{"id":9636,"date":"2010-11-17T18:45:51","date_gmt":"2010-11-17T18:45:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9636"},"modified":"2010-11-17T18:45:51","modified_gmt":"2010-11-17T18:45:51","slug":"rangsinflasie-en-vakante-poste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9636","title":{"rendered":"Rangsinflasie en vakante poste"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma se kabinet is tot verhouding van die land se bevolking een van die grootste ter w\u00eareld. Die land het ook besonder baie generaals tot verhouding van sy gewapende magte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant is daar dikwels \u2018n krisis met dienslewering omdat die mense wat fisies die werk moet doen, se poste gevries is, of bloot lang tye vakant gelaat word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die grootte van die kabinet betref, is dit wel onbillik om Suid-Afrika met die VSA se kabinet te vergelyk. Die VSA is nog \u2018n betreklike suiwer federasie waar die sentrale regering volmag oor slegs enkele sake het, soos verdediging, buitelandse sake en sekere maatskaplike kwessies. Laasgenoemde funksie bied dan ook die geleentheid vir kruipende sentralisering en is dit verstaanbaar dat die VSA se kabinet nie uit slegs \u2018n president en drie of vier ministers met hul adjunkte sal bestaan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word die deelstate se goewerneurs en hul ministers, wat oor oorspronklike gesag ten opsigte van die balans van sake het, bygereken, is die VSA se politieke regeerders ook nie so danig min nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, die aanstel van baie groot kabinette is \u2018n taamlike algemene verskynsel in Afrika, en verskeie moes al drasties snoei hieraan omdat buitelandse donateurs sulke state voor keuses gestel het: Kry die kabinet se grootte binne perke, of verbeur buitelandse kapitaal. Ander maniere moet gevind word om op hierdie wyse baantjies vir boeties te skep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het Kenia vroe\u00ebr vanjaar sy parlementslede, wat die president en kabinetslede insluit, se salarisse tot ongeveer dieselfde vlak as di\u00e9 van die VSA verhoog.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is kommerwekkend as \u2018n staat deur rangsinflasie en deur statut\u00eare maatre\u00ebls ook die burokrasie die jagveld maak vir baantjies vir boeties. Kader-ontplooiing is formeel deel van die regering se beleid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is baie duur, en dikwels begin die fondse opraak wanneer dit kom by die vlakke waar iemand die werk moet begin doen. Dit is pas onderstreep toe die DA in die Mangaung-raad \u2018n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder gel\u00ea het oor die vullisverwyderingsdiens wat \u2018n week lank tot stilstand gekom het. Volgens die DA het die munisipale bestuurder \u2018n stokkie geplaas op die betaling van oortyd vir meer as veertig uur per maand gewerk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk dat die aantal werkersposte \u2018n aantal jare lank nie vermeerder is nie, ten spyte van groot uitbreidings in Bloemfontein, terwyl vakatures se poste gevries word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor verdien meer as \u2018n handvol van die senior amptenary meer as \u2018n miljoen rand per jaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die GPF van Bloemfontein se westelike gedeeltes het ook \u2018n brief aan die polisiebestuur gerig, om te vra dat die plaaslike polisiestasie meer poste op die voetsoolvlakke kry. Ten spyte van groot uitbreidings in daardie dele van die stad is hierdie poste in dieselfde tydperk verminder, wat minder mense beteken wat die strate kan patrolleer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die stad het geen skaarste aan polisiegeneraals nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Bloemfonteiners moedeloos moes toesien hoe die stinkende vullissakke \u2018n week lank in die son gis en die teiken vir rondloperbrakke was, was daar \u2018n dawerende swye van die munisipaliteit. Inwoners het dus nie geweet of hul sakke enige oomblik verwyder gaan word, en of hulle dit liefs terug in hul erwe moes dra nie. Omdat die vullisverwyderraas die sakke op die verwyderingsdag reeds in hopies bymekaar gemaak het, was dit ook nie so maklik om te gaan uitpluis wie se sakke is wie s\u2019n nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus het gevolglik \u2018n hoop sakke voor die Glaspaleis gaan aflaai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op navraag van die media het die munisipale woordvoerder na \u2018n week die blaam op tegniese probleme met die voertuie geplaas. Di\u00e9 boodskap was vanuit die staanspoor ongeloofwaardig omdat die munisipaliteit tydens die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi tien nuwe vullisverwyderingsvoertuie gekry het. Di\u00e9 voertuie moet steeds onder waarborg wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Aantal jare gelede moes die peperduur ampsmotor van die burgemeester vervang word. \u2018n DA-raadslid moes hierop sy opmerking terugtrek toe hy ges\u00ea het om die voertuig so gou in daardie toestand te gekry het, moes iemand dit deur sy agterent getrek het. Om die tien bykans splinternuwe vullisverwyderingslorries so gou onklaar te kry&#8230;, wel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik blyk dit maar weer \u2018n geval te wees van te veel hoogsbesoldigde kaders, en te min voetsoldate wat die werk moet doen.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">site no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma se kabinet is tot verhouding van die land se bevolking een van die grootste ter w\u00eareld. Die land het ook besonder baie generaals tot verhouding van sy gewapende magte. Aan die ander kant is daar dikwels \u2018n krisis met dienslewering omdat die mense wat fisies die werk moet doen, se poste gevries [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9636","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9636"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9636\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}