur \tverskeie verwikkelinge op politieke vlak en kan nie nog n Piramiede \tskema bekostig nie.As die planne deursigtig en eerlik is hoef daar \tnie te veel sogenaamde geheimhouding te wees nie.Hierdie gedagte \trigting kan n deel van die Afrikaner se probleme aanspreek.!!! <\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tienie, ons is \u2018n paar \u201chard core\u201d-Afrikaners, wat almal \u2018n groot liefde vir ons volk en mense het. Alle planne sal op \u2018n toepaslike vlak aan die beleggers en lede bekendgemaak word, en die nodige \u201cwigte en teenwigte\u201d sal in plek gesit word. Hierdie is nie \u2018n priamideskema nie, want niemand wat bel\u00ea, sal enige rykdom belowe word nie. Wat ons wel hoop om te bereik, is die grootste rykdom van almal \u2013 Vryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julle moet aanvaar, dat om so \u2018n geweldige taak aan te pak, gaan dit nodig wees om permanente mense in diens te stel, en sodanige mense sal moet salarisse kry om aan die lewe te bly. Pap en tik vir hierdie personeel, gaan geen lojaliteit en toegewyde fokus verseker nie. Die aantal personeel en die vlak van salarisse sal bepaal word deur: a) die nodigheid, b) hoe ver in die projekfases dit is, c) die gerealiseerde en gereelde inkomste en d) deur te vergelyk met byvoorbeeld Solidariteit, Afriforum en Orania.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As enige sakeman , boer of enige iemand daaraan dink om te kom woekerwinste uit ons mense maak deur middel van die projek, sal dit nie geduld word nie. Daar sal \u2018n tydelike sterk dosis sosialisme toegepas moet word aan die begin, totdat ons op sodanige vlak is dat vryemarkkragte die besighede en entrepreneurskap kan bepaal en lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aspek van \u201cgeheimhouding\u201d gaan oor strategiese sekuriteit en risikobestuur, maar dit behels nie die finansies nie.<\/p>\n<ol align=\"justify\" start=\"8\">\n<li>\n<p><strong>Louis \t&#8211; Slegs bedrieers verkoop aandele sonder prospektus. hier kom nog &#8216;n \tBlue Zone, Sharemax ens<\/strong><\/p>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir wat ek vir jou wou s\u00ea, sal ek vanaand op my knie\u00eb gaan om vergifnis vra.  Jy beledig die intelligensie van al die mense op hierdie forum, so dit is vir jou beter om weg te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het nog aan niemand aandele aangebied nie, ons het gevra wie sou belangstel. Ons het dit duidelik gestel dat daar \u2018n vergadering gehou sal word, en ek glo daarna gaan daar nog baie vergaderings volg. Hierdie is \u2018n proses.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir almal wat belangstel \u2013 moenie die hoogte en steilte van hierdie berg onderskat nie. Dit gaan moeilik wees en ons gaan baie hindernisse moet oorkom. Sukses gaan afhang van ons toewyding tot die saak en sy uiteindelike doel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Ad libertum persequor.<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" lang=\"af-ZA\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">games casino online free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inleiding Ons Boere het \u2018n beskrywing vir \u2018n chaotiese toestand. Ons noem dit \u2018n kraaines \u2013 julle weet as \u2018n tou so gekoek het dat jy sukkel om al twee punte te kry, of te probeer kop of stert uitmaak hoe om die ding te \u201contkoek\u201d. Om jouself in die Afrikanerpolitiek en die soeke na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9665","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9665","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9665"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9665\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9665"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9665"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9665"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}