{"id":9642,"date":"2010-11-22T05:54:55","date_gmt":"2010-11-22T05:54:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9642"},"modified":"2010-11-22T05:54:55","modified_gmt":"2010-11-22T05:54:55","slug":"anc-adel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9642","title":{"rendered":"ANC-adel"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die wye magte wat \u2018n regeringshoof het om sy kabinet saam te stel, stel hom of haar in staat om die beste mense vir hierdie ho\u00eb ampte aan te stel. Dit gebeur egter nie altyd nie, omdat alliansies, vertrouensposisies, koalisiere\u00eblings en vele meer ook \u2019n rol speel in die finale samestelling van \u2018n land se hoof-uitvoerende liggaam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staatkunde is dus gesaai van voorbeelde van onbekwame ministers wat skynbaar onaantasbaar was \u2013 wat reputasies vir verbreekte beloftes gehad het en selfs vir regerings \u2018n liederlike klip in die maag geword het, maar skynbaar net mooi niks kon doen om die trekpas te kry nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kollig het pas weer op hierdie beginsel geval toe pres. Jacob Zuma ter wille van opgeskerpte dienslewering, soos hy dit gestel het, sy kabinet taamlik drasties aangepas het. Van die grootste loodswaaiers of duidelik onbekwames het die trekpas gekry, maar dat dit duidelik nie al norm was nie, blyk daaruit dat ook betreklik bekwames die deur gewys is, en ander wat bekend is vir onbekwaamheid, blykbaar onaantasbaar is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Zuma het nogtans \u2018n tradisie verbreek van waar uiters konserwatief met kabinetskommelings omgegaan is, en verleentheidwekkende ministers en dooie hout lang tye die land se ontwikkeling rysmier.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 tradisie het in 1994 met oud-pres. Nelson Mandela se kabinet beslag gekry. Van die insluitings in die kabinet was opsigtelike balanseertoertjies. In die eerste plek moes ruimte gemaak word vir die insluiting van persone uit die vorige bedeling wat in die regering van nasionale eenheid moes dien. Tweedens is mense ook uit \u2018n ander, destyds, belangrike magsblok, die IVP ingesluit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was dadelik \u2018n prys te betaal. Die departement van Binnelandse Sake sukkel steeds om die gevolge van sy eerste minister af te skud, terwyl nog \u2018n IVP-portefeulje, Kuns en Kultuur, gou agtergekom het hoe die wind sou waai. Sommer met die eerste hersamestelling van die Oorlogsmuseum en Vrouemonument se raad, het bekende kundiges nie die paal gehaal nie en is deur haas onbekende Zoeloes vervang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit verg egter bietjie meer antropologiese kennis om nog \u2018n aspek van \u2018n post-1994-kabinetsamestelling te begryp. Bitter min is hieroor op skrif omdat die woord \u201ctribalism\u201d vir alle praktiese doeleindes vir die ANC \u2018n vloekwoord is. Die impak hiervan is dus nie so opsigtelik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog bly die impak daar, naamlik om ook so ver moontlik ministers aan te stel om die verskillende stamme in te bind. Hierdie mense kom dikwels uit die adelstand wat met die tradisionele huise verband hou. By die Zoeloes is daar danksy Tsjaka en Dingaan in effek net een koningshuis, maar by die Xhosas en Tswanas veel meer. Trouens, die skatryk Tswana-stam, die Bafokeng, lewer heelwat bruide op vir die koninklike families in ander, dikwels onverwante stamme. So word alliansies ingebind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die Xhosa-sprekende elite kom uit di\u00e9 adelstand, waaronder beide Mandela en sy vorige vrou, Winnie. Danksy staatstoelaes aan tradisionele huise het hierdie adel ook dikwels meer opvoedkundige geleenthede as ander gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met Zuma se verkiesing tot president het hierdie balanseertoertjie weens verskeie faktore onder druk gekom. Zuma het homself as a \u201c100 % Zulu boy\u201d beskryf, en spoedig was daar \u2018n groot instroming van Zoeloes in ho\u00eb poste en ampte. Dit bly nie net by die hoogste politieke aanstellings nie, maar kolk dieper soos met die huidige bewerings oor aanstellings deur die nasionale polisiekommissaris.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter \u2018n perk en van die ou tradisionele Xhosa-greep op die ANC in die parlement is nog min oor. &nbsp;Die ANC sal nie graag \u2018n grootskaalse etniese drostery wil sien nie, en daarom sal die Sisulu\u2019s as belangrike inbindfaktor onaantasbaar bly. Met die vorige verkiesing het die ANC inderdaad landswyd steun verloor, maar oorhoofs bestendig gebly weens \u2018n 30 persent toename in steun uit die Zoeloe-w\u00eareld, waar die IVP erg geknou is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of hierdie soort bestendigheid bekostig kan word, is \u2018n goeie vraag. Suid-Afrika se onderwysstelsel spook steeds om die Bengu-spook af te skud, en is nou al by verskeie van sy bure agter.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/lestnitsyi-i-podokonniki\/\">\u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u0443 \u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/63481-eks-rukovoditelyu-xarkovskoj-strojfirmy-grozit-12-let-tyurmy.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die wye magte wat \u2018n regeringshoof het om sy kabinet saam te stel, stel hom of haar in staat om die beste mense vir hierdie ho\u00eb ampte aan te stel. Dit gebeur egter nie altyd nie, omdat alliansies, vertrouensposisies, koalisiere\u00eblings en vele meer ook \u2019n rol speel in die finale samestelling van \u2018n land se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9642\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC-adel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9642","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9642","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9642"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9642\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9642"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9642"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9642"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}