{"id":9660,"date":"2010-11-29T10:30:14","date_gmt":"2010-11-29T10:30:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9660"},"modified":"2010-11-29T10:30:14","modified_gmt":"2010-11-29T10:30:14","slug":"skrap-versoeningsdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9660","title":{"rendered":"Skrap Versoeningsdag?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Op die vooraand van Desembermaand is daar besonder baie ooreenkomste met die geskiedkundige aanloop tot die Gelofte en die Slag van Bloedrivier. <\/p>\n<p>Onder die interessante vrae is of die grondwet van sy funderingsideale gestand gaan doen, en of dit soos die Retief-Dingaantraktaat by beendere in die wind en weer gaan verweer?<\/p>\n<p>Die historiese Bloukrans- en Wenen-aanvalle kry nou gestalte in die ANC se aansoek vir verlof om te appelleer teen die verklaring van die liedjie, Maak dood die Boere, tot haatspraak. Die motivering vir die reg om die liedjie te sing is juis in die historiese gesetel. Voeg hierby onlangse uitsprake van die Vrystaatse Premier waarin hy \u2018n alternatiewe weergawe oor meer onlangse geskiedenis voorhou, en juweeltjies lewer soos dat swart mense in die vorige bedeling nie toegelaat is om wiskunde en wetenskap te studeer nie. <\/p>\n<p>Met die Kemptonparkse onderhandelings is ho\u00eb verwagtings gekoester dat die gevolglike grondwet nie die weg van die traktaat sou gaan nie. Di\u00e9 dokument, so het minstens sommige van die onderhandelaars gehoop en geglo, sal die grondslag l\u00ea dat die land vreedsaam die weg van \u2018n eenheidstaat sal kan loop.<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van die verwagtinge was om Geloftedag en die ANC se stigtingsdag, beide 16 Desember, op die amptelike kalender met Versoeningsdag te vervang. <\/p>\n<p>Is daar nog \u2018n noemenswaardige versoeningselement oor? Uit regeringsgeledere kom uitsprake wat daarop dui dat verdelende faktore soos affirmative action en transformasie nog lank ingespan gaan word waar \u2018n duidelike grens tussen \u2018n ons en \u2018n julle getrek word wat verskillend behandel moet word \u2013 eersteklas burgerskap, en afskeepburgerskap. Dis nou afgesien van die hedendaagse Mandaryne, \u2018n nuwe adelstand, wat ryklik oes aan die land se bates. En uiteraard is daar \u2018n teenreaksie en word polarisasie verskans. <\/p>\n<p>Wanneer \u2018n mens Retief se manifes lees, soos dit in die Grahams Town Journal gepubliseer was, is dit opvallend hoeveel toestande vir die Voortrekkers in die Kaapkolonie, veral die Oosgrens, ooreenstem met dit wat Afrikaners nou beleef. Destyds is die trekpad aangedurf.<\/p>\n<p>Baie Afrikaners is reeds op trek \u2013 sommiges fisies na die buiteland, ander fisies na Orania en Kleinfontein, ander in hul geestelike volkstate. Geloftefeeste word volgens een van die organiseerders al hoe beter bygewoon. By baie is die tekens daar van \u2018n herlewing van die Victoriaanse Brittanje se beleid van \u201csplendid isolation\u201d en die Amerikaanse Monroe leer. Bitter min blankes het trek vir die dienstechaos weens die amptelike beleid van kaderontplooiing.  <\/p>\n<p>Trouens, het dit nie tyd geword om daaraan te dink om Versoeningsdag te skrap nie? Die doel van dae soos Erfenisdag, Versoeningsdag, Vrouedag en ander is immers nie dat hierdie doelwitte een dag per jaar aan die bod kom nie, maar dat die deurlopende uitleef daarvan minstens een keer per jaar behoorlik belig word. Om die hele jaar verdeeldheid en haat aan te blaas, en dan op Versoeningsdag \u2018n ander deuntjie te sing, is so walglik as \u2018n man wat sy vrou die heel jaar verniel, maar op Vrouedag die kalklig met mooi woorde steel.<\/p>\n<p>Dan verdamp die bedoeling en simboliek. Dan laat dit \u2018n wrang smaak en verdiep verdeeldheid.<\/p>\n<p>Dan herinner dit net aan hoe die ideaal geminag word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0430 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op die vooraand van Desembermaand is daar besonder baie ooreenkomste met die geskiedkundige aanloop tot die Gelofte en die Slag van Bloedrivier. Onder die interessante vrae is of die grondwet van sy funderingsideale gestand gaan doen, en of dit soos die Retief-Dingaantraktaat by beendere in die wind en weer gaan verweer? Die historiese Bloukrans- en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9660","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9660","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9660"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9660\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9660"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9660"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9660"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}