{"id":9664,"date":"2010-12-03T07:43:34","date_gmt":"2010-12-03T07:43:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9664"},"modified":"2010-12-03T07:43:34","modified_gmt":"2010-12-03T07:43:34","slug":"plaasmoorde-pleistertjie-vir-die-eina","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9664","title":{"rendered":"Plaasmoorde: Pleistertjie vir die eina"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSeblief, pleistertjie vir die eina.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So het die tweejarige Anri van Rooyen gevra na sy deur dieselfde koe\u00ebl wat haar pa verlam het, in die maag getref is. Haar ouers het eers besef sy is ook gewond toe sy die pleistertjie vra. Enkele dae later het Anri gesterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie ver van Heilbron waar Anri geskiet is nie, is die driejarige Willemien Potgieter, soos haar ma, van agter in die kop geskiet, na Willemien se pa met \u2018n panga doodgeslaan, en vermoedelik met \u2018n tuinvurk gesteek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik wag die ANC op die uitspraak van sy aansoek om te mag appelleer teen \u2018n vroe\u00ebre hofbeslissing wat die ANC se liedjie, Maak dood die Boere, as haatspraak verbied het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die jongste polisiestatistiek staan Suid-Afrika se amptelike moordkoers nou op 34,1 per 100 000 per jaar. nadat dit enkele jare gelede nog bo die 40 was. Die Mediese Navorsingsraad is al jare lank met die polisie haaks, en beweer dit is ho\u00ebr.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Normaalweg word die moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap van meer as 90 per 100 000 per jaar as die hoogste moordkoers onder \u2018n identifiseerbare groep ter w\u00eareld beskou. Volgens onlangse Interpol-gegewens is die moordkoers onder Suid-Afrikaanse kommersi\u00eble boere meer as drie keer ho\u00ebr.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sjinese steenkoolwerkers se werk word as die gevaarlikste werk ter w\u00eareld beskou, met \u2018n sterftesyfer van sowat 130 per 100 000 per jaar. Volgens sommige berekenings beloop die moordkoers op kommersi\u00eble boere en hul gesinslede ook in die orde van 130 per 100 000 per jaar, en moet werksverwante ongevalle nog bygereken word. Dit is dus heel moontlik dat kommersi\u00eble boere in Suid-Afrika minstens periodiek die gevaarlikste werk ter w\u00eareld verrig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Syferspel kan egter nie naastenby die trauma weerspie\u00ebl wat plaasaanvalle, soms met die mees ondenkbare wreedheid gepleeg is, op \u2019n betreklike klein, gehegte boeregemeenskap het nie. Die trauma word verdiep deur die besef van betreklike weerloosheid en isolasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond sou verwag word dat minstens die ministeries van Landbou en van Polisie soos klokslag die boodskap helder sal tuisbring dat plaasaanvalle nie maar net in die bre\u00ebr statistieke kan verdrink nie. En allermins op gesanksioneerde doodslag neerkom. Die app\u00e8laansoek, teen die agtergrond dat die ANC die skeiding tussen party en regering deur onder meer sy kaderontplooiingsbeleid verskraal hou die wesenlike gevaar in dat aanvalle op boere en hul gesinslede as nie ernstig verkeerd beskou kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land se hemelho\u00eb moordkoers hou dikwels met drank- en dwelmmisbruik verband, en baie dikwels het die slagoffers die moordenaars geken. Hierteenoor is plaasaanvalle feitlik uitsluitlik die werk van mense buite die vriendekring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pleistertjies teen die eina, soos om plaasaanvalle selektief voor sekere gehore by kongresse te veroordeel, gaan nie help nie. Die boodskap moet duidelik en konsekwent tuisgebring word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play live casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cSeblief, pleistertjie vir die eina.\u201d So het die tweejarige Anri van Rooyen gevra na sy deur dieselfde koe\u00ebl wat haar pa verlam het, in die maag getref is. Haar ouers het eers besef sy is ook gewond toe sy die pleistertjie vra. Enkele dae later het Anri gesterf. Nie ver van Heilbron waar Anri geskiet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9664","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9664","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9664"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9664\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9664"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9664"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9664"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}