{"id":9662,"date":"2010-12-02T17:51:44","date_gmt":"2010-12-02T17:51:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9662"},"modified":"2010-12-02T17:51:44","modified_gmt":"2010-12-02T17:51:44","slug":"howe-grondwet-en-die-middelgrond-wat-knor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9662","title":{"rendered":"Howe, grondwet en die middelgrond wat knor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Op een dag het twee howe baie gedoen om vertroue in die regbank \u2018n paar kerwe op te stoot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die een saak het die ANC se aansoek om verlof tot app\u00e8l teen die verbod op die sing van die liedjie, Skiet die Boere, nie op die teerpad beland nie. Hoewel uitspraak eers volgende jaar gelewer sal word, het die regter duidelik langtand aan die aansoek gebyt. Regter Leon Halgryn het na die aanhoor van die ANC se argumente ges\u00ea na sy mening is dit steeds haatspraak, opswepery en \u2018n misdaad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In nog \u2018n saak het Hooggeregshof in Johannesburg die aansoek om verlof van app\u00e8l teen regter Nkola Motata se skuldigbevinding aan dronkbestuur van die hand gewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 twee sake het \u2018n besondere raakvlak: Na regter Motata in die muur vasgery het, het hy uiters onsmaaklike dinge met \u2018n rassisme-strekking kwytgeraak, en is dit op \u2018n selfoon opgeneem. Motata het in sy aansoek om verlof tot app\u00e8l aangevoer dat di\u00e9 opname vals is, wat deur die regters verwerp is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel meer as die vraag of die regter gekoring was toe hy met sy motor in die middernagtelike ure in \u2018n muur vasgery het, is of \u2018n regter wat sulke taal gebruik hoegenaamd op die regbank tuishoort, selfs al was hy doodnugter?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land hou binnekort weer verkiesing. In \u2018n demokrasie behoort \u2018n regerende party op grond van sy regeerprestasies, in die besonder in algemene belang, beoordeel te word. Wat di\u00e9 aspek betref, kan die regering maar sy eie beuel blaas so veel hy wil, die riool in die strate en waterstrome, slaggate in die paaie, vullis wat soms nie verwyder word nie, en verslae van die ouditeur-generaal vertel \u2018n ander verhaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die versoeking sal dus bestaan om te teer op die polarisasie wat in die land aanwesig is. En waar die middelgrond soms veld wen, word gewoon weer emosies opgesweep deur blatante onwaarhede en foutiewe persepsies aan die groot klok te hang. Die middelgrond kwyn. Dan word die verkiesing weer \u2018n etniese sensus waarvan die uitslag op \u2018n paar persentasiepunte na nou reeds bereken kan word. Trouens, in die afgelope Sondag se Rapport het Jan-Jan Joubert die uitslag in bykans soveel woorde uitgespel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag, in die rubriek Brandpunt in Volksblad, skryf prof. Theo Neethling, hoof van die UV se departement Politieke Wetenskap onder meer die volgende: \u201cSoms lyk dit egter asof ons nie besig is met skaafwerk aan ons (ontluikende) demokratiese bestel nie, maar eerder wegbeweeg  van goeie demokratiese praktyke \u2013 minstens gemeet aan gevestigde demokrasie\u00eb.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit demonstreer die leemtes in die grondwet wat deur prof. Koos Malan uitgewys is, naamlik dat ons by uitstek \u2018n grondwet het van voornemens. So \u2018n grondwet se praktiese neerslag beteken min as diegene wat uitvoering moet gee, nie aan dieselfde soort dwingendheid onderwerp word nie, en nog minder oor die politieke wil daartoe beskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na elke verkiesing gaan die versugtinge op dat Kemptonpark heronderhandel moet word. Dat die land \u2018n grondwet moet kry wat meer met die internasionale reg gesinchroniseer moet wees soos wat in di\u00e9 van die Europese Unie, Belgi\u00eb, Spanje, Indi\u00eb en vele meer bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slegs die mees na\u00efewes kan nog verbaas wees dat die middelgrond noustrop trek en polarisasie as politieke hefboom vir verkiesingswins aangewend word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malyshey\/detskie-kovriki\/\">\u0438\u0433\u0440\u043e\u0432\u043e\u0439 \u043a\u043e\u0432\u0440\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op een dag het twee howe baie gedoen om vertroue in die regbank \u2018n paar kerwe op te stoot. In die een saak het die ANC se aansoek om verlof tot app\u00e8l teen die verbod op die sing van die liedjie, Skiet die Boere, nie op die teerpad beland nie. Hoewel uitspraak eers volgende jaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9662","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9662","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9662"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9662\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9662"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9662"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9662"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}