{"id":9646,"date":"2010-11-23T07:19:11","date_gmt":"2010-11-23T07:19:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9646"},"modified":"2010-11-23T07:19:11","modified_gmt":"2010-11-23T07:19:11","slug":"die-soeke-na-en-belang-van-die-waarheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9646","title":{"rendered":"Die soeke na en belang van die waarheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die mens reageer op sy persepsie van die werklikheid eerder as die werklikheid self. Boonop leer die bemarkingswetenskap dat baie potensi\u00eble kli\u00ebnte hulle sal verset as hulle agterkom iemand probeer hulle be\u00efnvloed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg is dat die metodes waarop instansies en politieke partye hul boodskap aan die publiek oordra, dikwels tot \u2018n fyn kuns ontwikkel is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond maak die verslag van die Community Law Centre (CLC) van die UWK oor die impak die weerhouding van munisipale belasting deur belastingbetalkersverenigings interessante leesstof uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die beriggewing klink dit meer of die CLC bekommerd is oor die impak op nasiebou, as die grondliggende oorsake dat mense hulle in desperaatheid tot hierdie stappe wend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redes word wel aan die bod gestel, asook die probleem van swak kommunikasie. Dat persepsies oor die werklikheid egter ook \u2018n belangrike rol speel, is duidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minder as \u2018n week tevore het die Vrystaatse premier voor pres Jacob Zuma stoom afgegaan oor alles waarvoor apartheid geblameer kan, en moet word. Kaderontplooiing, waar ongekwalifiseerde mense in poste beland, is volens hom nie \u2018n bydraende faktor tot die agteruitgang in dienslewering nie, omdat, volgens hom, daar in die vorige bedeling ook blankes sonder die toepaslike kwalifikasies in poste beland het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die stellings wat hy gemaak het, is dat die vorige bedeling swart mense verbied het om wetenskap en wiskunde te studeer. Ironies het die breedsprakige Julius Malema onlangs, in sy pleidooi vir die behoud van Medunsa, ges\u00ea het nie alles wat apartheid geskep het, is boos nie. Die vraag kan nou wel gevra word waar Medunsa swart mediese studente vandaan sou kon kry as swart mense nie toegelaat is om wiskunde en wetenskap te studeer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, enkele dae later, staan hierdie stelling van Magashule steeds onbetwis. Hy is wel oor ander aspekte van sy toespraak gestriem, soos dat blankes iets bloot kritiseer omdat dit swart is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorbeeld wat jaarliks in die media opduik, is dat die Soweto-skole-opstande uitgebreek het omdat swart skoliere verplig sou wees om hul skoolonderrig in Afrikaans te ontvang. Dit word jaarliks deur mense wat destyds by die swart onderwys betrokke was ontken, maar die persepsie oor die waarheid is besig om van so \u2018n onbenulligheid soos feite en die waarheid maalvleis te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CLC waarsku nou in sy verslag oor dienslewering dat die tweestryd tussen verengings en munisipaliteite die, soos dit gestel word, historiese rasse- en klasseverdeeldheid in die land kan vererger, tot nadeel van nasiebou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds in die tagtigerjare het die destydse president van die RGN, dr.Tsjaart van der Walt, ges\u00ea selfs die beste grondwet ter w\u00eareld sal doodeenvoudig nie werk as die mense mekaar nie verstaan en begryp nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eenvoudige waarheid is dat as van die kliniese korrekte feite weggestap word, ongeag die motief, bied dit vastrapplek vir uiteenlopende persepsies. Dit kan uiters gevaarlik wees, soos die voorbeeld wat gereeld opduik oor motiverings vir pleknameveranderings, waar werklike feite soms gruwelik verongeluk word. Onlangs nog het die minister van Landbou in Rapport geskryf wit boere het histories 87 persent van landbougrond besit, en swart, bruin en Indi\u00ebr saam 13 persent. Die werklikheid was dat die honderde duisende hektare bruin en Indi\u00ebrgrond by die 87 persent getel is, en nie die 13 persent nie, soos ook staatsgronde, wildparke soos die Krugerwildtuin en vele meer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvanklike vredesluiting tussen Unita en die MPLA het in duie gestort toe die MPLA die wedersydse vrede as \u2018n MPLA-oorwinning hanteer het, en windmakerig oor hul sogenaamde oorwinning voor Unita-ondersteuners gespog het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Suid-Afrika betref, selfs die invoer van een persepsie in skoolleerplanne voorkom nie dat baie leerders toegang het tot ander persepsies en selfs die lastige feite nie \u2013 danksy betrokke ouers en inligtingsbronne soos die internet en boeke wat by baie woonhuise boekrakke vol staan. Geen grondwet gaan daardie gaping oorbrug nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0438\u0432\u0447\u0430\u0442\u043e\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mens reageer op sy persepsie van die werklikheid eerder as die werklikheid self. Boonop leer die bemarkingswetenskap dat baie potensi\u00eble kli\u00ebnte hulle sal verset as hulle agterkom iemand probeer hulle be\u00efnvloed. Die gevolg is dat die metodes waarop instansies en politieke partye hul boodskap aan die publiek oordra, dikwels tot \u2018n fyn kuns ontwikkel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9646\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die soeke na en belang van die waarheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9646","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9646","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9646"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9646\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9646"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9646"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9646"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}