{"id":9644,"date":"2010-11-22T06:28:04","date_gmt":"2010-11-22T06:28:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9644"},"modified":"2010-11-22T06:28:04","modified_gmt":"2010-11-22T06:28:04","slug":"as-die-trieng-trieng-stilraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9644","title":{"rendered":"As die trieng-trieng stilraak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Herrie lees van die ontwrigting toe baie telefone in die Oos-Vrystaat nie wou werk nie&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers as iets nie werk nie, besef \u2018n mens hoe afhanklik het \u2018n mens daarvan geword. Is die krag af, wil \u2018n mens kort-kort op die internet klim om by die kragverspreider se web te gaan kers opsteek, by wyse van spreke, hoe lank nog voor \u2018n mens die kerse kan blus.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of, as die telefone nie werk nie, \u2018n mens \u2018n sekere nommer moet bel om te rapporteer die ding werk nie. Nou, met selfone het \u2018n mens \u2018n ander alternatief as om \u2018n tiekieboks te gaan soek vanwaar \u2018n mens kan bel, maar dis tog vreemd hoe gereeld die selfoonsein \u2018n skeet het as die landlyn gedooi het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar oral is dit nie so maklik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In baie dele van die land is daar nog nie regtig selfoonontvangs nie, en is die telefone nog die slingermodelle. Plek-plek, soos by Merweville, span die boere en die dorpenaars saam en sit hul eie selfoontoring op. Di\u00e9 mense het net mooi genoeg gehad van dinge soos om \u2018n gesteelde kaart met \u2018n slingerfoon te rapporteer. Kom \u2018n mens so al slingerend by \u2018n nommer uit waar mens dit kan rapporteer kom die Ingelse spookstem op wat s\u00ea vir die en daai diens moet mens knoppie sus of so druk. Maar met \u2018n slingerfoon \u2013 hoe nou gemaak?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom \u2018n mens uiteindelik by \u2018n menslike stem in Jaansberg uit, en \u2018n mens verduidelik jou moeilikheid, dan lag daai een en s\u00ea  :\u201dYou are lying, there are no such phones anymore.\u201d   En plak die foon neer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dis ongelooflik wat so \u2018n plaaslyn alles kan oorkom. Van gesteel raak (ja, die boere het selfs by geleentheid \u2018n vrou gevang wat saam met haar \u201cwerkers\u201d draad gesteel het. Een klim die paal uit, en knip die draad. Terwyl hy nog afklim, het die ander die los punt aan die Landrover se \u201cpully\u201d vasgemaak en begin daai draad inkatrol). By geleentheid kla \u2018n gearresteerde oorlat hy alleen in die sop is \u2013 sy base kom dan niks oor nie. Di\u00e9 blyk toe \u2018n poskantoorwerker en \u2018n polisieman te wees. Dan is die draad weer af van te sterk wind wat \u2018n boom oor die drade gewaai het, of sneeu wat dit gebreek het. Veldbrande kan ook korte mette van die draad en pale maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 plaaslyne het ook sakke vol staaltjies opgelewer, en daar waar nog steeds geslinger word, sal stellig steeds nuwe staaltjies uitkom. Afluistering is \u2018n vreeslike euwel, maar darem &#8230; Herrie het al by \u2018n paar geleenthede oornag waar die huismense \u2013 as die foon laatnag lui \u2013 stilletjie opstaan en die gehoorbuis gaan optel. So was daar dan gou brandslaners by \u2018n veldbrand, of vroeg \u2018n peuseldingetjie of selfs padkos by mense wat deur die nag slegte tyding gekry het, en vroeg in die pad moet val vir \u2018n begrafnis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of, soos Kleinkoos wat sy pa van die universiteit af oplui om weer \u2018n geldjie te telegrafeer, maar sommer by die skakelbord sal die tannie hom onderskep: \u201cHallo Kleinkoos, jou pa is nie op die plaas nie. Ek het hom nou net by die ko\u00f6perasie sien instap. Ek sit jou sommer deur soontoe.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou, as die foon dood is, is die internet gewoonlik ook dood, en so ook die faksmasjien. Tannie Wysie wat sorg dat die hele omgewing telefonies oor alles en wat nog ingelig is, is vreemd stil. Einde van die maand sal die kerk met minder moet las om die telefoonrekening te kan bykom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik is die w\u00eareld nie meer \u2018n neutedop nie \u2013 is die kinders oorsee werklik \u2018n w\u00eareld verwyder en kan daar nie ge-Skype word of e-pos gestuur word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vriendin van Mev. Herrie het op haar plaas darem heel gawe selfoonopvangs gehad. Toe, op \u2018n dag word hul toring \u201copgegradeer,\u201d en van toe af moet sy buite gaan praat om \u2018n sein te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Omdat Herrie die meeste van sy werk met die internet doen, maak die Herries van die lugwe\u00eb gebruik. Skielik, twee dae lank is daar niks \u2013 torings met die storms omgewaai. En die dag daarna is die telefoon dood. \u2018n Draadjie agter \u2018n kas losgegaan waar nie eens \u2018n muis kan bykom nie. &nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">\u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0443\u044e \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Herrie lees van die ontwrigting toe baie telefone in die Oos-Vrystaat nie wou werk nie&#8230; Eers as iets nie werk nie, besef \u2018n mens hoe afhanklik het \u2018n mens daarvan geword. Is die krag af, wil \u2018n mens kort-kort op die internet klim om by die kragverspreider se web te gaan kers opsteek, by wyse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9644","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9644","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9644"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9644\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9644"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9644"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9644"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}