{"id":9653,"date":"2010-11-25T08:12:21","date_gmt":"2010-11-25T08:12:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9653"},"modified":"2010-11-25T08:12:21","modified_gmt":"2010-11-25T08:12:21","slug":"leuens-en-stereotipering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9653","title":{"rendered":"Leuens en stereotipering"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Geoordeel aan die Volksblad se briewekolom wil dit voorkom asof die Vrystaatse premier, Ace Magashule, weer die spook van Mabuza laat loop het.<\/p>\n<p>Mabuza, as premier van Mpumalanga, het nie net die aanvoorwerk gedoen om sy provinsie die bynaam Mamparralanga te besorg nie, maar ook bekendheid verwerf vir sy stelling dat dit maar in die haak is vir politici om kluitjies te bak.<\/p>\n<p>Veral twee stellings wat Magashule in die teenwoordigheid van pres. Jacob Zuma gemaak het, ontlok nou ontkennings. Dit is dat die vorige bedeling swart mense verbied het om wiskunde en wetenskap te studeer, en dat die beskikbaarheid van gratis medisyne \u2018n prestasie van die nuwe bedeling is. Wat laasgenoemde stelling betref, kry \u2018n huisdokter wat by die voorsiening van gratis medisyne en ander mediese dienste betrokke was boonop die hou in dat medisyne destyds ook beskikbaar was. <\/p>\n<p>Wat Magashule se motief vir sy breedsprakigheid was, kan net geraai word. Wat hy w\u00e9l vermag het was om polarisasie te verdiep, en om die geloofwaardigheid en integriteit van politici te erodeer. <\/p>\n<p>Onlangs het iemand op \u2018n internet-blok nog die vraag gevra oor hoe \u2018n mens kan weet \u2018n politikus lieg? Sy eie antwoord: \u201cWanneer die politikus sy mond oopmaak.\u201d <\/p>\n<p>Stereotipering is so oud soos die berge. Vir geslagte leer Suid-Afrikaanse skoolkinders al dat die Indiane in wigwams woon, en Eskimo\u2019s in iglo\u2019s van ys. Boonop word gereeld by die stelling oor wigwams prentjies geplaas van tipees in plaas van wigwams. Die woonwyse van \u2018n klein persentasie Indiane in die verlede word as \u2018n hedendaagse algemene feit voorgehou, al het meer Indiane in die Asteekse hoofstad in huise en paleise gewoon as wat in totaal op die Prairies in tipees gewoon het. Dieselfde met die Eskimo\u2019s. Die verontwaardiging kan ingedink word as Amerikaanse aardykskundeboeke meld dat Afrikaners steeds in Kakebeenwaens woon.<\/p>\n<p>Stereotipes neig om hardnekkig as \u2018n historiese en selfs kontempor\u00eare gegewe vas te klou. Kortliks net enkele voorbeelde:<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Pas het die georganiseerde landbou weer afwysend gereageer op \u2018n stelling van die minister van Arbeid dat baie boere hul werkers minder as die minimuimloon betaal. <\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die UWK se Community Law Centre wys in sy verslag oor belastingbetalersverenigings se eise en weerhouding van munisipale belasting op \u2018n wye verskeidenheid rasgedrewe persepsies, soos dat die meestal wit verenigings wil h\u00ea die geld moet veral in hoofsaaklik wit woonbuurte aangewend word. Dat wit en swart ewe noustrop trek as riolering disfunksioneel is en in waterbronne beland, staan skynbaar terug vir persepsies. <\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die Burger se voormalige adjunk-redakteur, Zelda Jongbloed, skryf destyds in \u2018n rubriek oor hoe swak boere hul werkers behandel. Di\u00e9 rubriek is in verskeie Media 24-publikasies gedra. Toe daar teenreaksie is, verduidelik sy dat haar persepsie gevoed is deur \u2018n enkele insident toe sy self op skool was. Het die hele herhalende debat waar weerleggende feite konsekwent op die tafel geplaas is haar ontgaan, of spreek gewortelde persepsies harder as herhaalde feite?<\/p>\n<p>Hoe moet \u2018n koerant in sy waghondfunksie ter versterking van demokrasie reageer wanneer \u2018n politikus duidelik kluitjies bak wat boonop polarisasie aanblaas? Dit rapporteer soos dit gestel is, op die gevaar af dat \u2018n oningeligte publiek dit vir soetkoek gaan opeet? Of, soos dikwels gebeur, \u2018n kenner of twee te kontak en hul reaksie saam met die verdigsels te publiseer? Of dit gewoon as snert te ignoreer?<\/p>\n<p>Laasgenoemde is nie \u2018n opsie nie. Die eerste opsie plaas \u2018n omvattende taak op diegene wat oor die werklike feite beskik om baie wakker te slaap, en sonder uitsondering die regte feite te stel. Waar daar weerstand is om die feite te dra, moet ander maniere soos die internet ingespan word. <\/p>\n<p>\u2018n Demokrasie gebou op fiksie en wanvoorstellings gee net aan die begrip demokrasie \u2018n slegte naam.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/kamin-iz-gipsokartona\/\">\u043f\u043e\u0440\u0442\u0430\u043b \u0434\u043b\u044f \u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u0430 \u0438\u0437 \u0433\u0438\u043f\u0441\u043e\u043a\u0430\u0440\u0442\u043e\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geoordeel aan die Volksblad se briewekolom wil dit voorkom asof die Vrystaatse premier, Ace Magashule, weer die spook van Mabuza laat loop het. Mabuza, as premier van Mpumalanga, het nie net die aanvoorwerk gedoen om sy provinsie die bynaam Mamparralanga te besorg nie, maar ook bekendheid verwerf vir sy stelling dat dit maar in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9653","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9653","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9653"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9653\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9653"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9653"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9653"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}